Lewende Woord Westerlig

Lewende Woord Westerlig Christus in ons die HOOP van heerlikheid
(1)

Kom geniet vanaand se 17:00 diens saam ons.
07/06/2026

Kom geniet vanaand se 17:00 diens saam ons.

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

Kom geniet vanoggend se 8:30 diens saam ons.
07/06/2026

Kom geniet vanoggend se 8:30 diens saam ons.

Nyd de videoer og den musik, du holder af, upload originalt indhold, og del det hele med venner, familie og verden på YouTube.

06/06/2026
KOMBERSE PROJEKOns harte loop oor van dankbaarheid vir die voorreg om vanmiddag nog ñ 100 komberse te kon uitdeel aan mi...
31/05/2026

KOMBERSE PROJEK

Ons harte loop oor van dankbaarheid vir die voorreg om vanmiddag nog ñ 100 komberse te kon uitdeel aan minder bevoorregtes in die gemeenskap.

Ons komberse projek is moontlik gemaak deur Pitsana mills, deur wie se goedhartigheid ons in staat was om meer as 300 komberse te kon uitdeel hierdie Winter!

Dankie aan ons twee straat evangelisasie spanne vir julle harde werk in ons gemeenskap. En dankie aan Annetjie met wie ons vanmiddag kon hande vat vir die laaste deel van die projek.

"Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde."
Spreuke 19:17

Geniet vanaand se diens saam ons.
31/05/2026

Geniet vanaand se diens saam ons.

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

Geniet vanoggend se diens saam ons.
31/05/2026

Geniet vanoggend se diens saam ons.

Nyd de videoer og den musik, du holder af, upload originalt indhold, og del det hele med venner, familie og verden på YouTube.

WESTERLIG UITREIKVerlede Vrydagaand se Danville uitreik was ’n besondere seën! Ons harte loop oor van dankbaarheid vir a...
30/05/2026

WESTERLIG UITREIK

Verlede Vrydagaand se Danville uitreik was ’n besondere seën! Ons harte loop oor van dankbaarheid vir alles wat die Here kom doen het.

Ons was ongelooflik bevoorreg om 100 komberse uit te deel aan mense in nood.

’n Groot en opregte dankie aan Pitsana mills vir julle ruim borgskap en oop harte. Julle het werklik ’n verskil gemaak in baie mense se lewens 🤍

’n Spesiale dankie ook aan Susan wat ’n pragtige en bemoedigende woord gebring het oor Die Goeie Herder — ’n boodskap wat diep harte aangeraak het en hoop gebring het aan almal wat daar was.

Ons span was absoluut ongelooflik! Met liefde, geduld en goeie samewerking is 100 mense ordelik bedien, en alles het baie vlot verloop.

Ons waardeer elke persoon wat gehelp het om die dag moontlik te maak.

Die mense het die Woord van God, die heerlike kos en die warm komberse terdee geniet. Dit was werklik ’n dag gevul met liefde, omgee en die teenwoordigheid van die Heilige Gees.

Baie dankie ook aan die persone wat elke Vrydag getrou vleis en groente skenk vir die uitreike. Julle gehoorsaamheid en liefde saai saad in baie harte 🙏

📖 “Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”

Met liefde en dankbaarheid,
Madeleine en Geo Fowlds
LW Westerlig Uitreikspan

Ons loods ons Kersprojek lekker vroeg hierdie jaar, om sodoende die druk vir insameling in November te verlig!Vir die ma...
29/05/2026

Ons loods ons Kersprojek lekker vroeg hierdie jaar, om sodoende die druk vir insameling in November te verlig!

Vir die maand van Junie, vorder ons slegs tandepasta in. Ons mikpunt is 500 buise tandepasta.

Wees deel, en bring Sondag ñ buis of twee (nuwe, ongebruikte) tandepasta saam kerk toe. Gee dit eenvoudig af by die Inligtingstoonbank.

Alle produkte sal veilig gestoor word vir Desember se straat uitreik projekte.

Dankie byvoorbaat vir elkeen se onbaatsugtige bydraes.

Seën groete,
Straat evangelisasie spanne

Address

651 Niemandt Straat; Andeon
Pretoria
0183

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
19:00 - 21:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Sunday 08:00 - 09:00
10:00 - 11:30

Telephone

+27123723623

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lewende Woord Westerlig posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category