08/05/2023
Wil jy graag weet hoekom die kerke leegloop, hul deure sluit en sommer net ophou funksioneer, hoekom die wees en die weduwee onversorg en sonder heenkome gelos is en die "kerk" nie meer sy God opgelegde taak kan verrig nie?
Dis maklik, die antwoord is in die Woord: _"MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af." II TIMÓTHEÜS 3:1-5 AFR53_
God het jou en my nodig om Sy hande en voete te wees. Ek daag jou uit om n verskil te maak, ons opdrag kom van God self: _"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het."_ *Met n belofte vir jou en my wat dit gehoorsaam:* _"En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen." MATTHÉÜS 28:19-20 AFR53_
Help ons asb om 'n verskil te maak en die evangelie wyd en suid te verkondig deur middel van ons e-Kansel en Manna platvorms op Whatsapp. Al wat u hoef te doen is om net hierdie boodskap te versprei aan al u kontakte en groepe wat u glo ook hierby sal baatvind.
Die *"Manna"* bemoedigende boodskappies word al reeds vir die afgelope 20 jaar op n daaglikse basis (Maandae tot Vrydae) uitgestuur onderleiding van Joggie Schoeman en Magda v Vuuren.
Daarmee tesame ook n daaglikse gedagte *"Uit die Pastorie"* deur Past Joggie Schoeman. *Gebore: Januarie 2023)
Asook n daaglikse boodskap van Past Andrew Roebert van Alive to God, 'n internasionaal bekende organisasie wat ook die evangelie op die wyse verkondig.
Dan natuurlik ons *"e-Kansel"* platvorm op Whatsapp, Telegram en Facebook waar ons weekliks klank boodskappe plaas van n paar bekende predikers wat met ons hande vat en wie se toestemming ons het om hul preke te versprei. Luister gerus hier na Heilige Gees geïnspireerde boodskappe van predikers soos: Past Ernst v Rooyen, Past Deon Maritz, Past Herman Herbst, Past Joggie Schoeman en vele meer.
e-Kansel het sy ontstaan in Mei 2020 te danke aan die Covid 19 pandemie waartydens dit nie vir mense moontlik was om kerkdienste by te woon nie.
Indien u dit nog nie ontvang nie en dit ook graag sou wou ontvang kan u van die volgende links gebruik maak. Sluit aan deur op die betrokke link te click en dan te join:
Manna Afrikaans:
https://chat.whatsapp.com/Bd6HWi405HXEK5OCGxQLxg
Manna Engels:
https://chat.whatsapp.com/FDmgzgrbcbyDmzI08Mzs97
e-Kansel:
https://chat.whatsapp.com/E6KdSVdKrOt6PUlJrLY1nR
Ons gemeente het ook tans n uitreik projek waarvons die homeless in Danville Pretoria van tyd tot tyd metbdie Woord bedien, kos en klere vir die koue tye probeer voorsien sois ditbin ons vermoë is.
Indien u op enige wyse betrokke sou wou wees, al is dit net deur ons hand finansieel te versterk om hierdie projekte te steun, skakel my gerus:
Past Joggie Schoeman
Maranatha Pinkster Bedieninge
Ebenhaéser gemeente
Luderitz Straat 455
Booysens Pretoria
Tel: 079 500 8967
WhatsApp Group Invite