Doxa Deo Kameeldrift

Doxa Deo Kameeldrift Doxa Deo Kameeldrift is 'n energieke kerk vol mense wat ons stad 'n plek maak waar God regeer.

🦋 RADIANCE 2026 — DAUGHTER OF THE KING 👑Nes die son sak as bewys dat nóg ’n dag tot ’n einde gekom het, het ’n besonders...
08/09/2026

🦋 RADIANCE 2026 — DAUGHTER OF THE KING 👑

Nes die son sak as bewys dat nóg ’n dag tot ’n einde gekom het, het ’n besonderse jaar van Radiance 2026 op Vrydag, 4 September, ook tot ’n einde gekom.

Maar sommige eindes voel nie soos eindes nie… dit voel soos die begin van iets nuuts. 🤍

Ons het hierdie jaar begin met ’n vlinder — ’n simbool van metamorfose, groei, verandering en nuwe lewe.
En gisteraand kon ons terugkyk en besef: die vlinders het begin vlieg. 🦋
Daar was lag. Daar was trane. Daar was lekker kos, lekker lag en lekker kuier.

Daar was geskenke, gebed en ’n besonderse oomblik van salwing, waar elke girl haar eie salfolie en ’n persoonlike woord ontvang het.
Maar bo alles was daar God.
Want dit was nog altyd die hart van Radiance: om jong vroue te herinner aan Wie se dogters hulle is.

👑 Daughters of the King.
Gekies.
Geliefd.
Gesien.
Waardevol.
Syne.

Mag elke girl wat hierdie jaar deel was van Radiance nooit vergeet nie:
Jou verlede definieer jou nie.
Ander mense se opinies bepaal nie jou waarde nie.
Jou foute is nie jou identiteit nie.
God bepaal wie jy is.

En nou, aan die einde van hierdie hoofstuk:
Maak jou vlerke oop. 🦋
Die kokon was nooit jou bestemming nie.
Jy was gemaak om te vlieg.

Radiance 2026 mag dalk eindig, maar God is nog lank nie klaar nie.

Aan elke Radiance-girl — dankie vir jou hart, jou stories, jou lag, jou trane en jou groei. Dit was ’n absolute voorreg om ’n klein stukkie van jou reis te kon stap.

Go fly, Daughter of the King. 👑🦋

07/09/2026
05/09/2026

Filippense 2:4-5 herinner ons:
Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n.Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.

Sien julle Sondag 08:00; 10:00 & 17:30, waar ons verder kuier in ons reeks Labour to Legacy.

04/09/2026

Hallo julle!
Ons herinner jou aan die Wysie vir 'n Prysie aand wat gebeur op die 11de September!
Dis 'n ongelooflike lekker aand van familie tyd en speletjies speel, note raai en nog baie meer!
Maak seker jy kry jou kaartjies so gou as moontlik!
Jy wil nie uitmis nie🎉🎊 so boek jou kaarties hier: https://doxadeonorth.churchsuite.com/events/shrbjfqf

Liewe Doxa Deo Kameeldrift familie. Ons het besluit om die Lentefees aan te skuif na volgende Sondag, 13 September. Die ...
03/09/2026

Liewe Doxa Deo Kameeldrift familie. Ons het besluit om die Lentefees aan te skuif na volgende Sondag, 13 September. Die weervoorspelling van hierdie naweek maak dit moeilik om voort te gaan met die fees. Daar sal wel hierdie Sondag gewone dienste wees: Sondag 08:00; 10:00 & 17:30 - Labour to Legacy reeks.
Groete, Eugene

Ons het tot dusver ’n ongelooflike jaar beleef by Hoërskool Montana! 🙌 Ons is dankbaar om te sien hoe die Here deur TREE...
02/09/2026

Ons het tot dusver ’n ongelooflike jaar beleef by Hoërskool Montana! 🙌 Ons is dankbaar om te sien hoe die Here deur TREE werk om leerders toe te rus en te bemagtig om ’n verskil te maak – nie net by die skool nie, maar ook in die wêreld om hulle. 🌱

Die Here het reeds soveel wonderlike dinge gedoen deur oomblikke soos ons gebedsdae waar ons as ’n skool saam gebid het, Worship Wednesdays, Worship-aande en nog soveel meer. 🙏🔥 Ons sien hoe harte verander, hoe geloof groei en hoe leerders begin besef dat hulle ’n invloed kan hê waar hulle ook al is.

By die CSV leer ons leerders dat jy **nie eers as ’n leier aangestel hoef te wees om ’n leier te wees nie.** Jy hoef nie ’n titel of posisie te hê om ’n verskil te maak nie. Soms begin leierskap eenvoudig by die besluit om op te staan, jou stem te gebruik, iemand raak te sien en Jesus se liefde prakties uit te leef. ❤️

Ons is opgewonde oor wat die Here nog deur hierdie generasie gaan doen! 🙌

Wie is jy wanneer jy werk?Kom kuier Sondag saam met ons by Doxa Deo Kameeldrift (08:00; 10:00 & 17:30), waar ons dieper ...
29/08/2026

Wie is jy wanneer jy werk?

Kom kuier Sondag saam met ons by Doxa Deo Kameeldrift (08:00; 10:00 & 17:30), waar ons dieper delf in ons reeks Labour to Legacy om God se doel vir werk te ontdek.

15 Augustus het ons as Next Gen en TREE die voorreg gehad om deel te neem aan Unchain Our Children se geleentheid by die...
26/08/2026

15 Augustus het ons as Next Gen en TREE die voorreg gehad om deel te neem aan Unchain Our Children se geleentheid by die Voortrekker Monument. ❤️ . Dit het ons weer herinner dat elkeen van ons ’n rol kan speel om kinders te beskerm, hoop te bring en ’n verskil in ons gemeenskap te maak. Ons glo dat verandering begin wanneer ons opstaan, ons stemme gebruik en saamwerk. Kom ons wees ’n generasie wat kinders beskerm, bemagtig en hoop bring !

Address

Doxa Deo Street, Sefako Makgatho Oos (R513), Kameeldrift Oos
Pretoria
0035

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 16:30
Sunday 08:00 - 09:30
10:00 - 11:30

Telephone

+27128089950

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Doxa Deo Kameeldrift posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Doxa Deo Kameeldrift:

Shortcuts

Share

Category