Renaissance Gemeenskap

Renaissance Gemeenskap Renaissance bied ‘n gemeenskap aan mense wat op soek is na ander wat die wêreld van spirituele verkenning met hulle kan deel.

Of dit ‘n fisiese gemeenskap is waarna jy op soek is, en of jy virtueel wil deelneem, Renaissance maak ruimte vir beide. By Renaissance wil ons die pad van verkenning stap. Daar word uit vele filosofieë en wetenskaplike bronne geput. Ons besef dat elke individu sy of haar opvoeding en ervaring met hulle saamdra en as verwysingspunt gebruik wanneer hulle kommunikeer. Ons luister dus na mekaar en ag

niemand se insigte as imperatief nie, maar eerder as aanvullend, met inagneming van waar hulle hul op hul reis bevind. Omdat Renaissance ‘n familie van oop, denkende en eerlike reisigers is, is dit vir ons belangrik om gereeld met mekaar te praat. Ons skram nie daarvan weg om moeilike sake onder die loep te neem ten einde saam te groei nie. Ons verwag nie eenparigheid nie, maar streef na dialoog waarbinne respek, ‘n oop gemoed en egtheid die weg baan tot nuwe moontlikhede. Dit beteken natuurlik dat ons nooit finale antwoorde kan hê nie, want ontdekking en groei voorveronderstel mekaar. Daarom wil Renaissance ‘n veilige ruimte wees vir mense wat verken. Ons weet dat daar in alle tradisies waarheid te vinde is, daarom poog ons om ons ontginnings daaruit met eerbied en respek te doen – op soek na dit wat universeel en vir ons van waarde is. Ons waardes word gekenmerk deur openheid, egtheid, liefde en nederigheid, en, bowenal, om nie te veroordeel nie.

Môre se praatjie by Renaissance:In môre se praatjie kyk ons na agt verskillende uitbeeldings van Jesus soos hulle deur d...
06/12/2025

Môre se praatjie by Renaissance:

In môre se praatjie kyk ons na agt verskillende uitbeeldings van Jesus soos hulle deur die Nuwe Testament én deur vandag se geloofsgemeenskappe gevorm is. Ons vergelyk Paulus se Jesus, Markus se Jesus, Matthëus en Lukas se Jesus, Johannes se Jesus, en dan die kerk se hedendaagse Jesus, die radikale profetiese Jesus, en die historiese Jesus as argetipe.
Hierdie praatjie kyk in ‘n kort oorsig hoe elke Jesus-beeld ontstaan het, watter teologiese, sosiale en historiese invloede daaraan vorm gegee het, en wat dit vandag nog vir ons van onsself sê. Dit is ideaal vir mense wat belangstel in Bybelse geskiedenis, kritiese studie van die evangelies, spirituele groei, geloofsvrae en psigoanalitiese interpretasies van Jesus.
As jy wil weet waarom die evangelies verskil, hoe Jesus vandag deur verskillende groepe verstaan word, en hoe hierdie prentjies ons eie lewe en menswees beïnvloed, is jy sopas genooi om te kom luister.

9:00 Sondagoggend
Safari Tuinsentrum se kapel
Lynnwoodweg, Pretoria

Address

Lynnwood Road, The Willows 340-Jr
Pretoria
0040

Opening Hours

09:00 - 11:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Renaissance Gemeenskap posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Renaissance Gemeenskap:

Share