Valleisig

Valleisig Ons is lief vir jou. Welkom tuis. Kos is op die tafel! Lewe vir die stad...

🧹🌱 ’N NUWE SEISOEN BEGIN! 🌱🧹Wat as ons nie net ons huise nie, maar ook ons harte gereedmaak vir ’n nuwe seisoen?Hierdie ...
09/09/2026

🧹🌱 ’N NUWE SEISOEN BEGIN! 🌱🧹

Wat as ons nie net ons huise nie, maar ook ons harte gereedmaak vir ’n nuwe seisoen?

Hierdie Sondag begin ons nuwe preekreeks: “LENTE IN JOU LEWE” 🌸

Soos die natuur rondom ons begin verander, is dit ’n goeie tyd om te vra:
Wat moet uit? Wat moet reggeskuif word? Wat moet nuut begin? En waarvoor maak God dalk plek in jou lewe?

Oor die volgende paar weke gaan ons saam kyk na eenvoudige, praktiese én geestelike maniere om ruimte te maak vir dit wat God in ons wil doen.

📅 13 September – 18 Oktober

🌿 Maak jou hart oop.
🌿 Maak plek vir God.
🌿 Maak gereed vir ’n nuwe seisoen.

Kom beleef saam met ons ’n bietjie “Lente in jou lewe”! 🌱💚

📖 BYBELVASVRA | Moses se broer’n Mens ken Moses se naam baie goed — maar onthou jy wie sy broer was? 🤔Wat was die naam v...
09/09/2026

📖 BYBELVASVRA | Moses se broer

’n Mens ken Moses se naam baie goed — maar onthou jy wie sy broer was? 🤔

Wat was die naam van Moses se broer?

A) Aäron
B) Josua
C) Samuel
D) Eli

💡 LEIDRAAD: Jy hoef nie ver te soek nie! Lees Eksodus 4:14.

👇 Kies jou antwoord en kyk of jy reg is!

🌿 VERS VIR DIE DAG | Jesaja 43:19God is altyd besig om te werk — selfs wanneer ons dit nie dadelik raaksien nie.Jesaja h...
07/09/2026

🌿 VERS VIR DIE DAG | Jesaja 43:19

God is altyd besig om te werk — selfs wanneer ons dit nie dadelik raaksien nie.

Jesaja herinner ons vandag: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen…”

Miskien is jy in ’n seisoen waar alles dieselfde voel. Maar God kan nuwe moontlikhede laat uitspruit waar jy dit die minste verwag.

👀 Waar sien jy vandag iets nuuts wat God doen?

🧹✨ ’n Nuwe seisoen is hier! ✨🧹Ons is besig om reg te maak vir ’n nuwe preekreeks by Valleisig – ’n geestelike voorraadop...
03/09/2026

🧹✨ ’n Nuwe seisoen is hier! ✨🧹

Ons is besig om reg te maak vir ’n nuwe preekreeks by Valleisig – ’n geestelike voorraadopname vir ’n nuwe seisoen. Want soms is dit nodig om ’n bietjie stil te staan en te vra:

👉 Wat moet uit?
👉 Wat moet skoongemaak of reggemaak word?
👉 Wat moet ek los?
👉 En wat wil ek saamneem die nuwe seisoen in?

Van 13 September tot 18 Oktober gaan ons saam kyk na wat dit beteken om met ’n skoon hart, ’n nuwe fokus en ’n oop hand ’n nuwe seisoen binne te stap.

Soos wanneer ’n mens jou huis regpak vir ’n nuwe seisoen, is dit soms nodig om ook ons geestelike huis ’n bietjie reg te ruk. 😉

📅 13 September – 18 Oktober
📍 NG Kerk Valleisig

Kom maak saam met ons gereed vir ’n nuwe seisoen! 🙌

📖 BYBELVASVRA | Wie het Jesus drie keer verloën?Kom ons toets jou Bybelkennis! 👀Jesus het geweet dat een van sy dissipel...
02/09/2026

📖 BYBELVASVRA | Wie het Jesus drie keer verloën?

Kom ons toets jou Bybelkennis! 👀

Jesus het geweet dat een van sy dissipels Hom sou verloën — en dit het inderdaad gebeur.

🤔 Wie het vir Jesus drie keer verloën?

A) Johannes
B) Petrus
C) Jakobus
D) Andreas

💡 LEIDRAAD: Lees Matteus 26:69–75 en kyk of jy die antwoord daar kan kry.

👇 Wat is jou antwoord? Los jou keuse in die kommentaar!

💛 Ons sê baie-baie dankie! 💛Wat ’n dag! 🎉Aan elkeen wat VallleiPartei ondersteun het – van die mense wat vroeg opgedaag ...
01/09/2026

💛 Ons sê baie-baie dankie! 💛

Wat ’n dag! 🎉

Aan elkeen wat VallleiPartei ondersteun het – van die mense wat vroeg opgedaag het, hande uit die moue gesteek het, stalletjies beman het, gehelp reël en organiseer het, tot elke persoon wat gekoop, saam feesgevier en die dag ondersteun het:

BAIE, BAIE DANKIE! 🙏❤️

VallleiPartei sou eenvoudig nie sonder julle moontlik gewees het nie. Julle entoesiasme, harde werk, vrygewigheid en bereidwilligheid om saam te staan het hierdie dag iets besonders gemaak.

Dankie aan ons medewerkers, vrywilligers, kunstenaars, stalletjiehouers, deelnemers en natuurlik aan elke persoon wat die dag saam met ons geniet het.

Julle het gewys wat moontlik is wanneer ’n gemeenskap saamspan. ❤️

Ons is ongelooflik dankbaar vir elke bydrae – groot én klein. Elke hand wat gehelp het, elke rand wat bygedra is, elke glimlag en elke oomblik van ondersteuning het ’n verskil gemaak.

Valleisip is meer as net ’n plek – dit is mense. En julle is wat hierdie gemeenskap besonders maak. 🌿💛

Tot volgende keer! 🥳

Met baie liefde en waardering,
NG Kerk Valleisig ❤️

ValleiPartei Saterdag 29 Augustus - maak seker jy’s daar – moenie dit misloop nie!Kom kuier saam met ons en bring jou vr...
25/08/2026

ValleiPartei Saterdag 29 Augustus - maak seker jy’s daar – moenie dit misloop nie!
Kom kuier saam met ons en bring jou vriende & familie saam!
Sien jou Saterdag!

Daar is dae wanneer ons twyfel. Wanneer ons wonder of God nog naby is, of ons nog vasgehou word.Dan herinner Paulus ons ...
24/08/2026

Daar is dae wanneer ons twyfel. Wanneer ons wonder of God nog naby is, of ons nog vasgehou word.

Dan herinner Paulus ons aan een van die grootste waarhede in die Bybel:

📖 "Ek is daarvan oortuig dat geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping ons sal kan skei van die liefde van God wat daar is in Christus Jesus ons Here nie." – Romeine 8:38–39

Daar is baie dinge wat in hierdie lewe kan verander. Omstandighede verander. Mense verander. Ons gevoelens verander.

Maar God se liefde bly.

Niks wat jy vandag in die gesig staar, is groter as sy liefde vir jou nie. Rus in hierdie belofte: Jy is vasgehou deur die liefde van Christus – en niks kan jou uit sy hand ruk nie.

🤍 Niks kan jou skei van die liefde van God nie.

📖 Bybelvasvra!Watter koning het vir God gevra om nie rykdom of 'n lang lewe nie, maar wysheid?A. DawidB. SaulC. SalomoD....
19/08/2026

📖 Bybelvasvra!

Watter koning het vir God gevra om nie rykdom of 'n lang lewe nie, maar wysheid?

A. Dawid
B. Saul
C. Salomo
D. Hiskia

💭 Wysheid bo rykdom... Wie was dit?

Plaas jou antwoord hieronder! 👇

Die wêreld bied baie dinge aan wat tydelike rus belowe. Maar Jesus bied iets baie dieper.📖 "Vrede laat Ek vir julle na; ...
17/08/2026

Die wêreld bied baie dinge aan wat tydelike rus belowe. Maar Jesus bied iets baie dieper.

📖 "Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie." – Johannes 14:27

Sy vrede hang nie af van perfekte omstandighede nie. Dit is 'n vrede wat ons dra, selfs wanneer die storms nog woed.

Mag Christus se vrede vandag jou hart stilmaak en jou gedagtes vul met hoop.
🕊️

Address

C/o Tipperary And Mayo Street
Pretoria
0081

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 09:00 - 13:00
Wednesday 09:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 09:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 12:00

Telephone

0129911542

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Valleisig posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Valleisig:

Share

Category