Heal The Bride

Heal The Bride Heal The Bride bied halfweghuise waar mense hulp ontvang om veilig op te staan na terugslae in hul lewens.

Met ons ondersteuning, kan mense emosioneel voorberei om terug te keer na die samelewing.

27/05/2021

Farm Manager Pretoria East

Must have experience in broilers.

Call

Koos 082 5757457

25/09/2020
06/07/2020

Heal The Bride bied n spesiale kerkdiens aan Dinsdagaand 7 uur. Plek: Heal The Bride plot 152 Mooiplaats Pretoria Oos.
Tyd: 7 uur
Tema: Sit jou voet in die water!

Julle is my lewe
06/07/2020

Julle is my lewe

Verblyf beskikbaarBoschkop / Mooiplaats Oos van Pretoria - volgende afrit na Solomon Mahlangu op N4Heal The Bride Minist...
10/03/2020

Verblyf beskikbaar
Boschkop / Mooiplaats
Oos van Pretoria - volgende afrit na Solomon Mahlangu op N4
Heal The Bride Ministries het openinge vir verblyf vir 2 x Enkel lopende dames en 1 x getroude paartjie.

2 x Enkel Dames
Sonnige enkel kamers met genoeg ingeboude kaste, lieflike groot vensters, deel ‘n badkamer met een ander dame. R2000 per persoon.
1 x Getroude Paartjie
Twee vertrek semi-woonstel met groot luukse badkamer en buite ingang. Ideaal vir getroude paar. R3000 p.m. (R1500 per persoon)
Algemeen:
Goeie sekuriteit met voltydse nagwag.
Voorbereide aandetes teen addisionele R900 per persoon deposito maandeliks. Deel kombuis skoonmaak take.
Lieflike buite patio’s en kuier areas in ‘n groot tuin met swembad.
Groot oop leef areas.
Deel groot kombuis. Gas stoof, yskas, plek vir eie rakkies in die kaste.
Deel ligte take vir huis skoonmaak.
Veilige oop parkering.
Som van een maand se huur addisioneel as deposito.
Kerkdiens en selgroep byeenkomste op die terrein. Bevrydingsberading.
Skakel Sonja by 082 777 4825 of Karin by 065 359 1129

24/02/2020

Ons het 'n paar openinge by die dames kant beskikbaar vir dames wat 'n hupstoot benodig.
Die hoof slaapkamer is ideaal vir 'n getroude paar, en het ook 'n aparte vertrek wat goed sal werk vir 'n studeerkamer of 'n klein privaat sitkamer.
Skakel ons gerus!

07/02/2020

Ons is trots maar hartseer dat een van ons inwoners die wye wêreld weer aandurf.
Gemengde gevoelens!
Ons bid vir hom dat sy lewe groot suksesse behaal, maar tog is hy altyd welkom by ons.
Ons sien geweldig uit na die braai wat ons hopelik binnekort saam met hom gaan hou!

02/01/2020

Dit is 2020 !!
⚡💥🔥☄☀🌈💫⭐🌟✨
Wat n absolute besige jaar was 2019 met soveel dinge wat in plek geval het vir Heal The Bride se bediening!
n Nuwe Vroue huis, n kerkgebou en n lekker groot tuin wat God vir ons gegee het.
🍏🍇🥦🍋🍊🥬🍇🥦🍋🍊
Die mans en vroue wat saam eet aan die vroue kant, die familie wees! Die gesels om die tafel en om aanvaar te wees.
Jesus. Aan U kom al die eer toe! Prys Hom!
Mag 2020 wees wat U vir ons wil gee.
Mag nog mans en vroue deur God aangeraak word deur Heal The Bride se bevrydingsprogramme deur God se genade. Mag hulle vrykom en loskom van dit wat so seermaak. Mag hulle opstaan en begin leef as U koningkrykskinders!
Mag hulle by hulle Godgegewe bestemmings uitkom en God se wonderlike, skitterende, asemrowende aanraking beleef en heel word.
🌻🌻🌻🌻🌻🌻🌻🌻
Dankie vir elkeen in die HTB bediening wat bygedra het tot n plek van heling.
God seen julle en almal in Heal The Bride wat daar deelagtig gaan wees in 2020!
🌟⭐🙏🏼🌻❤⭐🔥☄☀

29/11/2019

Ons groente sal binnekort weer reg wees om te verkoop, maar intussen maak ons gereed vir die groot hoender voorsiening!
Sal almal op hoogte hou!

Address

Plot 137, Grysbokstraat Wes, Mooiplaats
Pretoria
0081

Telephone

+27827772825

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Heal The Bride posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share