Early Morning Coffee with God

Early Morning Coffee with God A morning prayer and Bible study group.

09/09/2026

TOT WAARTOE IS JY BEREID?

Matteus 16:24-26
24Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom. 25As julle probeer om julle lewe vir julleself te bewaar, sal julle dit verloor. Maar as julle julle lewe ter wille van My prysgee, sal julle ware lewe vind. 26Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jy ly skade aan jou diepste menswees

Party mense sou sê: “Weet hierdie verse is nie vir papbroeke nie, weet maar dat daar ‘n hardekant is wanneer jy besluit om Jesus te volg”. Tog het Jesus woorde van bemoediging in Matt. 11:28-30 waar Hy vir die wat swaar laste dra noem dat die juk wat Hy gee sag sal wees en Sy las lig is. Met wat Jesus ons leer kan ons Sy juk dra want Hy verkwik. Jy sal ook vind dat die juk – wat na ‘n reuse taak lyk, word deur Sy genade sag en lig.

Dit word duidelik wanneer ons ons selfsugtige ambisie eenkant toe moet skuif om Jesus te volg dat daar ‘n “kruis gedeelte” is wat ons moet opneem. ‘n “Kruis” is daardie plek waar ons eie begeertes verskil van dit wat ons vir Jesus moet doen. Die moeilike gedeelte. Nou noem Jesus dat ons ons selfsugtige eie planne moet opgee en die nuwe kruis (om vir Hom te leef) op te neem. Hierdie kruis is die juk wat Hy vir ons gaan moontlik maak om te dra. Ja, daar gaan harde tye wees, ons word immers daaroor gewaarsku. Dit sal wel nooit bokant ons vermoë wees nie. Dit gaan egter alles van jouself kos. Jesus vra: “As julle My volgelinge wil wees…”. Ek sê: “Ja Here, ek wil U volgeling wees en ek is bereid om hierdie kruis op te neem”!

Moet nie die hulp van Heilige Gees onderskat nie! Ons kan buitendien nie daarsonder reg kom nie. Sonder Hom is ons poging tevergeefs. Met Heilige Gees is ons poging beslis ‘n sukses.

09/09/2026

ARE YOU WILLING?

Matthew 16:24–25

Take Up Your Cross and Follow Jesus

[24] Then Jesus told his disciples, “If anyone would come after me, let him deny himself and take up his cross and follow me. [25] For whoever would save his life will lose it, but whoever loses his life for my sake will find it. (ESV)

Some people would say, "Know these verses aren't for the faint-hearted, just know that there's a hard side when you decide to follow Jesus." Yet Jesus has words of encouragement in Matt. 11:28-30 where He mentions to those who carry heavy burdens that the yoke He gives will be easy and His burden will be light. With what Jesus teaches us, we can bear His yoke because He refreshes, He gives the ability. You'll also find that the yoke — which seems like a mammoth task, is being softened and lightened by His grace.

It becomes clear when we put aside our selfish ambition to follow Jesus that there is a "cross portion" that we need to take up. A "cross" is that place where our own desires "cross" with what we have to do for Jesus. The hard part. Now Jesus mentions that we must give up our selfish own plans, take up the new cross (to live for Him). This cross is the yoke that He is going to make possible for us to bear. Yes, there are going to be hard times, after all, we are warned about it. It will never be beyond our means, though. However, it's going to cost you everything. Jesus asks: "If you want to be My followers...". I say, "Yes Lord, I want and I am willing to take up this cross"!

Don't underestimate the help of the Holy Spirit! Without Him - we definitely won’t make it. With Him - we will definitely make it!

08/09/2026

DIT IS BOKANT ONS VUURMAAKPLEK!

Matteus 1:18-21 en 3:5-13
18Dit is hoe Jesus Christus gebore is: Maria, sy ma, was verloof aan Josef. Nog voor hulle getroud is en hulle intiem verkeer het, het dit geblyk dat sy verwagtend was deur die Heilige Gees…..20Met hierdie dinge in gedagte het hy aan die slaap geraak. Daarop verskyn ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: “Moenie huiwer om voort te gaan met jou huwelik met Maria nie. Die Kindjie wat sy dra, is verwek deur die Heilige Gees.

Wie kan die omvang van “Koning Jesus” begryp wat verwek word deur Heilige Gees en uit ‘n maagd gebore word. Sterrekundiges wat verstaan dat die Koning van die Jode gebore is, bo-natuurlik na die huis gelei word en met ‘n droom teen Herodus se planne gewaarsku word. Saam met dit ‘n engel van die Here wat twee maal aan Josef verskyn met boodskappe om sy twyfel te verwyder en ‘n bevel wat hul lewens sou spaar. Al hierdie goed? Ek glo dit met absolute oortuiging, vir my is dit “hoeksteen gebeurtenisse” en het niks met verstand te doen nie. God trek ons aandag met al hierdie gebeurtenisse, Hy is in beheer.

Vir baie is dit net drie skatte wat vir Jesus gegee word, vir my beteken die goud (dui op Sy goddelikheid), wierook (aanbidding) en mire (dui op swaarkry), in alles is daar soveel meer as blote geskenke.

Jesus se geboorte en die gebeurtenisse daaromtrent – om nie eers te noem van hoe als baie jare vroeër reeds geprofeteer was nie – is besonders. Die wat nie wil glo nie gebruik dit as ‘n struikelblok om nie te glo nie, dit is ‘n ysterbal en ketting aan hul enkels, hulle soek redes om met God te kan argumenteer. Vir die wat deur Heilige Gees wakker gemaak word is dit die vlerke wat hul uit die modder van sonde uitruk en op hoogtes plaas waar hul God se planne kan sien uitspeel. Daar is hulle net soos die wyse manne – op ‘n plek waar hulle Jesus kan aanbid en met vreugde God se plan kan sien!

As jou “verstand” jou beperk, vra gerus dat God in Sy groot liefde deur Heilige Gees jou hart en geestes oë sal oopmaak – jy het niks om te verloor nie maar kan ongelooflik baie baat.

Here, maak ons oë en ore oop om U werke tussen ons en in ons te kan begryp.

08/09/2026

IT'S ABOVE OUR UNDERSTANDING!

Matthew 1:18–20

The Birth of Jesus Christ

[18] Now the birth of Jesus Christ took place in this way. When his mother Mary had been betrothed to Joseph, before they came together she was found to be with child from the Holy Spirit. [19] And her husband Joseph, being a just man and unwilling to put her to shame, resolved to divorce her quietly. [20] But as he considered these things, behold, an angel of the Lord appeared to him in a dream, saying, “Joseph, son of David, do not fear to take Mary as your wife, for that which is conceived in her is from the Holy Spirit. (ESV)

Who can comprehend the magnitude of "King Jesus" being begotten by Holy Spirit and born of a virgin. Astronomers who understand that the King of the Jews was born, supernaturally led to the house and warned with a dream about Herod's plans. Along with it an angel of the Lord who appeared twice to Joseph with messages to remove his doubts and a command that would spare their lives. All this stuff? I believe that with absolute certainty, for me these are "cornerstone events" and have nothing to do with our intellect. God catches our attention with all these events, He is in control.

For many, it is just three treasures given to Jesus, for me the gold (denoting His divinity), incense (worship) and mire (denoting hardship), for me everything mean so much more.

Jesus' birth and the events surrounding it—not to mention how it had been prophesied many years earlier—are remarkable. Those who don't want to believe use it as an obstacle to believe, they look for reasons to argue with God – it becomes a chain and metal ball tied to their ankles. For those who are awakened by the Holy Spirit, it is the wings that pluck them out of the mud of sin and place them on heights where they can see God's plans play out. There they are just like the wise men — in a place where they can worship Jesus and joyfully see God's plan!

If your "mind" limits you, feel free to ask that God in His great love through Holy Spirit will open your heart and spiritual eyes – you have nothing to lose but can benefit immensely.

Lord, open our eyes and ears to be able to comprehend Your works all around us and within us.

07/09/2026

EK WEET NIE

Daniël 2:28
28Die God van die hemel kan egter geheime verklaar. Hy het vir koning Nebukadnesar bekendgemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur.
“Die droom wat u gehad het en die gesigte wat u daar op u bed gesien het, is die volgende:

Alledaagse goed vang ons onkant – ons weet nie herwaarts of derwaarts nie.

Die koning vra vir Daniël of hy die droom kan uitlê? Daniël sê niemand kan dit doen nie, maar God kan. Verseker gebruik God vir Daniël en net so kies God om sommiges – selfs onder ons – te gebruik vir spesifieke take. Ja, ons het gawes, tog is dit nie vir ons om na ons eie wil aan en af te skakel nie. Kyk hoe pragtig en met totale toewyding en ontsag met vas en gebed nader Daniël God vir hulp. God gee deur ‘n visioen in die nag vir Daniël insig sodat hy die droom kon verstaan. Ons is deeglik bewus van Daniël se God-gegewe bekwaamheid maar hy het die presiese antwoord vir die droom asook alle ander besluite van God af nodig.

Al gee God ons gawes het geeneen van ons die soewereine reg daarop nie – God gee ons die gawes en Hy kan enige stap weerhou of die werking daarvan gee. Ek stel voor, besef dat ons nie weet nie – dit is die vertrekpunt. Kom voor God in vas, gebed en eerbied. Ons groot en geweldige God sal ons “Ek weet nie” te hulp snel en deur Heilige Gees vir ons die antwoorde gee in die wêreld van “herwaarts en derwaarts”. God was Daniël se enigste hoop. Daniël het ook geweet wat was die profesie vir hul vrylating uit ballingskap en tog was hy diep in gebed en smeking voor God om die volk se sonde te vergewe.

Dalk moet ons ook so ernstig met God raak wanneer ons weet of selfs nie weet nie. Ons weet nie die antwoorde nie maar Hy weet wel! Hoe ernstig soek ons die antwoorde vir ons alledaagse leef, asook vir die toekoms?

07/09/2026

I DON'T KNOW

Daniel 2:28

[28] but there is a God in heaven who reveals mysteries, and he has made known to King Nebuchadnezzar what will be in the latter days. Your dream and the visions of your head as you lay in bed are these: (ESV)

Everyday things catch us off guard – we don't know the here or the there.

The king asks Daniel if he can interpret the dream? Daniel says no one can do it, but God can. Certainly, God uses Daniel, and in the same way, God chooses to use some—even among us—for specific tasks. Yes, we have gifts, yet they are not for us to turn on and off at our own will. Watch how beautifully and with total devotion and awe with fasting and prayer Daniel approaches God for help. Through a vision in the night, God gave Daniel insight so that he could understand the dream. We are well aware of Daniel's God-given competence, but he needs the exact answer for the dream as well as all other decisions from God.

Even though God gives us gifts, none of us has the sovereign right to them — God gives us the gifts, and He can withhold any step or give its operation. I suggest, realize that we in ourselves don't know – that's the starting point. Come before God in fasting, prayer, and reverence. Our great and tremendous God will come to our aid and by Holy Spirit will give us the answers in the world of "hither and thither." God was Daniel's only hope. Daniel also knew the prophecy about their release from exile (when) and yet he was deep in prayer and supplication before God to forgive the people's sin.

Maybe we should also get so serious with God when we know or even don't know. We don't know the answers, but He does! How seriously do we look for answers in our everyday lives, as well as for the future?

06/09/2026

LETTING CHANCE SLIP THROUGH YOUR FINGERS

Jeremiah 46:17

[17] Call the name of Pharaoh, king of Egypt,
‘Noisy one who lets the hour go by.’ (ESV)

The Lord gives a message to Jeremiah to warn King Pharaoh of Egypt of an invasion of Nebuchadnezzar. The Lord would even help Egypt defeat Nebuchadnezzar. Yet Pharaoh, king of Egypt, does not heed to it. Now the people say he has a big mouth (noisy) and he let a chance slip through his fingers. Such words are quite "everyday language" between us. The result was destruction and ruin!

Through the Holy Spirit's voice in us, God also often gives us opportunities to move toward victory. We are given chances to forgive others and then we keep our mouths closed or we talk big. Because of us who, like Pharaoh, struggle to give God the necessary recognition, the status quo remains in place and ruin occurs! Because this acknowledgment may force us to humble admission that we are wrong, we refuse it and lose a chance at recovery.

Let's be blunt, letting a chance slip through your fingers to save your self-esteem leads to you being seen as "big-mouth". Totally out of step with what the Holy Spirit wanted to do — He wanted a victory for you. Feel free to calculate how far losing is from victory. Let's be humble and ask God to help us use the opportunities!

Lord, help us to see the wrong quickly. But Lord, help us to see Your plans and to do them with devotion – to Your glory!

06/09/2026

KANS DEUR JOU VINGERS LAAT GLIP

Jeremia 46:17
17Hulle sal sê:
‘Farao, die koning van Egipte,
het ’n groot mond
wat ’n kans deur sy vingers
laat glip het!’”

Die Here gee ‘n boodskap vir Jeremia om die koning Farao van Egipte te waarsku teen ‘n inval van Nebukadneser. Die Here sou selfs Egipte help om Nebukadneser te verslaan. Tog slaan Farao, koning van Egipte nie ag daarop nie. Nou sê die mense hy het ‘n grootmond en het ‘n kans deur sy vingers laat glip. Sulke woorde is nogal “alledaagse taal” tussen ons. Die gevolg hiervan was vernietiging, bouval en ondergang!

Deur Heilige Gees se stem in ons gee God ons ook dikwels kanse om na oorwinning te beweeg. Ons word kanse gegun om ander te vergewe en dan bly ons monde toe of ons praat groot. As gevolg van ons wat net soos Farao sukkel om die nodige erkenning aan God te gee, bly die status quo in plek en vind ondergang plaas! Omdat hierdie erkenning ons dalk tot nederige erkenning kan dwing dat ons verkeerd is, weier ons steeds baie geleenthede en verloor ons ‘n kans op herstel.

Laat ons maar reguit wees, om ‘n kans deur jou vingers te laat glip om jou selfbeeld te red, lei juis daartoe dat jy as “grootmond” gesien sal word. Totaal uit pas met wat Heilige Gees wou doen – ‘n oorwinning vir jou. Bereken gerus hoe ver verloor vanaf oorwinning is. Kom ons wees nederig en vra God om ons te help om geleenthede te kan eien!

Here, help ons om die verkeerde gou raak te sien. Maar Here, help ons veral om U planne gou te sien en U ook met oorgawe te dien – tot U eer!

05/09/2026

DWAASHEID

Spreuke 9:13-18 13Dwaasheid
is soos ’n luidrugtige vrou,
stadig van begrip en sonder kennis.
14Sy sit by haar voordeur,
op hoë plekke
wat uitkyk oor die stad.
15Sy roep na elkeen
wat verbykom
en op die regte pad loop.
16Vir dié wat nog moet leer,
sê sy: “Draai af hiernatoe.”…

Dwaasheid blyk hier asof dit soms te doen het met “keuse” en word vergelyk met ‘n uitnodiging na ‘n owerspelige vrou en haar verleiding - na ‘n pad van die dood.

Die dwaas sê daar is geen God ten spyte van sy intelligensie. Die dwaas draai alewig na nuttelose, tydverkwisting maar ook uiters gevaarlike situasies toe. Die dwaas maak nie gebruik van God gegewe kanse wat hom gebied word nie maar hang eerder rond met slegte geselskap. Slegte geselskap met luidrugtigheid verrot goeie morele waardes (1Kor. 15:33).

Hier in Spreuke is dit asof daar ‘n “super dwaasheid” bestaan, dit is en kan ook vergelyk word met om af te draai na losbandigheid en ontrouheid. Niks anders as die doderyk nie! Moet nie tussen die dooies jou tyd spandeer nie, hul verrotte reuk gaan aan jou kleef, hardloop, ja wees haastig om weg te kom en gaan soek na wysheid – selfs die met lae intellek of brandarm vind dit en dan word hulle as wys en ryk gereken. Die teenoorgestelde van dwaasheid word verkry deur na God te soek, Hy leer ons om die slim praatjies en uitlokkende oë van die verderf te vermy.

Here, bewaar ons van dwase optrede, maak ons bedag op die vangnette van die owerspelige, die diewe en onregverdiges. Ons mik na U en na niks of niemand anders nie.

Address

Pretoria
0156

Telephone

+27723073081

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Early Morning Coffee with God posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share