Staan op vir Jesus - Stand up for Jesus: Bevryding stap vir stap

Staan op vir Jesus - Stand up for Jesus: Bevryding stap vir stap Sonde belydenis en bevryding - Stap vir Stap

BEKEER Erken, bely en distansieer van alle sondes in jou lewe en BEWYS jou bekering met dade wat by jou bekering pas. Ga...
17/06/2026

BEKEER

Erken, bely en distansieer van alle sondes in jou lewe en BEWYS jou bekering met dade wat by jou bekering pas. Gaan dan uit en sondig nie meer nie. Geloof gaan gepaard met dade en dade gaan gepaard met geloof. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal die dood en die verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal genade ontvang en die koninkryk van God oes

n Mens se liggaam bestaan uit n siel, gees en vlees uit. Elke afdeling moet gesuiwer, gereinig en geheilig word. Alles deur die Krag van die Heilige Gees; die Bloed van die Lam; en deur ons geloof in Jesus Christus se kosbare naam. Die genade van God is vir elke liewe siel bereikbaar. Daar staan geskrywe:

1 TESSALONISENSE 5:23
Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!

-In vleeslike taal praat ons van sonde
-In geestelike taal praat ons van satan en sy bose demone

Sonde belydenis – vleeslik afdeling van n persoon

-Sagaria 1: 3 / 4
-Spreuke 28: 13
-Markus 1: 4/5
-2 Petrus 3: 9
-1 Korintiers 15: 34
-Jakobus 5: 14-16
-Matteus 13: 14/15 (Jesaja 6: 9/10)(Markus 4: 12)(Johannes 12: 40)(Handelinge 28: 26/27)
-Matteus 15: 8
-Johannes 3: 36
-1 Johannes 1: 9
-Johannes 8: 36
-1 Samuel 15: 29 (God is getrou aan Sy Woord)
-Numeri 23: 19 (God is getrou aan Sy woord)

Bevryding – Siel en geestelike afdelings van n persoon

-Johannes 3: 18-21
-Handelinge 26: 18/20
-2 Korintiers 7: 1
-1 Samuel 16: 7
1 Korintiers 12: 10

Jesus kan jou vrymaak. Kom met n opregte hart na Hom toe. Die volle waarheid sal jou vrymaak. As jy iets openbaar word dit van die duisternis tot die lig gebring en die magte van die duisternis sal die lig nooit kan uitdof nie. God bly ten volle in beheer van alles – goed en sleg. Mag God se perfekte wil in jou lewe geskied. Ek bid dit in Jesus Christus se kosbare naam.

Amen

Vrygemaak deur die Gees

IS JY WERKLIK IN CHRISTUS? VRAAG:2 KORINTIËRS 5: 17Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, d...
21/04/2026

IS JY WERKLIK IN CHRISTUS?

VRAAG:

2 KORINTIËRS 5: 17
Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

Hoe weet ek n persoon is n vernuwe skepsel – n vernuwe mens in Jesus Christus? Hoe antwoord ek n persoon wat graag wil weet?

MY ANTWOORD:

Eerstens moet n mens eers 100 % seker maak dat jy wel in Christus is en dat jy die Heilige Gees van God ontvang het. Net omdat n persoon sê hy/sy glo in Jesus Christus beteken glad nie dat hy/sy die Heilige Gees van God ontvang het nie. Lees Handelinge 8: 9-24. Daar was n man met die naam Simon. Hy het ook gelowig geraak. Hy is ook gedoop, maar hy het nooit die Heilige Gees van God ontvang nie. Hoekom nie? Want die bybel leer vir ons dat hy met afguns vergiftig is en aan die sonde verstrik was. God is in volle beheer oor wie Hy sy Heilige Gees uitstort en wie nie. Jy sal nooit weet wat die waarheid is as jy nie self met die Stem van die Heilige Gees diep binne jou hart kan praat nie. As jy vernuwe is is jy n direkte verteenwoordiger van God en Sy koninkryk – jy is vergewe – jy is skoongewas – jy is geestelik en vleeslik verlos en vrygespreek van die sonde. Jy kan nie in sonde volhard of in sonde bly lewe en sê jy is n vernuwe skepsel in Christus Jesus nie (Hebreers 6: 4-6)(Hebreers 10: 26-31)(2 Petrus 2: 20-22). Dan is jy n leuenaar. Dan is jou bewys van bekering vals en die gees wat binne jou woon nie opreg van God af nie.

Tweedens as n persoon wel die Heilige Gees van God ontvang het word hy/sy deel van die “Een Liggaam van Christus” – n Geestelike liggaam in die geestes realm (1 Korintiërs 12: 12-31)(Efesiërs 4: 1-16). Ons is almal deel van n span – n eenheid – n christelike familie – n liggaam waarvan Jesus Christus aan die hoof staan. Daar staan geskrywe:

MATTEUS 12: 46-50
Terwyl Jesus nog besig was om met die mense te praat, het sy moeder en broers buite gestaan, en hulle wou met Hom praat. Iemand sê toe vir Hom: “U moeder en u broers staan daar buite en wil met U praat.” Maar Hy sê vir die man wat dit vir Hom gesê het: “Wie is my moeder, en wie is my broers?” Toe wys Hy met sy hand na sy dissipels en sê: “Daar is my moeder en my broers! Elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is, dié is my broer en my suster en my moeder.”

1 KORINTIËRS 12: 26
As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.

Om n christen te wees is nie n “one man show” nie. Die Woord sê “Die hand kan nie die voet verwerp en die oor ook nie die neus nie”. As een lid ly, ly ons almal saam. Jy kan vir jouself lieg – jy kan vir ander mense lieg – jy kan vir my lieg, maar jy sal in jou hele lewe nooit vir God kan lieg nie. Hy ken jou. Hy ken die diepste donkerste geheim van elke persoon se hart. As jy wel in jouself gesterf het word jy deel van hierdie geestelike liggaam. Toets die Woord met die Woord. Luister na die Stem van die Heilige Gees. God se Gees praat nie uit twee monde uit nie want dan veroorsaak dit twis en verdeeldheid in die Een Liggaam van Christus. Die skeiding tussen kinders van God en kinders van satan is hard en duidelik. Daar staan geskrywe:

JOHANNES 8: 34
Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde.

1 JOHANNES 3: 5-10
Julle weet dat Jesus gekom het om die sondes weg te neem, en daar is geen sonde in Hom nie. Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie. Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is; wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak. Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is. Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie.

Ja dit is moontlik om in die naam van Jesus Christus te praat – al is jy nie geesvervuld of geroep nie. Daar staan geskrywe:

2 KORINTIËRS 11: 12-15
Soos ek nou maak, sal ek voortgaan om te maak. Daarmee sal ek vir dié mense wat 'n aanleiding soek om te roem dat hulle net sulke apostels soos ons is, elke aanleiding daartoe ontneem. Sulke mense is vals apostels; hulle gaan oneerlik te werk deur voor te gee dat hulle apostels van Christus is. En geen wonder nie! Satan self doen hom voor as 'n engel van die lig. Daarom is dit ook nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Aan die einde sal hulle kry wat hulle vir hulle dade verdien.

Die grootste misleiding van hierdie wêreld sal juis deur n persoon kom wat sê hy/sy is n navolger van Jesus Christus, maar nêrens sal die dade – die karakter eienskappe van Jesus Christus – die vrug van die Heilige Gees in die persoon se doen en late raak gesien kan word nie. n Boom word aan sy vrugte uitgeken. n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie en n slegte boom ook nie goeie vrugte nie.

Sonde belydenis en bevryding is kritiek en baie belangrik. Dit is alles deel van Jesus Christus se opdragte aan die mensdom. Ons kan nie die werk half hartig doen nie. By God is jy reg of weg – daars geen middelweg nie. Jy kan nie van n persoon verwag om op water te stap terwyl sy liggaam geestelik vol klippe en bakstene is nie. Daar staan geskrywe:

MATTEUS 23: 25-28
“Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binne is hulle vol hebsug en onmatigheid. Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal sy buitekant ook skoon wees.“Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, huigelaars! Julle is soos witgeverfde grafte, wat van buite mooi lyk maar daarbinne vol doodsbene en allerhande onsuiwerheid is. So is julle ook: van buite lyk julle vir mense vroom, maar van binne is julle vol huigelary en minagting van die wet.”

2 KORINTIËRS 7:1
Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.

Die satan geniet homself omdat die werk in die kerk halfpad gedoen word. Nêrens vind sonde belydenis plaas nie. Nêrens vind bevryding plaas nie. Om die waarheid te sê weet mense nie eers wat sonde is nie want niemand leer dit vir hulle nie. Só word die werk van die Here afgewater – ons geloof het kragteloos geword. Die bybel is dood gepraat/dood gepreek. Elke geestelike leier moet weet dat daar rekenskap gegee gaan word vir al hulle dade, uitsprake, keuses en besluite (Jakobus 3:1). Daar staan geskrywe:

MATTEUS 5: 17-20
“Moenie d**k dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is. “Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.”

MATTEUS 24: 11-13
“Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. Maar wie tot die einde volhard, sal gered word.

1 JOHANNES 3: 3/4
Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is. Elkeen wat sonde doen, oortree die wet van God. Sonde is immers oortreding van die wet van God.

MATTEUS 19: 17
Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Daar is net Een wat goed is. Maar as jy die ewige lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.”

1 JOHANNES 2: 4-6
Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.

1 JOHANNES 5: 2-4
Hiéraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie onderhou. Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof.

PREDIKER 12: 13/14
Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad.

In my eie lewe is ek deur tien talle “sogenaamde christene” ore aangesit. Ek het op die harde manier in my lewe geleer. Ek is besteel, bedrieg, bespot, beskinder, uitgetart, getrap, verwerp, verstoot, misbruik en verraai deur sogenaamde christene/gelowiges – mense wat sê hulle is erfgename – nakomelinge van Jesus Christus. Mense wat vir jare en jare binne kerke sit – mense wat in sogenaamde christelike huise groot geword het. Ja hulle is almal vrygespreek en met mond en hart vergewe, maar ek sal nooit weer in my lewe n pad saam met hulle stap nie. As n slang jou eenkeer byt sal hy jou altyd byt. Dit is lewenslesse wat ek in my twaalf (12) jaar van bedienings werk vir die Here op die harde manier geleer het. Jy kan op niks en niemand staatmaak of vertrou nie. Net Jesus Christus is n waarmaker van Sy Woord. Jesus het “die mens” geken. Hy het ook geweet Hy kan op niemand staatmaak of vertrou nie. Daar staan geskrywe:

JOHANNES 2: 23-25
Terwyl Jesus vir die viering van die paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omdat Hy geweet het hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is.

DIE PROFEET MIGA HET DIE VOLGENDE GEPROFITEER OOR DIE TYE WAT SAL KOM

MIGA 7: 5/6
Moenie 'n maat vertrou nie, moenie op 'n vriend staatmaak nie, pasop wat jy sê vir die vrou langs wie jy lê. Die seun beledig sy pa, die dogter kom in opstand teen haar ma, die skoondogter teen haar skoonma. 'n Man se huismense het sy vyande geword.

JESUS HET ONS OOK GEWAARSKU OOR DIE TYE WAT SAL KOM

MATTEUS 10: 34-36
“Moenie d**k dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. Ek het gekom om tweedrag te bring “ ‘tussen 'n man en sy vader en tussen 'n dogter en haar moeder, tussen 'n skoondogter en haar skoonmoeder; ja, 'n man se huismense sal sy vyande wees.’

LUKAS 12: 51-53
D**k julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring? Nee, sê Ek vir julle, eerder verdeeldheid, want van nou af sal daar vyf mense in een huis onderling verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. Hulle sal verdeeld wees: vader teen seun en seun teen vader, moeder teen dogter en dogter teen moeder, skoonmoeder teen skoondogter en skoondogter teen skoonmoeder.”

MATTEUS 13: 53-58
Toe Jesus hierdie gelykenisse klaar vertel het, het Hy daarvandaan weggegaan. Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en Hy het die mense in hulle sinagoge so geleer dat hulle verstom was en gesê het: “Waar kry hy hierdie wysheid vandaan en die vermoë om die kragtige dade te doen? Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy ma nie Maria en sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas nie? En sy susters, is hulle nie almal hier by ons nie? Waar kry hy dan al hierdie dinge vandaan?” En hulle wou niks van Hom weet nie. Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring.” Vanweë hulle ongeloof het Hy daar nie baie wonderwerke gedoen nie.

HOEKOM HET JESUS DIT VIR ONS GELEER?

Want satan kan ons deur enige persoon aanval. Hy/Sy kan wit, bruin of swart wees. Hy/Sy kan n man, n vrou of n kind wees. Hy/Sy kan n familie lid, n vriend of n vriendin wees. Jy moet waaksaam kan wees teen die geestelike aanvalle van satan en sy bose koninkryk. n Boom word aan sy vrugte uitgeken. n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie en n slegte boom ook nie goeie vrugte nie. Net God en God alleen kan jou help om staande te bly en regverdig te lewe – oorwin die kwaad met die goeie – met die liefde.

Hou jou oê op Jesus Christus – nie op die wêreld met al sy lekkernye nie. Wees opreg soos duiwe en versigtig soos slange. Wees waaksaam teen die geestelike aanvalle van satan en sy bose magte. Hy kom soos n dief in die nag – soos n engel van die lig – soos n brullende leeu opsoek na iemand om te verslind/te verskeur. Bid vir wysheid. Bid vir onderskeiding van gees. Bid vir die Stem van die Heilige Gees. Sonder dit is jy absoluut verlore en gedoem om tot n val te kom.

Mag die Here ons almal genadig wees en vir ons uitkoms en vrede gee wat alle verstand te bowe gaan. Ek bid dit vandag in Jesus Christus se kosbare naam. Amen

Vriendelike groete
Coert Jordaan
Shalom

REINIG JOU TEMPELEk gaan jou vandag uit die Woord van God bewys hoe belangrik sonde belydenis en bevryding is voordat jy...
19/04/2026

REINIG JOU TEMPEL

Ek gaan jou vandag uit die Woord van God bewys hoe belangrik sonde belydenis en bevryding is voordat jy enigsins nagmaal kan gebruik. Jesus het n massiewe groot prys aan die kruis vir ons almal betaal. Ons moet daagliks kan gryp na alles wat Hy vir ons kom doen het. Ons moet die bybel in sy volle kapasiteit kan gehoorsaam. In die tye voordat Jesus Christus gekom het het die Jode van reinigings tydperke gebruik gemaak voordat hulle die pasga gevier hier. Voorbeelde daarvan was die volgende:

Esra Uit Die Nageslag Van Aaron

ESRA 6: 20-22
Die priesters en die Leviete het hulle sonder uitsondering gereinig en almal was rein. Die Leviete het die paaslam geslag vir almal wat uit die ballingskap teruggekom het en vir hulle ampsgenote die priesters en vir hulleself. Die paaslam is geëet deur die Israeliete wat uit die ballingskap teruggekom het en deur elkeen wat hom van die onreinheid van die heidene in die land afgeskei het om die Here die God van Israel te dien. Hulle het die fees van die ongesuurde brood sewe dae met vreugde gevier. Die Here het hulle dié vreugde geskenk toe Hy die gesindheid van die koning van Assirië teenoor hulle verander het, en dié hulle hande gesterk het in die werk aan die tempel van die God van Israel.

Sonde belydenis was kritiek en baie belangrik. Daar staan geskrywe:

ESRA 10: 11, 44
Doen belydenis voor die Here die God van julle voorvaders en doen wat Hy wil hê: skei julle af van die heidennasies en die vreemde vrouens.” Al dié mense was met vreemde vrouens getroud, maar hulle het van die vrouens geskei en hulle kinders saam weggestuur.

SAGARIA 1: 3, 4
En nou moet jy vir jou volk sê: So sê die Here die Almagtige: Bekeer julle tot My, sê die Here die Almagtige, dan sal Ek weer by julle wees, sê die Here die Almagtige. Moenie soos julle voorvaders wees nie. Die profete van vroeër het hulle aangespreek en gesê: “So sê die Here die Almagtige: Bekeer julle van julle slegte lewe en julle slegte dade!” Maar hulle was ongehoorsaam, hulle het hulle nie aan My gesteur nie, sê die Here.

Nog voorbeelde van reiniging in die bybel:

LUKAS 2: 41
Jesus se ouers het elke jaar vir die paasfees Jerusalem toe gegaan.

JOHANNES 11: 55
Die paasfees van die Jode was naby. Baie mense het voor die paasfees van die platteland af na Jerusalem toe gegaan om hulle te reinig.

HANDELINGE 21: 26, 27
Die volgende dag het Paulus die manne geneem en die reinigingshandeling saam met hulle verrig. Hy het tempel toe gegaan en kennis gegee op watter dag die reiniging verby sou wees, wanneer die offer vir elkeen van hulle gebring sou word. Toe die sewe dae van die reiniging byna om was, het Jode van die provinsie Asië vir Paulus by die tempel gesien. Hulle het die hele skare aangehits en vir Paulus gegryp.

DIE FEES VAN DIE ONGESUURDE BROOD:

Die FEES VAN DIE ONGESUURDE BROOD, wat die seremonie van reiniging is, om vergifnis te vra wat 7 dae duur, moet gedoen word voordat hulle na Jerusalem na die Tempel kon gaan om PASGA te vier. Pasga beteken dat as hulle die bloed aan die deurkosyne gehad het, die engel van die dood sal "oorgaan" en nie die eersgeborenes doodmaak nie en nie die huisgesin uit Israel uitroei nie. Hulle noem dit die “FEES VAN DIE ONGESUURDE BROOD”, om die rede dat hulle nie tyd gehad het om die brood te suur nie, omdat hulle so vinnig as moontlik uit Egipte moes gaan.

JOHANNES 11: 55
Die paasfees van die Jode was naby. Baie mense het voor die paasfees van die platteland af na Jerusalem toe gegaan om hulle te reinig.

Waar hulle gebly het, moes hulle eers die reiniging “die Fees van die Ongesuurde Brode” doen voordat hulle in die teenwoordigheid van die HERE kon kom. Hierdie vers praat van die tyd vir die Pasga om te begin, dan moes hulle reeds die reiniging gedoen het. Selfs Jesus en Sy dissipels het ook die “ongesuurde brode” reiniging gedoen voordat hy oorgegee is om gekruisig te word.

In die tyd van Israel voor Jesus gekom het was daar ook baie Israeliete wat wel in sonde verval het (wat die doodstraf gedra het), maar dit kon nooit bewys, gestaaf of bevestig word nie. Baie Israeliete het in sonde verval, maar was te bang om dit te erken of te bely, want dan moes hulle dood gemaak word. Hulle was bang om te praat. Hulle was bang om dood te gaan. Hulle het gevrees vir hulle lewe. Hulle het gedoen wat baie van ons ook doen vandag – en dit is om stil te bly. Nou terwyl hulle stil gebly het het die geestelike regte van satan deur die sonde nooit tot niet gegaan nie. Dit het deel gebly van die Israeliet en sy nageslag (bloedlyne). Die uit einde van die sonde is die dood – nie net vleeslik nie, maar ook geestelik. Jesus staaf en bevestig my woorde met die volgende Woord uit die Skrif uit. Daar staan geskrywe:

JOHANNES 7: 19
Het Moses nie die wet vir julle gegee nie? En tog hou nie een van julle die wet nie. Waarom wil julle My dan doodmaak?”

Deur Jesus se oorwinning aan die kruis ontvang ons almal wat in Hom glo genade vir ons sondes. God trek niemand voor nie. Hy is nie n aannemer van n persoon nie. Hy het ook nie witbroodjies nie. Nou wat vir ons geld moet mos vir ander mense ook geld wat voor ons gelewe het? Dit is nou mense wat voor Jesus Christus se tyd op aarde gelewe het. Tydens Jesus se drie (3) dae in die graf is die evangelie ook aan hulle verkondig in die doderyk. Vir hulle is daar ook geleenthede gegee om genade te ontvang. Daar staan geskrywe:

1 PETRUS 4: 6 (1953 Vertaling)
Want daarom is ook aan die dode die evangelie verkondig, sodat hulle wel geoordeel kan word na die mens in die vlees, maar lewe na God in die gees.

By latere gebed in my bybelstudie is die volgende skrif ook vir my gegee:

1 PETRUS 3: 18-22 (1983 Vertaling)
Ook Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring, Christus wat as mens doodgemaak is, maar deur die Gees lewend gemaak is. En so het Hy na die geeste in die gevangenis gegaan en daar sy oorwinning aangekondig. Dit is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly het toe Hy groot geduld met hulle aan die dag gelê het in die tyd toe Noag die ark gebou het. Net 'n klein klompie in die ark, ag in getal, is deur die water gered. Dit dui op die doop, waardeur julle ook nou gered word. Die doop is nie 'n afwassing van die vuilheid van die liggaam nie, maar 'n bede tot God om 'n skoon gewete, en dit red julle op grond van die opstanding van Jesus Christus. Hy is nou aan die regterhand van God nadat Hy die engele en magte en kragte aan Hom onderwerp het en die hemel ingegaan het.

PAASFEES IN DIE NUWE TESTAMENT:

Sonde belydenis en bevryding is kritieke stap in enige opregte christen se lewe. Dit werk presies op dieselfde manier of vereistes van die reinigings proses of tydperk voor die pasga in die Ou Testament. Vir sondes wat tot die dood toe gelei het is daar nou genade deur die geloof in Jesus Christus. In die Ou Testament het hulle jou dood gegooi met klippe. Dit is die opdrag wat God vir Moses gegee het om die sondige natuur binne die mense van Israel te verwyder. So het God van satan tussen sy mense ontslae geraak. In die Nuwe Testament is daar genade. Enige sonde is vergeefbaar behalwe as jy die Heilige Gees laster. Dit is waar bevryding vandaan kom. Jou liggaam bestaan uit n siel, gees en vlees uit. Jy moet geestelik en vleeslik gereinig kan word. Daar staan geskrywe:

2 KORINTIËRS 7: 1
Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.

Jou liggaam is die tempel van God. Daar staan geskrywe:

1 KORINTIERS 3: 16, 17
Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.

1 KORINTIERS 6: 19, 20
Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

Jy is die hoëpriester van jou eie tabernakel – jou eie tempel – jou eie liggaam. God sê “Wees heilig, want ek is heilig”. Heiligheid is die eindproduk van gehoorsaamheid

1 PETRUS 1: 16
Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

HEBREERS 12: 14
Beywer julle vir vrede met alle mense asook vir 'n heilige lewe, waarsonder niemand die Here sal sien nie

Bekeer!!! Erken, bely en distansieer van alle sondes in jou lewe en bewys jou bekering met dade wat by jou bekering pas. Gaan dan uit en sondig nie meer nie. Geloof gaan gepaard met dade en dade gaan gepaard met geloof. n Boom word aan sy vrugte uitgeken. n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie en n slegte boom ook nie goeie vrugte nie.

Johannes die doper het die volgende gesê:

MARKUS 1: 4, 5
Só het Johannes die Doper in die woestyn opgetree. Hy het verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. Die hele landstreek van Judea en al die inwoners van Jerusalem het na hom toe gestroom. Hulle het hulle sondes bely en is deur hom in die Jordaanrivier gedoop.

Paulus het die volgende gesê:

HANDELINGE 26: 18, 20
Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer. Deur in My te glo, sal hulle sondes vergewe word en sal hulle deel word van die volk van God.’ Ek het eers vir die mense in Damaskus en in Jerusalem en toe deur die hele Judea en daarna vir die heidennasies gepreek dat hulle tot inkeer moet kom en hulle tot God moet bekeer; en dit moet hulle bewys met dade wat by die bekering pas

GALASIERS 6: 7, 8
Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat 'n mens saai, dit sal hy ook oes. Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.

Johannes het die volgende gesê:

1 JOHANNES 1: 9
Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.

1 JOHANNES 3: 5-10
Julle weet dat Jesus gekom het om die sondes weg te neem, en daar is geen sonde in Hom nie. Iemand wat in Hom bly, hou nie aan met sondig nie; iemand wat aanhou sondig, het Hom nie gesien nie en ken Hom nie. Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie: wie regverdig lewe, is regverdig soos Hy regverdig is; wie aanhou sonde doen, behoort aan die duiwel, want die duiwel hou van die begin af aan met sondig. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak. Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is. Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is: iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan God nie.

Petrus het die volgende gesê:

2 PETRUS 3: 9
Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al d**k party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.

Jakobus het die volgende gesê:

JAKOBUS 5: 15, 16
En as hulle gelowig bid, sal dit vir die sieke genesing bring: die Here sal hom gesond maak. As hy gesondig het, sal dit hom vergewe word. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.

Salomo het die volgende gesê:

SPREUKE 28: 13
Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.

Die bybel leer vir ons ondersoek jou hart voordat jy die nagmaal gebruik. Sonde belydenis en bevryding is kritiek en baie belangrik. Daar staan geskrywe:

1 KORINTIERS 11: 27-32
Elkeen wat op 'n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink, want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur 'n oordeel oor homself. Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle. As ons onsself vooraf reg ondersoek het, sou ons nie onder die oordeel gekom het nie. Maar nou word ons deur die Here geoordeel en getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel sal word nie.

Staan op vir Jesus – Stand up for Jesus se bevrydings kurses is juis daar om jou te help – daagliks is dit op facebook beskikbaar. Ondersoek jou hart. Kry jouself terug op God se vlak. Gaan terug tekenbord toe. Die Bloed van die Lam – die Krag van die Heilige Gees is elke dag daar vir jou vir die vergewing van sondes. Kom in suiwerheid en heiligheid voor die Here. Die bybel vermaan hard en duidelik in die Ou en die Nuwe Testament oor opsetlike sondes – mense wat volhard en bly lewe in sonde sonder enige skaamte:

NUMERI 15: 30, 31
“Maar die landsburger of vreemdeling wat moedswillig sondig, doen My, die Here, oneer aan en hy moet van sy volk afgesny word. Omdat hy die woord van die Here verag het en sy gebooie verbreek het, moet so iemand doodgemaak word; hy moet die straf vir sy sonde dra.”

HEBREERS 10: 26-31
Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie. Daar bly alleen 'n verskriklike verwagting oor van oordeel en 'n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer. As iemand die wet van Moses oortree, en twee of drie getuies bevestig dit, word hy nie begenadig nie, hy word doodgemaak. Hoeveel swaarder straf, d**k julle, sal hy kry wat die Seun van God verag het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, geminag het en die Gees van genade beledig het? Ons weet tog wie Hy is wat gesê het: “Dit is mý reg om te straf; Ek sal vergeld;” en verder: “Die Here sal oor sy volk oordeel.” Dit is verskriklik om in die hande van die lewende God te val.

My raad vir elkeen van julle wat vandag na my luister:

Gebruik die nagmaal as jy klaar met die bevrydings kurses is – as jy reg is – as die Here vir jou wys jy is gereed. In jou hart sal jy dadelik weet of jy reg is of nie. Jou lewe sal nooit ooit weer dieselfde wees nie. Hoe nader jy kom aan Jesus Christus hoe meer sal die satan jou aanval, maar God sal jou nooit los – jou nooit verlaat nie. JY IS SYNE. Deur vuur, deur water, deur wind – deur modder selfs al gaan jy deur n dal van doods skaduwee sal God jou nooit teleurstel nie. Vir ons om te lewe is Christus – om te sterf is vir ons n wins. Ons is in elkgeval net vreemdelinge/kuiergaste op aarde. Niks op hierdie rots het ewigheids waarde nie – net jou geloof in Jesus Christus kan jou n plek in God se koninkryk verseker. Alles wat jy voor jou sien is net tydelik – dit is nie verewig nie.

God stuur vir Jesus as Lam – as offer – as vervloekte aan die kruis in ons plek. Deur Jesus se Bloed word n Nuwe Verbond beseel. Hy is die Geestelike Lam wat vir ons geslag is. Jesus het God se koninkryk aarde toe gebring. Hy het die lig, die lewe en die genade vir ons almal gebring wat in Hom glo. Deur Sy oorwinning en offer aan die kruis is die Een Liggaam van Christus – die Bruid van Jesus – die Geestelike volk van God geskep volgens die Woord 1 Korintiers 12: 12-31. Dit is n Geestelike liggaam in die geestes realm. Almal wat in Jesus Christus glo is welkom. Die Bloed van Jesus reinig ons van alle sondes net soos die diere offers tydens die sonde offers, skuld offers in die Ou Testament.

Jesus is die Weg, die Waarheid en die Lewe – niemand kom na die Vader behalwe deur Hom nie. Jesus Christus gee vandag vir ons n kans om te lewe – om die ewige lewe saam met God te ontvang. Hy red ons van die ewige dood (Geestelik). Hy verlos ons van die dood wat die sonde (satan) bring. Daar staan geskrywe:

JOHANNES 8: 34, 36
Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is 'n slaaf van die sonde. Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees.

1 KORINTIERS 15: 54-56
En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God.

Gebruik die kans wat Jesus Christus vir jou gegee het. Gee jouself as n heilige offer vir God (Rom. 12: 1/2). God soek 100 % toewyding van jou kant af – jy kan Hom nie met n halwe hart wil dien nie. Gehoorsaamheid is vir God belangriker as offers. Gaan dan uit en sondig nie weer nie.

NOG BELANGRIKE KERN EIENSKAPPE EN WYSHEID VAN GOD SE WOORD

Jesus is die Hoë Priester van Melgisedek. Daar staan geskrywe:

HEBREERS 4: 14-16
Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word.

HEBREERS 5: 4-10
Niemand eien hom die eer van hoëpriester toe nie, hy word deur God daartoe geroep, net soos Aäron. So het Christus Hom ook nie die waardigheid van Hoëpriester toegeëien nie, God het dit vir Hom gegee toe Hy gesê het: “Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader.” En op 'n ander plek sê Hy: “Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek.” Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.

HEBREERS 7: 20, 21
Dit het nie sonder die bevestiging met 'n eed plaasgevind nie. Die Leviete het wel priesters geword sonder die bevestiging met 'n eed, maar Jesus met 'n eed deur God, wat vir Hom gesê het: “Die Here het dit met 'n eed bevestig en Hy sal dit nie herroep nie: ‘Jy is priester vir ewig.’ ”

Hy is die bruidegom wat Sy bruid kom haal. Die bruid is die “Een Liggaam van Christus” waarvan 1 Korintiers 12: 12-31 praat. Daar staan geskrywe:

JOHANNES 3: 29
Die bruidegom is die een aan wie die bruid behoort; maar die vriend van die bruidegom staan en luister of hy kom en is baie bly wanneer hy die stem van die bruidegom hoor. Daarom is ek nou met blydskap vervul.

2 KORINTIERS 11: 2
Ek waak oor julle met 'n ywer wat van God kom, want julle is soos 'n jongmeisie wat ek aan een man toegesê het as sy bruid en wat ek vlekkeloos na hom toe wil bring. Die man is Christus.

OPENBARING 21: 2, 9
En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is. Toe het een van die sewe engele wat die sewe bakke het waarin die sewe laaste plae was, gekom en met my gepraat. “Kom,” het hy gesê, “ek sal jou die bruid wys, die vrou van die Lam.”

GEBREKE OM PAASFEES TE VIER:

Om die paasfees te verwerp of nie te respekteer nie is n sonde in die oë van die Here. Daar staan geskrywe:

NUMERI 9: 13, 14
Maar as 'n persoon rein is en nie op reis is nie en nogtans in gebreke bly om die paasfees op die gewone tyd te vier, moet hy van sy volksgenote afgesny word omdat hy nagelaat het om 'n offergawe op die bestemde tyd aan die Here te bring. Dié man moet die gevolge van sy sonde dra. “As 'n vreemdeling wat by julle woon, die paasfees vir die Here wil vier, moet hy dit volgens die bestaande voorskrifte en bepalings doen. Een en dieselfde voorskrif geld vir julle almal: vir die vreemdeling en vir die landsburger.”

Reinig jou tempel – dit is die regte ding om te doen. Wees geseend in die Here Jesus Christus. n Mooi en geseende dag word vir almal toegewens.

Vriendelike groete
Coert Jordaan
Shalom

Vir enige navraag kan julle ons epos by: [email protected]
Julle kan ons ook skakel of boodskap by: +27 79 451 0185
Ons is ook op whatsapp en op telegram beskikbaar.
Groetnes

Address

Centurion
Pretoria
0157

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Staan op vir Jesus - Stand up for Jesus: Bevryding stap vir stap posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Staan op vir Jesus - Stand up for Jesus: Bevryding stap vir stap:

Shortcuts

Share