NG Haakdoorn

NG Haakdoorn Baie welkom by die Facebook blad vir NG Gemeente Haakdoorn in Haakdoornboom Pretoria.

01/06/2026
01/06/2026

Oggendoordenking: Dankie Here dat U mens geword het en woon nou deur die Heilige Gees in ons.
Ds. J Nel
NG Gemeente Haakdoorn

30/05/2026
As jy nie weet wat om vandag te doen nie, kom kuier saam by ons basaar! Lekker aktiwiteite vir oud en jonk, klomp verski...
30/05/2026

As jy nie weet wat om vandag te doen nie, kom kuier saam by ons basaar! Lekker aktiwiteite vir oud en jonk, klomp verskillende kosse, koeke, poedings te koop, Pieter Smith sing om 13:00, kom kuoer lekker saam!

28/05/2026

Oggendoordenking: Dankie Here dat U die groot Oorwinnaar is.
Ds. J Nel
NG Gemeente Haakdoorn

EK STAAN LOS VAN SKULD EN KWAAD

Ek weet my Losser leef.
My Loskoper —
my Kinsman,
familie wat instaan
waar ek self nie meer kan nie.

Hy sal my van pes en pestilensie red.
Soos in Ruth se dae,
toe die Losser opgestaan het
vir naam en toekoms,
so staan Hy ook vir my in.

Hy maak my los
van skuld en kwaad,
van aardse vasklou
en swaar wat nie wil wyk nie.

Hoe losser ’n mens raak,
hoe vryer raak jy.

God is ’n Ontknoper.
Hy wikkel ons los
uit die kraaines van spyt,
bekommernis en oorlaai.

Ons hoef nie, soos Job,
ou wonde oop te krap
of aan rowe te bly trek nie.

Die wrakinspeksie is verby.
Nou kyk ons vorentoe.
Nou kyk ons boontoe.

Want my Losser leef.

Address

25 Haakdoorn Road, Haakdoornboom
Pretoria
0200

Opening Hours

Monday 08:00 - 12:00
Tuesday 08:00 - 12:00
Wednesday 08:00 - 12:00
Thursday 08:00 - 12:00
Friday 08:00 - 12:00
Sunday 09:00 - 11:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Haakdoorn posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category