Lig vir die nasies bediening

Lig vir die nasies bediening This is a group were we as children off God praise His name and change lifes

09/04/2023
Ons pragtige Jeug se dans so blessed en trots. Ons het verlede saterdag ook n amazing kamp gehaat was super blessed en s...
09/04/2023

Ons pragtige Jeug se dans so blessed en trots.

Ons het verlede saterdag ook n amazing kamp gehaat was super blessed en soveel belewenis het gebeur en soveel jong seuns het voorentoe gekom om hulle harte oor te gee aan ons ongelooflike amazing Vader Jesus Christus.
Ons het sowel vir die jong dames net so amazing event gereel en dai honger in hulle harte vir nog so so amazing Reddersburg jeug ons is so so trots op julle hou so aan Jesus het nog baie vir julle wat voorle prys die Here want Hy is goed nou en veraltyd baie Jesus liefde en geseënde paasnaweek hou dai vuur binne julle aan die brand daars n vuur hier binne almal van ons en laat dit bly brand ja laat dit bly brand alle eer aan Jesus

09/04/2023

DIE *GRAF IS LEEG MY JESUS HET OPGESTAAN!!!*

Hoor jy die Paasfeesklokke?
Hul lui van vroeg-dag af;
hul jubel oor die wêreld:
Die JESUS is uit die graf!
JESUS CHRISTUS die oorwinnaar is uit die donker uit!
Die JESUS die sleutel - draer sal ook my graf ontsluit!

Hoor jy die Paasfeesklokke?
Die JESUS het opgestaan!
Hy het vir al ons sonde
JESUS aan die kruis laat slaan!
In JESUS is nuwe lewe.
JESUS se graf is leeg en oop!
JESUS gaan ons voor - verheerlik - en ons kan op JESUS Hoop!

Hoor jy die Paasfeesklokke..?
Die HEER voer heerskappy!
JESUS heers oor alle dinge.
SY Bloed het ons bevry!
Ons sal met JESUS opstaan, die lewenskroon verkry!
Ons hoor die Paasfeesklokke
wat oor die wêreld lui!
ONS HEER HET OPGESTAAN!!
AMEN!!

Send a message to learn more

09/04/2023

*_BYBELVERS_* :
En hy sê vir hulle: Moenie verskrik wees nie. Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.
*MARKUS 16:6 AFR53*
*_OGGEND GEBED*_
Here dankie vir nog n nuwe dag seën ons deur hierdie dag en laat U wil geskied deur hierdie dag
Amen
*GOEIE MÔRE*
*GESEËNDE DAG VIR AMAL*

26/03/2023

26 Maart 2023

Goeie middag, mag ons vanmiddag opnuut besef hierdie wêreld rus op God se skouers.

Jesaja 9:5
En die heerskappy is op Sy skouers, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, sterke God, Ewige Vader, Vredevors.

Menslike leiers kom en gaan maar die ware regering van die wêreld verander nooit nie. Dit is God se wêreld hierdie en die heerskappy is op Sy skouer. Laat ons dit onthou wanneer ons vir Suid-Afrika en die wêreld bid en wanneer ons bid vir ons leiers.
Dit is God se wêreld hierdie. God is in bevel. Die teenwoordigheid van God is in elke land en tot in die verste uithoeke van die aarde. Ons kan op Sy teenwoordigheid en krag staatmaak om te sorg vir beskerming en orde, regverdigheid en geregtigheid waar dit nodig is. Ons kan staatmaak op die wysheid en die lig en die liefde van God om die wêreldleiers te lei en te inspireer, om aan hulle die weg van vrede en begrip en van onderlinge goedheid te openbaar. Dankie Heer, dat U ook vir die leiers van ons land die weg van vrede en begrip en van onderlinge goedheid openbaar.

Gebed
Abba, Vader, U is God en hierdie wêreld is U wêreld, en die Heerskappy is op U skouers. Mag U teenwoordigheid dan so ook ons land en leiers vul. Dankie vir U regverdigheid en geregtigheid oor die hele wêreld. Wyl U ander seën Heiland seën ook my ek vra dit in Jesus Naam amen.

26/03/2023

Goeie middag almal daar is n seuns jeugkamp saterdag 1april by jeugsentrum kontak my op 0611215910 vir enige navrae plek pres reitz straat Reddersburg mooi dag aan almal Jesus liefde

24/03/2023

Goeie nag

GEBED

Hemelse Vader,
hierdie aardse pad lyk soms donker en veeleisend..
Dan voel ek soos ‘n hulpelose mensekind..
As ek dan in die Bybel soek vir ‘n antwoord..
Vind ek by U rus en liefde in my nood..
Die pad is vol afdraai paaie en seer..
Tog kom haal U ons altyd weer..
Nimmer laat U ons ooit alleen,
In U liefde sal U ons altyd steun..
In die Woord sê U:
Werp al jul bekommernisse op My;
Dat U sal sorg en ons sal lei..
Help ons om te groei in ons geloof,
te weet U is nie vir ons gebede en smekeninge doof..
Hoe kan ons U liefde ooit na waarde ag..
Die genade wat U so mildelik skenk aldag..
Dan kyk ek op en sien U glimlag deur ‘n traan..
En weet o God van liefde, U verstaan..
Amen

Jesus Liefde aan ieder en elk.
Lekker doeks.

23/02/2023

HOE LYK JY AS VOLGELING

MATTEUS 10:16
“Onthou: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in. Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.

Hierdie skrifgedeelte het n paar vreemde vergelykings. Die Here se vir Sy dissipels Hy stuur hulle soos skape onder wolwe...In Bybelse tyd het die skape die herder gevolg en as die skape n wolf gewaar het het hulle dadelik almal bymekaar gekom en gesorg dat hulle naby die herder bly....en ek en jy.. as ons die vyand gewaar...kom ons ook almal by die Herder se Voete bymekaar. En sorg ons dat ons by Hom bly.

In Israel is daar spelonke en as die Herder sien n storm is aan die opkom dan lei hy sy skape na een van die spelonke en as hulle almal veilig is dan neem hy self stelling in voor die opening van die spelonk en die roofdiere moet eers verby die herder kom om die skape aan te val...Die Here is ons Herder...Hy sal jou na veilige plekke lei en self stelling inneem sodat jy veilig is.en onthou die vyand moet eers by Hom verby kom voor hy jou kan aanval

Maar dan se die Here ook sy dissipels moet versigtig wees soos n slang...het jy geweet n slang is doof vir menslike klanke en hy reageer net op die dreuning en vibrasie van die grond.
Ons as God se dissipels moet doof wees vir menslike geluide soos negatiewe kommentare of mense wat ons bevrees wil maak met praatjies...reageer net op God se voetstappe en die vibrasie van Sy Gees.

En dan maan Hy ons om so opreg te wees soos duiwe...Het julle geweet n duif het geen galblaas nie en hy kan nie die bitter gal stoor nie....en in die vroeë jare is daar dikwels van duiwe gebruik gemaak in qoorlogvoering...boodskappe is per duif gestuur want hy vlieg bo-oor die vyand se vestings om sy boodskap veilig af te lewer...en die duif kom altyd weer terug huis toe.in die woord is die duif die simbool van die Heilge Gees.

Nou moet ons kyk of ons al hierdie eienskappe in ons dissipelskap ten toon stel...is ons soos skape onder wolwe....is ons so versigtig en doof soos die slang en is ons so

16/02/2023

*_BYBELVERS_* :
*MATTHËUS 18:21-22*

Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe? Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.
*MATTHÉÜS 18:21‭-‬22 AFR53*

*_AAND GEBED*_
Here dankie Vir nog ñ dag wat verby is
Here betskerm ons deur hierdie aand
Amen

*GOEIE NAG*
*GESEËNDE NAG VIR AMAL*

15/02/2023

💝🌿💝Laaste gedagte vir die dag.💝🌿💝 1 Timoteus. 6:12. In die goeie wedloop van die geloof moet jy jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal. 💝🌿💝 Wanneer laas was jy opgewonde oor 'n dag wat aanbreek. Ons behoort elke dag so te voel. God se guns is om ons en daar lê ewige lewe voor. God ontmoet ons op die vlak van verwagting. As ons verwagtinge hemelgebonde is sal ons opgewonde raak daaroor. Ons lewensreis is nie net 'n reguit pad nie. As jy val, kyk rond, Sy hand is daar om jou op te help. God sal altyd daar wees selfs in die grootste- of kleinste mislukking. Dit is nie deur ons eie krag wat ons bo sal uitkom nie, Nee.... God loop die pad saam jou en in Sy genadige krag kom ons eintlik bo uit. Glo net in Christus en sy krag, en jy sal jou drome verwesenlik sien. 🙏🏻🛐🙏🏻 My Vader help my dat ek nie gedurigdeur teen my probleme vaskyk nie, maar dat ons oë gerig op U ons Leidsman sal wees. U is die Voleinder van ons lewe en ons moet geloof hê, en U sal ons toerus vir wat ookal voorlê. Dankie Here dat U daar is as ons U nodig het. My Here deur U, Christus Jesus is ons oorwinnaars. Amen. 💝🌿💝 Goeie nag my Jesus maatjies, in geloof in Hom sal Hy ons bewaak vannag. Rustige nag onder Sy vleuels. God seen u. Shalom💝🌿💝🌿💝🌿💝

15/02/2023

Goeie more

WATER VIR DIE DORSTIGE

Johannes 7:37-38

En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

1. GROOT WERKE UIT ‘N GROOT BRON

- Ten tye dat hierdie geskryf is, was ‘n groot fees besig om gevier te word. Dit was ‘n belangrike tyd op die jaarlikse almanak.
- Aan die einde van hierdie groot fees staan Jesus op en begin om groot dinge te spreek.
- Hierdie was nie woorde wat deur sommer enige persoon gespreek is nie
- Hierdie woorde is deur die Seun van God Self gespreek.
- Dit was nie ‘n dissipel, of ‘n volgeling, of ‘n priester, of een of ander groot profeet nie. Nee, hierdie woorde was deur Christus Homself gespreek.
- Johannes die Doper het besef dat Jesus die ware groot een en die bron van alles was. Markus 1:7-8 En hy het gespreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom na my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie. Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.
- Sy (Jesus se) woorde was en is waarheid en lewe.
- Sy woorde kan op gereken en vertrou word.
- Sy woorde is foutloos en gebasseer op onbeperkte kennis.
- Sy woorde was ‘n uitnodiging aan die mensdom en is vandag nogsteeds ‘n uitnodiging aan ek en jy.
- Sy woorde was nie ingewikkeld of moeilik om te verstaan nie.
- Sy woorde is lewe en waarheid.
- Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.


2. ‘N WONDERBARE BOODSKAP AAN HULLE EN AAN ONS.

- Johannes 7:37 …, het Jesus gestaan en uitgeroep ….
- Partymaal hou ek daarvan om te peins en my te verbeel en in my gedagtes te sien hoe dit moes gelyk het. Hier staan Hy op en begin om uit te roep na die mense om Hom. Kan jy die prentjie sien en kan jy jou hulle opgewondenheid voorstel wanneer Hy begin praat?
- Mense het Hom oral gevolg

Address

Reddersburg
Pretoria

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lig vir die nasies bediening posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share