11/09/2026
❤️ LIEWE GEMEENTE – DANKIE DAT JULLE HANDE VAT ❤️
Liewe gemeente,
Ek vertrou dit gaan goed met elkeen van julle.
Ek wil vandag uit my hart uit BAIE DANKIE sê vir elke persoon wat saamgebid het, hande gevat het en ’n bydrae gemaak het.
🙏 God het dit moontlik gemaak dat ons vir elkeen van die kinders ten minste een stel nuwe klere en skoene kon koop.
Ek wens julle kon die opgewondenheid sien! Dit was vir my so kosbaar om saam met hulle deur die winkel te stap en hulle die geleentheid te gee om self iets te kies.
Veral die seuntjie kon net nie ophou om na sy nuwe skoene te kyk nie – en die dogtertjies was net so opgewonde oor hulle nuwe goedjies. ❤️
En natuurlik kon Ps Martie dit nie daar laat nie! 😄 Daar moes koekies wees om later te eet, en toe moes ons die uitstappie natuurlik afsluit met ’n lekker roomys-bederf. 🍦
Maar gemeente, ons weet ook:
🌱 HIER LÊ NOG ’N LANG PAD VOOR.
Die kinders moet skool toe gaan, en daar sal nog skoolklere, skryfbehoeftes en ander benodighede wees. Ek wag tans vir die volledige lys van wat hulle vir skool gaan benodig.
Ek kon dit net nie oor my hart kry om weer ou klere vir hulle te gee wat eers reggemaak en vasgewerk moet word nie.
Ek het gevoel dat hierdie kinders vir ’n slag die voorreg moet hê om te kan sê:
❤️ “HIERDIE IS MY NUWE KLERE. EK HET DIT SELF GEKIES.”
Want dit gaan oor soveel meer as net klere en skoene.
Dit gaan oor waardigheid.
Dit gaan oor liefde.
Dit gaan oor tyd saam.
Dit gaan daaroor om ’n kind se hand vas te hou en te wys:
“JY IS NIE ALLEEN NIE. IEMAND GEE OM.”
Die kosbare tyd wat ons saam kon spandeer, het vir my alles die moeite werd gemaak.
Ek het ook die bewyse van die aankope wat deur die kerk gemaak is by die foto’s ingesluit, sodat julle kan sien hoe die bydraes aangewend is.
Gemeente, kom ons hou aan om ’n verskil te maak waar ons kan.
Ons hoef nie altyd baie te hê om iemand te help nie.
💛 ELKE RAND KAN ’N VERSKIL MAAK.
Indien dit op iemand se hart lê om ’n verdere bydrae te maak vir die kinders en die behoeftes wat nog voorlê, kan ’n donasie in die bediening se rekening gemaak word:
🏦 BANKBESONDERHEDE
Bank: FNB/RMB
Account Holder: Love Upon Grace Ministries NPC
Account Type: Gold Business Account
Account Number: 63225335660
Branch Code: 250655
Wanneer ons die skoollys ontvang, sal ons beter weet wat nog benodig word.
Bo alles wil ek vandag vir ons Hemelse Vader dankie sê. 🙏
Dankie, Vader, dat U dit moontlik gemaak het dat hierdie kinders nou veilig is en versorg gaan word.
Ons vergeet ook nie van hulle pappa nie.
Ons bid vir hom vir die pad wat hy nou moet stap. Ons bid dat die Here hom sal versterk, lei en help. Ons bid ook dat hierdie kinders beskerm, versorg en ryklik geseën sal word.
Here, hou asseblief U hand oor hierdie pappa en sy kinders. Laat hierdie moeilike hoofstuk nie die einde van hulle verhaal wees nie, maar die begin van iets nuuts.
Aan elke persoon wat gebid het, gegee het, gehelp het en saam met ons hande vat:
❤️ BAIE, BAIE DANKIE.
Ons kan dalk nie die hele wêreld verander nie, maar ons kan iemand se wêreld verander.
Kom ons hou aan om hande te vat, liefde te gee en daar te wees waar ons kan.
Met baie liefde en waardering
Ps Martie Coetzee
Love Upon Grace Ministries 🙏❤️