Damascus Road Wonderboom Suid

Damascus Road Wonderboom Suid Ons skep ruimte vir mense om deel te wees van God se Koninkryk

Sondag oggend 9h00 by Damascus Road Wonderboom Suid, gaan ons bietjie hieroor praat.   "GOD WIL JOU GEBRUIK" , met 'n ve...
04/09/2026

Sondag oggend 9h00 by Damascus Road Wonderboom Suid, gaan ons bietjie hieroor praat.
"GOD WIL JOU GEBRUIK" , met 'n verskil,
NIE NET IN DIE KERK NIE....
Wat help dit jy is beskikbaar net in die kerk en glad nie buite in die wêreld nie...
Ons het awesome praise & Worship en heerlike samesyn...
SIEN JOU DAAR... !!!!!!

'N biduur is 'n plek waar daar gebid word, dit gaan oor gebed en NIE wat is vir my lekker of nie lekker nie.Sal daar sow...
01/09/2026

'N biduur is 'n plek waar daar gebid word, dit gaan oor gebed en NIE wat is vir my lekker of nie lekker nie.
Sal daar sowaar kerk swakkelinge wees wat sê ; "Daar gaan niks aan by die bid uur nie.."
Wat moet aangaan ?
Hard bid, sag bid..
Lank bid, kort bid..
Baie bid, min bid... Wat moet aangaan.. ?
Prayer meeting is all about prayer, correctly so "power hour"..

By Damascus Road Wonderboom Suid, hou ons properse bid uur...
Elke Woensdag aand 19h00...

Jaaa, Sê ons vir jou; KOM KERK LEKKER SAAM MET ONS SONDAG OGGEND 9H00..Geen aansit nie, Geen vertoning nie, net 'n klomp...
28/08/2026

Jaaa, Sê ons vir jou;
KOM KERK LEKKER SAAM MET ONS SONDAG OGGEND 9H00..
Geen aansit nie, Geen vertoning nie, net 'n klomp gewone mense wat verstaan waaroor gaan kerk. Dit gaan alles net oor God en Sy koninkryk.
Ons metodiek hoe ons dit doen, is mensgemaak soos al die ander kerke en gemeentes ook maar doen. Mensgemaakte soms onbybelse maniertjies en goetertjies wat die voorkeure en afkeure prikkel, tipies mens.....
Ons sal jou ontvang met Christus liefde wat eg en onvoorwaardelik is soos die Here van ons verwag...
SIEN JOU DAAR... !!!!!!!

Hoe awesome om nog in vryheid as die kerk van Jesus Christus bymekaar te kan kom.Gelowige Christen mense wat 'n begeerte...
21/08/2026

Hoe awesome om nog in vryheid as die kerk van Jesus Christus bymekaar te kan kom.
Gelowige Christen mense wat 'n begeerte na God en Sy geregtigheid het.
Ons tema vir Sondag oggend: "Die teenwoordigheid van God in ons lewe", ja jy lees reg, die teenwoordigheid van God is in ons, dis deel van ons, dis ons lewensbestaan. Ons koörperatiewe samekoms waarborg die heerlikheid van God in ons byeenkomste. Die Bybel sê; "Waar twee of drie in die Naam van Jesus bymekaar kom, daar is Hy in hulle midde..."
Ons kyk uit vir jou Sondag oggend...

Ons nooi jou..Kom join ons Sondag oggend vir 'n great time of Praise & Worship...."Let the worshippers arise..."
12/08/2026

Ons nooi jou..
Kom join ons Sondag oggend vir 'n great time of Praise & Worship....
"Let the worshippers arise..."

11/08/2026

"HALLELUJAH" Wat beteken dit vir jou?

Dis awesome om jou weer uit te nooi om Sondag oggend saam met ons bymekaar te kom. Net een van baie geboue waar die ligg...
07/08/2026

Dis awesome om jou weer uit te nooi om Sondag oggend saam met ons bymekaar te kom. Net een van baie geboue waar die liggaam van Christus bymekaar kom in ons stad.
As ons aan Christus behoort en ons is Sy volgelinge, dan sê die Bybel; is ons AAAALMAL deel van die liggaam van Christus...
Neee, kerke of gemeentes is NIE bendes met bendelede nie, ons is veronderstel om eensgesind te wees in Christus. Almal deel van God se koninkryk.
By Damascus Road Wonderboom Suid, sal jy agterkom, ons is nie in kompetisie met niemand nie, ons aanbid God en nie onsself nie, ons aanbid as 'n gewone klomp mense wat God en Sy genade nodig het soos enige iemand anders...
Kom kuier saam met ons...

02/08/2026

Goeie môre almal, by Damascus Road Wonderboom Suid het ons geen diens vanoggend nie, die krag is af in ons ons omgewing van gisteraand af en ons weetnie wanneer dit gaan aankom nie.
Julle is welkom om woensdag aand 19h00 saam met ons midweek diens by te woon, andersins Sondag oggend 9 Augustus 9h00 waarby ons ook nagmaal sal vier.
Groete en mooi week vir almal...

Ons kyk uit om jou te verwelkom by ons samekoms Sondag oggend by Damascus Road Wonderboom Suid.Kom deel ook saam met ons...
31/07/2026

Ons kyk uit om jou te verwelkom by ons samekoms Sondag oggend by Damascus Road Wonderboom Suid.
Kom deel ook saam met ons in die viering van die sakrament van die nagmaal, want dis Bybels korrek vir die liggaam van Christus om bymekaar te kom vir nagmaal.
In ons reeks oor Lofprysing en Aanbidding, praat ons Sondag oor die woord "Halleluja"...
SIEN JOU DAAR.. !!!!!

29/07/2026

Oorwinning!

Address

H/v Hertzog Str En 12de Laan Wonderboom Suid
Pretoria
0084

Opening Hours

Wednesday 19:00 - 20:00
Sunday 09:00 - 11:00

Telephone

+27834551580

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Damascus Road Wonderboom Suid posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share