AP Kerk Moot Sentraal

AP Kerk Moot Sentraal Die Afrikaanse Protestantse Kerk Moot Sentraal is jou AP Kerk in die Moot.

06/09/2026

6 September 2026

06/09/2026

6 September 2026

30/08/2026

30 Augustus 2026

30/08/2026

30 Augustus 2026

23/08/2026

23 Augustus 2026

23/08/2026

23 Augustus 2023

16/08/2026

16 Augustus 2026

16/08/2026

16 Augustus 2026

20/06/2025

Wat beteken opregte vriendskap vir jou?
deur IZAK LOOTS

Vriendskap is een van die belangrikste dinge in die lewe. Die wete dat iemand jou ondersteun, gee jou sommer so ‘n lekker warm gevoel.

‘n Vriend wat jou liefhet vir wie jy is en nie wat jy het nie, is beslis een wat jy moet koester.

Vriende kom en gaan, en dis deel van die lewe, maar daar is dié wat in swaarkry by jou bly: dis hulle wat werklik omgee vir jou.
Vier belangrike elemente vir ‘n lang gelukkige vriendskap is:

Vertroue
Dis ‘n baie belangrike deel van vriendskap, want sonder vertroue kan julle vriendskap maklik wankelrig raak. Vertroue is nodig in ‘n gesonde vriendskap sodat daar eerlikheid en kommunikasie kan wees. “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.” [Spreuke 3:5]

Eerlikheid
Iemand kan nie werklik jou vriend wees as hulle jou nie die waarheid kan vertel nie. Die waarheid maak soms seer, maar dis ook wat ‘n vriendskap sterk hou. Probeer dus openlik met jou vriende oor jou gevoelens praat. Eerlikheid en waarheid is onafskeidbaar. Sodra jy die waarheid begin verdraai, is jy oneerlik. “Maar laat julle woord wees; Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.” [Matthéüs 5:37]

Respek
Respek herinner jou hoeveel jy jou vriend of vriendin waardeer. Nog ‘n teken van respek, is as jy kan jammer sê wanneer jy jou vriend lelik behandel het. Soms kan ‘n mens wonder of ons aldag verstaan wat respek werklik beteken. Ons hoor gereeld dat ons aan ander respek moet betoon, maar wat beteken dit?
Respek impliseer ‘n sekere optrede van ons, ‘n optrede waar ons gedrag ‘n sekere boodskap oordra. Op ‘n manier vorm respek die basis of die vertrekpunt van ons optrede. Wanneer ons respekvol teenoor ‘n persoon optree, beteken dit dat ons die persoon waardevol ag. En die teenoorgestelde is natuurlik ook waar. Wanneer ons nie ‘n persoon waardig ag nie, gaan dit in ons gedrag sigbaar word.

Daar is ‘n gesegde: “Wees goed vir jou vriende, want sonder hulle is jy ‘n vreemdeling.” ‘n Mens kan nie alleen deur die lewe gaan nie, jy het mense of te wel vriende nodig om jou regtig “mens” te maak. Vriende laat jou gewaardeer en nuttig voel, hulle help jou as jy hulp nodig het en gee jou raad as jy raad nodig het. In dié sin vorm hulle inderdaad jou ondersteuningsisteem. Paulus het dit goed geken, want God maak van ons mekaar se ondersteuners: “GESEËND is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting, wat ons troos in al ons verdrukking sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word. Want soos die lyde van Christus oorvloedig is in ons, so is ons troos ook oorvloedig deur Christus. [2 Korinthiërs 1:3 – 5]

Moenie toelaat dat fyngevoeligheid en ‘n oormaat trots jou vriende van jou vervreem nie. Jy kan ‘n hele lewe daaraan werk om ‘n vriend te maak en hom/haar in ‘n oomblik verloor. Oppas ook dat die “te besig wees-onding” nie ook jou vriendskap wegvreet tot daar niks oorbly nie. Vriendskap is baie soos ‘n plantjie. Dit moet water kry om mooi te bly.

‘n Mens kan ook so gou in ‘n strik val om oor alles sleg te voel en te d**k dinge is jou skuld. God en ander mense het jou al lankal vergewe en dan stoei jy nog steeds met jou skuld en skuldige gewete. Ons dra allerhande skuldgevoelens met ons saam en dit laat ons voel ons is nie goed genoeg nie.

Amen

17/02/2025

Is jou ja jou ja, en jou nee jou nee?

deur Izak Loots

“Want elkeen wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is, dié is my broer en suster en moeder.” [Matthéüs 12:50]

God se opdragte is nooit goedkoop nie. Want ons God weet waartoe ons in staat is wanneer ons dit sáám met Hom doen.

Hoe lyk jou integriteit voor God?
-Doen jy wat jy sê jy gaan doen?
-Is jou ja jou ja en jou nee jou nee?
-Staan jy op vir die waarheid of bly jy maar eerder stil ter wille van die vrede?
-Raak jy dalk soms hoogmoedig en stel jouself bo ander?

Nog een is om met integriteit te lewe. Soos Jesus gesê het, “laat jou ja, jou ja wees en jou nee jou nee.” Vier riglyne:
1. Moet nooit instem om iets te doen as jy nie 100% seker is dat jy dit sal kan doen nie.
2. As jy dan “ja” sê vir iets, skryf dit in jou dagboek sodat jy kan onthou en kan begin om dit te doen waarvoor jy “ja” gesê het.
3. As jy “ja” gesê het vir iets, en jy het dit vergeet, vra om verskoning, sonder om “wit-leuen” verskonings aan te bied. Onderneem dan om dit dan so gou as moontlik te doen, as dit nog nodig is.
4. Wees eerlik. Eerlikheid is een van die beste maniere om vertroue te bou. Dit maak jou vry en ander besef dat hulle op jou kan staatmaak.

Ons is Koningskinders en God het ons deur Sy Gees kom “nuut” maak. Kom ons wees gehoorsaam en gaan leef as Lig-mense met ‘n sprankelende passie en wees die verskil.

Die heerlkheid van gehoorsaamheid lê dikwels nie in die uitkoms nie, maar in die blote wéte dat jy getrou aan sy stem was. Want gehoorsaamheid bring ongekende vrede in die harte van God se kinders. Dit maak jou vry van jouself, van wêreldse bande, van aardse goed en van skuldgevoelens. Oombliklike gehoorsaamheid, gaan jou meer van God leer. Jy sal sommige bevele trouens nooit verstaan as jy hulle nie eers gehoorsaam nie.

“Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie.” [Jakobus 5:12]

Misleiding is gewoonlik teenwoordig as daar so gesweer word. So word die derde en die negende gebod oortree. Ons mag die Naam van die Here nie misbruik nie en ook nie valse getuienis aflê nie.
Christene se karakter en lewe moet so onbesproke wees dat hulle as mense van integriteit geken word. Hulle woord moet hul eer wees. Ja beteken doodgewoon ja en nee beteken nee. Daar word somtyds daarmee gesukkel. Die ou vertaling sê, wat meer is as dit, is van die duiwel.

Die vraag is uiteraard hoe mense ons ken. Stuur ons ‘n boodskap wat sê; ek bel jou later en dan word dit nie gedoen nie. Ek sal by jou ‘n draaitjie kom maak dan word dit ook nie gedoen nie. Dan is jou ja nie meer ja nie. As ‘n mens eenmaal geswig het voor die versoeking om ‘n leuen te vertel word dit al hou moeiliker om konsekwent die waarheid te praat. Wat nie waar is nie, is ‘n leuen.

Daar is nie neutrale grond nie. Ons buig die waarheid soms om by ons te pas.“Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie – my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees- [Romeine 9:1]“Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.” [Kolossense 4:6]

Gaan liewer op jou spoor terug en maak reg wat verkeerd is. Dit is ‘n ligter prys om te betaal as om te probeer om die leuen konsekwent te dien of te verdoesel.

A m e n

Address

1212 Ben Swart Street, Moregloed
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 09:00 - 12:00
Tuesday 09:00 - 12:00
Wednesday 09:00 - 12:00
Thursday 09:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 13:00
14:00 - 19:00

Telephone

+27123338987

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AP Kerk Moot Sentraal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to AP Kerk Moot Sentraal:

Shortcuts

Share