NG Kerk Algemene Sinode

Call Directions Website Contact the place of worship

NG Kerk Algemene Sinode Welkom by die NG Kerk Algemene Sinode blad

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)IEC, Verkiesingswerkers, Kiesers en Politieke LeiersDAG 24: Hoop vir muni...
07/10/2026

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)
IEC, Verkiesingswerkers, Kiesers en Politieke Leiers

DAG 24: Hoop vir munisipaliteite

Skriflesing: Romeine 15:13 – “Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul…”

Gebed: Here, vul elke munisipaliteit waar inwoners moedeloos is oor swak dienslewering of leë beloftes, met hoop. Verbreek apatie en hooploosheid in Jesus se Naam. Ontbloot en stuit onreg, en laat regverdige, diensbare leiers in elke munisipaliteit verantwoordelikheid aanvaar.

Geloofsverklaring: Ons sal ons mure “Redding” en ons poorte “Lof” noem. Ons verklaar in geloof dat hoop sal opstaan in elke dorp, stad, township, voorstad, nedersetting en landelike gebied. Ons verklaar dat regverdige leiers in elke munisipaliteit na vore sal tree, in Jesus se Naam. Dit is ‘n tyd van herstel van wat verlore gegaan het.

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)IEC, Verkiesingswerkers, Kiesers en Politieke LeiersDAG 23: Integriteit e...
06/10/2026

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)
IEC, Verkiesingswerkers, Kiesers en Politieke Leiers

DAG 23: Integriteit en krag vir alle verkiesingsbeamptes, vrywilligers en kandidaat-raadslede

Skriflesing: Jesaja 40:31 – “Maar dié wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vlerke soos arende…”

Gebed: Vader, gee nuwe krag aan OVK-beamptes, tydelike werkers, vrywilligers, waarnemers en almal wat lang ure werk om die verkiesing te laat slaag. Mag alles wat gedoen word, wees asof dit vir U gedoen word en so eer aan U Naam bring. Here, suiwer die motiewe en bedoelings van elke OVK-beampte, tydelike werker, vrywilliger, waarnemer en kandidaat-raadslid, en bring elke onsuiwer motief aan die lig.

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof moed en krag oor elke verkiesingswerker. Ons verklaar dat hulle met gesonde oordeel sal optree, vir waarheid en integriteit sal staan en alles sal doen soos vir die Here.

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)IEC, Verkiesingswerkers, Kiesers en Politieke LeiersDAG 22: Onderskeiding...
05/10/2026

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)
IEC, Verkiesingswerkers, Kiesers en Politieke Leiers

DAG 22: Onderskeidingsvermoë

Skriflesing: Hebreërs 5:14 – “Vaste kos is vir volwassenes, vir hulle wat deur inoefening hulle onderskeidingsvermoë geoefen het om goed en kwaad te onderskei.”

Gebed: Here, gee ons onderskeidingsvermoë om leë beloftes, misleiding, vreesaanjaery en korrupte motiewe te herken. Bewaar ons daarvan om, soos Absalom, mense deur vleiery en misleiding te manipuleer. Ontmasker magsug en bedrog, en gee kiesers en leiers nuwe insig en visie.

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat geestelike onderskeidingsvermoë en gesonde oordeel die mense van hierdie land sal lei wanneer hulle oorweeg vir wie om te stem. Mag ons stemkeuses ons hoop op U, Here, weerspieël.

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)IEC, Verkiesingswerkers, Kiesers en Politieke LeiersDAG 21: Nuwe DenkeSkr...
04/10/2026

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)
IEC, Verkiesingswerkers, Kiesers en Politieke Leiers

DAG 21: Nuwe Denke

Skriflesing: Romeine 12:2 – “Moenie aan hierdie wêreld gelykvormig word nie, maar word verander deur die vernuwing van julle denke…”

Gebed: Vader, vernuwe die denke van kiesers sodat hulle besluite gevorm word deur waarheid, wysheid, skoon gewete en liefde vir hulle naaste. Verwyder die sluier van propaganda, leë beloftes en vrees vir verandering. Terwyl ‘n nuwe dag aanbreek, gee aan mense die moed om helder te sien en wys te kies.

Geloofsverklaring: Ons verklaar in geloof dat denke oral in Suid-Afrika vernuwe word. Ons het die gesindheid van Christus. Die sluier van vooroordeel en blinde lojaliteit word van elke kieser weggeneem, en U helderheid en visie lei ons wanneer ons stem.

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)Nasionale Hoop en VredeDAG 20: Vryheid van vreesSKRIFLESING: Kolossense 1...
03/10/2026

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)
Nasionale Hoop en Vrede

DAG 20: Vryheid van vrees

SKRIFLESING: Kolossense 1:13 – “Hy het ons uit die mag van die duisternis gered en ons oorgebring na die koninkryk van die Seun wat Hy liefhet.”

GEBED: Here, bevry gemeenskappe van intimidasie, geweld, politieke vrees en onderdrukking. Laat ons diep gewortel wees in U liefde, want U volmaakte liefde verdryf alle vrees.

GELOOFSVERKLARING: Ons verklaar in geloof vryheid, moed en vrede deur Jesus Christus.

02/10/2026

Het jy al die dokumentêr oor Kerkbode se 175-jarige geskiedenis (1849–2024) in die gedrukte media gesien? Dit is ’n besondere terugblik op die verhaal van Suid-Afrika se oudste kerklike publikasies. Kyk dit gerus hier: http://youtube.com/watch?v=m1amrbxr0X0&time_continue=6.

Kerkbode nooi gemeentes en individue wat die volhoubare voortbestaan van ’n gedrukte kerkkoerant wil ondersteun, om vir twaalf uitgawes in te teken.

Steun Kerkbode en help om hierdie belangrike stem in die kerklike landskap lewendig te hou.

Sien die skakel in die eerste kommentaar om in te teken.

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)Nasionale Hoop en VredeDAG 19: Verlossing en HoopSKRIFLESING: 1 Timoteus ...
02/10/2026

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)
Nasionale Hoop en Vrede

DAG 19: Verlossing en Hoop

SKRIFLESING: 1 Timoteus 2:4 – “Hy wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.”

GEBED: Vader, gebruik hierdie tyd om mense na Christus te trek, hoop te herstel en harte na geregtigheid te keer. Ons bid dat U mense sal toerus om die evangelie van Jesus Christus profeties en met vrymoedigheid te verkondig. U is die God wat U verbond getrou hou; ons stel ons hoop in U en bid dat mense in ons land na U Woord en wil sal terugkeer.

GELOOFSVERKLARING: Ons verklaar in geloof dat baie mense die liefde van Jesus Christus sal ontdek terwyl ons Hom met vrymoedigheid verkondig. U is die hoop vir ons land. U bly getrou aan U verbond en roep ons om volgens U Woord te leef. God trek mense na sy koninkryk. Deur die getuienis van ons lewe sal baie mense Jesus Christus as Here en Verlosser leer ken. Tot eer van God sal daar in Jesus se Naam ‘n groot oes van mense ingesamel word.

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)Nasionale Hoop en VredeDAG 18: Vrymoedige getuienisSKRIFLESING: Handeling...
01/10/2026

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)
Nasionale Hoop en Vrede

DAG 18: Vrymoedige getuienis

SKRIFLESING: Handelinge 4:29 – “En nou, Here, slaan ag op hulle dreigemente en gee aan U diensknegte om U woord met alle vrymoedigheid te spreek.”

GEBED: Here, gee deur U Heilige Gees aan gelowiges die moed om met genade te praat, in die openbaar te bid, vrede te bevorder en integriteit uit te leef. Laat ons in gehoorsaamheid aan U Heilige Gees meewerk en tekens van U krag en genesing in Jesus se Naam sien.

GELOOFSVERKLARING: Ons verklaar in geloof dat die Kerk in hierdie tyd ‘n getroue getuie sal wees. Groter werke sal deur die Kerk in die land gedoen word. Die sluier sal van ons oë weggeneem word en die voetboeie sal afval sodat ons U in oorgawe kan dien.

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)Nasionale Hoop en VredeDAG 17: Waarheidsgetroue kommunikasieSKRIFLESING: ...
30/09/2026

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)
Nasionale Hoop en Vrede

DAG 17: Waarheidsgetroue kommunikasie

SKRIFLESING: Efesiërs 4:25 – “Daarom, lê die leuen af en praat elkeen die waarheid met sy naaste, want ons is lede van mekaar.”

GEBED: Here, ontbloot leuens, verwarring, manipulasie, intimidasie en skadelike gerugte. Laat die geregtigheid van Christus helder soos die middagson skyn en alle propaganda, bose bondgenootskappe en manipulasie aan die lig bring.

GELOOFSVERKLARING: Ons verklaar in geloof dat die waarheid oor leuens en misleiding sal seëvier. Ons bely dat Jesus die Weg, die Waarheid en die Lewe is.

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)Nasionale Hoop en VredeDAG 16: KiesersopvoedingSKRIFLESING: Hosea 4:6 – “...
29/09/2026

50 Dae Gebedsreis (14 September tot 3 November)
Nasionale Hoop en Vrede

DAG 16: Kiesersopvoeding

SKRIFLESING: Hosea 4:6 – “My volk gaan te gronde weens ‘n gebrek aan kennis. Omdat jy kennis verwerp het, verwerp Ek jou ook…”

GEBED: Vader, help gemeenskappe om die stemproses, wyksgrense, stemlokale en hulle burgerlike verantwoordelikheid te verstaan. Mag kiesers vir tasbare verandering kies wat met die doel van U koninkryk strook, en mag daar ‘n hernude begrip wees van die belangrikheid van goeie openbare bestuur.

GELOOFSVERKLARING: Ons verklaar in geloof dat helderheid, begrip en ingeligte deelname sal
toeneem.

Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Algemene Sinode posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Algemene Sinode:

Share