NG Kerk Algemene Sinode

NG Kerk Algemene Sinode Welkom by die NG Kerk Algemene Sinode blad

04/09/2026

Dankie vir die stemme en beelde van die SAAMkoms vir predikante wat julle deel Kerkbode. Mag die golf van ontmoeting en seën deurspoel na elke gemeente en gemeenskap waar leraars van die NG Kerk hul roeping met vreugde leef en ander met liefde en omgee dien.

NUWE LIEDERE - JESUS U IS HIERVier nuwe liedere vir gemeentes is geskryf en tydens die SAAMkoms van predikante in August...
02/09/2026

NUWE LIEDERE - JESUS U IS HIER

Vier nuwe liedere vir gemeentes is geskryf en tydens die SAAMkoms van predikante in Augustus vanjaar bekendgestel.

So berig Kerkbode oor die lied, 'Jesus, U is hier': Die lied is gebou rondom die eenvoudige belydenis dat Jesus nie net 'n verhaal uit die verlede is nie, maar inderdaad nou hier is. Soms het geloof nie nog woorde nodig nie, maar kan ons eenvoudig die een waarheid net genoeg herhaal totdat dit van die kop na die hart beweeg en ons daarin tot rus kom. Die lied reis deur sewe bewegings in die verhaal van Jesus: Jesus kom, Jesus roep, Jesus genees, Jesus leer, Jesus sterf, Jesus leef en Jesus heers. Elke beweging bring ons terug na dieselfde belydenis: Jesus, U is hier!

Luister hier na die lied: https://open.spotify.com/track/5ZdB61U1ESzeOILc0olb41?si=zWlJdkp9S7yZAdi_DgX0Dg&utm_source=whatsapp

Akkoord, Neil Büchner · Jesus U Is Hier · Song · 2026

Dit is ErfenismaandDie Taakspan Miga 6:8 (vir versoening en geregtigheid) nooi jou om  stil te staan by waar jy vandaan ...
01/09/2026

Dit is Erfenismaand

Die Taakspan Miga 6:8 (vir versoening en geregtigheid) nooi jou om stil te staan by waar jy vandaan kom, om raak te sien wat jy vandag ontvang het en te ontdek wat jy môre wil agterlaat. Volg die skakel na die 30 dae PDF-handleiding vir gemeentes. Deel dit met jou lidmate, familie en vriende!

Hierdie Erfenismaand nooi ons jou uit om stil te staan by waar jy vandaan kom, raak te sien wat jy vandag ontvang het en te ontdek wat jy môre wil agterlaat.

30/08/2026
28/08/2026

Op watter praktiese maniere lei die Bybel jou?

Bybelsondag 30 Augustus 2026

27/08/2026

Die 18-maande baba roep elke oggend vol verwagting: 'Bybel! Bybel!'

Bybelsondag | 30 Augustus 2026

26/08/2026

BYBELSONDAG | 30 AUGUSTUS

Bybelsondag - die laaste Sondag van Augustus, jaarliks - het sy wortels in die eerste volledige Afrikaanse Bybel, wat in 1933 verskyn het.

Wanneer het jou jou heel eerste, eie Bybel gekry?

Kerkbode deel die getuienis van Ds Jan Lubbe wat in die dae voor 30 Junie by verskeie inisiatiewe betrokke was: 'n ontmo...
23/07/2026

Kerkbode deel die getuienis van Ds Jan Lubbe wat in die dae voor 30 Junie by verskeie inisiatiewe betrokke was: 'n ontmoeting met President Ramaphosa, 'n gesamentlike perskonferensie saam met leiers van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, én praktiese diens waar hy agter die staaltafels gestaan het om mense in nood te bedien, te bemoedig en hoop te bring.

So is daar ook baie ander wat in die tyd praktiese ondersteuning gebied het en 'n stem laat hoor het. Ons bid dat die Here ons as kerk - as gelowiges en dissipels van Jesus Christus - elke dag sal lei in hoe en waar Hy ons wil gebruik, tot Sy eer alleen.

https://www.facebook.com/share/p/1Ag4WU6CwS/

KERKE WAT WERKVanoggend probeer ek my die ontwrigting en onsekerheid indink wat mense beleef wat tans op pad terug is na...
05/07/2026

KERKE WAT WERK

Vanoggend probeer ek my die ontwrigting en onsekerheid indink wat mense beleef wat tans op pad terug is na hul lande van herkoms. Ek kan dink dat die ondersteuning wat hulle sien en beleef, tot hul harte moet spreek. Dit is wat dit is om die hande en voete van Christus te wees.

Op 17 Junie 2026 het kerkleiers 'n ontmoeting met die president van die land en verskeie staatsdepartemente gehad. Die b...
30/06/2026

Op 17 Junie 2026 het kerkleiers 'n ontmoeting met die president van die land en verskeie staatsdepartemente gehad. Die boodskap was eenvoudig: Selfs al sou alle ongedokumenteerde persone gedeporteer word, sou die probleem van 'n onbekwame, korrupte, afwesige staat nie opgelos wees nie.

Terwyl gemeentes in strategiese areas met ander kerke saamwerk om plekke van veiligheid te wees en in mense se basiese nood hulp aan te bied, word daar ook 'n beroep gedoen op elke gelowige om te bid en met 'n ondersteunende gesindheid hoop en lig te bring.

Luister ook na die onderhoud van RSG met ds Jan Lubbe.

Op en Wakker · Episode

Address

Pretoria

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Algemene Sinode posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Algemene Sinode:

Share