Doxa Deo Roodevallei

Doxa Deo Roodevallei Doxa Deo Roodevallei is 'n energieke kerk vol mense wat ons stad 'n plek maak waar God regeer.

Jy word hartlik uitgenooi na ons Hemelvaartdiens!Kom vier saam die opstanding en Hemelvaart van Jesus Christus in ‘n aan...
13/05/2026

Jy word hartlik uitgenooi na ons Hemelvaartdiens!
Kom vier saam die opstanding en Hemelvaart van Jesus Christus in ‘n aand van aanbidding, Woord en fellowship.

📍 Doxa Deo Roodevallei
📅 Donderdag, 14 Mei 2026
🕖 18:00

Bring jou familie en vriende saam — almal is welkom!

Elijah Woordskool vir Dames!Kom ontdek die krag van geloof deur Elijah: Faith and Fire deur Priscilla Shirer ’n Inspirer...
29/04/2026

Elijah Woordskool vir Dames!

Kom ontdek die krag van geloof deur Elijah: Faith and Fire deur Priscilla Shirer

’n Inspirerende reis wat jou sal help om God se stem duideliker te hoor, met vertroue te leef en jou geloof te verdiep.

🩷 Jy is uitgenooi
🩷 Bring gerus ’n vriendin saam
🩷 Skryf in op ChurchSuite om jou plek te bevestig (skakel in die 'comments')

Moenie dit misloop nie!

20/04/2026

✨ Spesiale Aanddiens | Getuienis Sondag ✨

Wat ’n aand! 🙌
Ons het weer beleef hoe kragtig God se stories is—lewens wat verander, hoop wat herstel word, en genade wat oorwin.

Elke getuienis was ’n herinnering: God is nog besig. Hy sien, Hy hoor, en Hy werk—selfs wanneer ons dit nie altyd raaksien nie. 🤍

Dankie aan elkeen wat gedeel het. Julle stories dra lig vir ander.

19/04/2026

✨ Spesiale Aanddiens | Getuienis Sondag ✨

Sondag om 18:00 kom ons bymekaar vir ’n aand vol egte stories van God se goedheid 🙌
Kom luister hoe lewens verander, hoe hoop weer gebore word, en hoe God nogsteeds werk — hier en nou.

Moenie dit misloop nie. Bring iemand saam wat ’n bietjie hoop nodig het 🤍

15/04/2026

Doxa Deo dienste regoor Tshwane - Paasfees 2026

Gister by Roodevallei was iets besonders..’n Propvol saal, harte wat oop was, en ’n boodskap wat diep getref het. Ons Pa...
04/04/2026

Gister by Roodevallei was iets besonders..
’n Propvol saal, harte wat oop was, en ’n boodskap wat diep getref het. Ons Paasfeesproduksie was nie net ’n vertoning nie - dit was ’n ontmoeting.

Ons was weer herinner aan die ongelooflike liefde van Jesus - dat Hy gewillig die kruis gedra het, nie omdat Hy moes nie, maar omdat Hy ons liefhet.
Dit was nie die einde van ’n storie nie.. dit was die begin van hoop, genade en nuwe lewe.

Dankie aan elke persoon wat deel was van gister - op die verhoog, agter die skerms, en in die gehoor. Julle het dit spesiaal gemaak.

Mag die waarheid van die kruis nie net iets wees wat ons onthou tydens Paasfees nie, maar iets wat ons elke dag leef.

25/03/2026

Wie Is Die Skuldige Paasproduksie

’n Verhaal van verraad.
’n Oomblik wat alles verander het.
’n Waarheid wat jou nie onaangeraak sal los nie…

Hierdie Paasfees neem ons jou op ’n spanningsvolle reis deur ’n kragtige toneelstuk wat jou anders sal laat kyk na die storie wat jy d**k jy ken.

Vrydag, 3 April
08:30
Doxa Deo Roodevallei

✨ Wat ’n ongelooflike geseënde Damesoggend! ✨Saterdag se damesoggend was werklik iets besonders! Van die eerste glimlag ...
02/03/2026

✨ Wat ’n ongelooflike geseënde Damesoggend! ✨

Saterdag se damesoggend was werklik iets besonders! Van die eerste glimlag tot die laaste groet het daar soveel vreugde, lag en samesyn in die vertrek geheers.

Die lipgloss-klas was ’n groot hoogtepunt – die dames het dit vreeslik geniet om kreatief te wees, nuwe vaardighede te leer en sommer net saam pret te hê. Dit was so mooi om te sien hoe elkeen se unieke styl en persoonlikheid deurkom!

Die Woord was diep bemoedigend en het ons harte weer herinner aan wie ons is – dogters van God, geliefd, gekies en waardevol. Ons het saam gelag, saam geluister en saam gegroei.

Ons voel so dankbaar en geseënd vir elke dame wat daar was. Dankie vir julle oop harte, julle deelname en die lig wat julle bring!

Mag ons aanhou om mekaar op te bou, mekaar te inspireer en saam te stap in geloof.

Address

Gabbata Lodge Wedding Venue, Kameelfontein Road, Roodeplaat
Pretoria
0035

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:00
Sunday 08:30 - 11:00

Telephone

+27121117328

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Doxa Deo Roodevallei posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Doxa Deo Roodevallei:

Share

Category