Pretoria Noorderlig Gemeente

Pretoria Noorderlig Gemeente Ons gemeente wil God se lig, Christus, in die duisternis laat skyn. Ons doen dit deur 'n naaste te wees...

14/06/2026

 Wanneer probleme kom, moenie dit mors nie. Gebruik dit.
 Wanneer mense jou teenstaan, moenie hulle terughaat nie. Wees lief vir hulle.
 Wanneer die lewe warm raak, onthou: vuur vernietig nie altyd nie. Soms suiwer dit. Soms is die vuur die plek waar God besig is om iets dieper, sterker en mooier in jou te vorm.

12/06/2026

Ons vier die lewe en ewige lewe van tannie Meisie Burger...

07/06/2026
31/05/2026

Die vraag is: laat jy die omgewing jou vorm, of leef jy afgesonder en heilig, met jou identiteit vas in Christus? Die uitdaging is nie om weg te smelt soos ‘ n verkleurmannetjie wat suutjies trap nie – die uitdaging is om uit te staan.

24/05/2026

Ons vier Nagmaal op Pinkstersondag...

17/05/2026

Stakings kan die wêreld se aandag trek – fabrieke stilmaak, strate vul, en selfs die ekonomie lam lê. Maar as daar nie ’n nuwe ooreenkoms gesluit word nie, bly mense vasgevang in dieselfde nood. Net so kan ons geestelike ‘staking’ teen God se wil ons lewens stilmaak en die hemel se seën terughou. God se uitnodiging is egter duidelik: ‘As my volk hulself verootmoedig, bid en my aangesig soek… dan sal Ek hoor, vergewe en herstel.’ Die ware geslaagdheid lê nie in ons protes nie, maar in ons nederige terugkeer na Hom – dít bring die nuwe verbond, die ware verandering, en die herstel wat ons land en lewens so dringend nodig het.”

14/05/2026

Kom vier saam ons Jesus se hemelvaart en die implikasies vir jou en my lewe...

Ons eet lekker pannekoek na afloop van die erediens. Kan jy kom help pannekoek bak? Ons bak van 16:00 af.

03/04/2025

Goeidag almal
Verjaardae vir April

3 April
Sophie Ziervogel
4 April
Ida vd Westhuizen
Kobus Koekemoer
12 April
Heila Vermeulen
15 April
Annetjie Smit
17 April
Mary Pieterse
29 April
Jessica Smit

Indien iemand uitgelaat of oorgeslaan is, laat weet my asseblief by tel 0835330812

22/02/2025

Hallo almal. Onthou asb more se gemeente vergadering, na afloop van die erediens. Ons gee terugvoering oor ons finansies, en moet die nuwe begroting goedkeur. Sien julle almal daar.

Address

Pretoria

Telephone

+27736640279

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Pretoria Noorderlig Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Pretoria Noorderlig Gemeente:

Share