Waverley Oos

Waverley Oos NG Gemeente
Kerkkantoorure : Ma.-Vr. 09:00 - 14:00 Waarvoor lééf ons?

• Vir God
• Vir mekaar


Wie het ’n Plek hier? Elk anders. Jy het ’n plek hier.

Hoe is Waverley-Oos?
• Lewend
• Dinamies
• Opwindend
• Vars
• Besielend


Wat bied hierdie gemeente jou?

• ’n Geestelike tuiste
• ’n Plek waar jou totale geestelike welsyn aandag kry
• ’n Ruimte vir groei
• Geborgenheid
• Genoeg veiligheid sodat jy waarlik, eg jouself kan wees
• Liefde
• Harmonie, humor en lag
• ’n Plek waar jy jou ten volle voor God en mense kan uitleef. Waverley-Oos is ’n plek

waar elkeen welkom is, en waar elkeen ’n plek in ons gemeente het. Oud en jonk, mooi en lelik, vet en maer, lank en kort, mans en vroue, getroud en ongetroud, elkeen, het ’n plek in Waverley-Oos. Ons geniet, benut en vier ons verskeidenheid. Hier wil ons nie hê almal moet min of meer dieselfde wees, dieselfde d**k, en dieselfde voel nie. Ons geniet verskeidenheid as deel van die uniekheid en andersheid waarmee God ons elkeen geskape het. Soos ons in die natuur die veelheid van kleur en tekstuur van plante, diere, voëls, insekte en landskappe geniet, geniet ons in Waverley-Oos unieke, vrydenkende en interessante mense. Verbintenis

Waverley-Oos se lidmate het hulself vrywillig verbind tot ’n aantal baie belangrike sake, sodat elkeen presies weet waartoe ons as ’n groep onsself verbind het. Ons is verbind tot :


Onvoorwaardelike liefde
Ek sal my medegelowiges liefhê, selfs al stem ons nie altyd saam nie. Algehele beskikbaarheid
Ek stel myself, my tyd, my energie, my insig en my gawes tot beskikking van die gemeente. Getroue voorbidding
Ek sal gereeld vir hierdie gemeente, en spesiale sake soos uitgelig, voorbidding doen. Groot openheid
Ek sal my lief en leed, voorspoed en teenspoed, probleme en ideale met my medegelowiges deel. Absolute eerlikheid
Ek onderneem om altyd in liefde die waarheid te praat. Sensitiwiteit vir ander
Ek sal met Christus se gesindheid lewe, met Sy oë kyk, met Sy ore luister en met Sy hart omgee. Waaragtige vertroulikheid
Ek beloof om nie vertroulike dinge vir ander mense oor te vertel nie. Volkome beheer deur die Heilige Gees
Ek wil onder beheer van die Heilige Gees lewe en myself en my gawes tot diens en seën van die gemeente stel. Getroue bywoning
Ek onderneem om gereeld kerk- en groepbyeenkomste by te woon. Dankoffer
Ek onderneem om elke maand getrou my dankoffer te gee. Waardes
Ons is ’n gemeente met waardes. Ons put ons waardes uit God se Woord. Dit is die lig vir ons pad (Psalm 119:105) en daarvolgens leef ons. Liefde tot God en liefde tot ons naaste staan absoluut sentraal in ons gemeente se lewe. Daarom is ons : (1Kor 13)

• Geduldig
• Vriendelik
• Nie afgunstig nie
• Nie grootpraterig nie
• Nie verwaand nie
• Ons handel nie onwelvoeglik nie
• Soek nie ons eie belang nie
• Is nie liggeraak nie
• Hou nie boek van die kwaad nie
• Ons verbly ons nie oor onreg nie
• Ons verheug ons oor die waarheid

Hier dra ons die vrug van die Gees (Gal 5:22)
Ons het :

• Liefde
• Vreugde
• Vrede
• Geduld
• Vriendelikheid
• Goedhartigheid
• Getrouheid
• Nederigheid
• Selfbeheersing

Ons streef na alles wat: (Fil 4:8)

• Waar is
• Edel is
• Reg is
• Rein is
• Mooi is
• Deugdelik is
• Prysenswaardig is
• Lofwaardig is. Ons verstaan onsself as geseënde mense, want ons is afhanklik van God. Ons sê dit, bely dit, glo dit en leef dit. (Matt 5:3)


Doelgerig

Ons gemeente is doelgerig. Ons kerkraad is doelgerig. Ons diensrade is doelgerig. Ons lidmate is doelgerig. Ons is een van hart, een van sin en een van strewe. Ons lewens het betekenis, kwaliteit en rigting. Na aanleiding van Rick Warren se boek : “Die doelgerigte lewe,” besef ons :

• Ons is vir God se behae beplan
• Ons is vir God se familie geskep
• Ons is geskep om soos Christus te word
• Elkeen is geskep om God te dien
• Elkeen is vir ’n sending geskep. Hoe is ons nie? Ten slotte help dit dalk om ’n aanduiding te gee van hoe ons onsself as gemeente nie verstaan nie. Ons is nie outyds, verkramp, eng of eksklusief nie. Ons is nie doods of onveranderlik nie. Ons is nie preuts of uitermate vroom of ortodoks nie. Ons is nie snobisties, egosentries of aanstellerig nie. Ons is nie ’n ryk, meerderwaardige of ‘n blink gemeente, wat graag die kollig steel nie. Ons is nie ’n kompeterende en vertonerige gemeente nie. Ons wil nie die voorblad van die pers haal en uitstallerig wees nie. Ons hou ons nie op met die praktyke van die sondige natuur nie, nl : onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap of uitspattigheid nie. (Gal 5:19)

Uitnodiging

As jy met hierdie waardes vereenselwig, nooi ek jou hartlik uit. Kom besoek ons ’n slag. Kom kyk wat jy sien en ervaar. Miskien is dit net die plek vir jou. Ek sal bly en gelukkig voel as ons gemeente in jou en jou gesin se lewe ’n verskil kan maak. Ek weet van ’n paar honderd gesinne wat hier ’n hawe gevind het, ’n rusplek vir die siel. Ek glo ons kan dit vir jou ook wees.

Dit is weer sulke tyd! 🥳🤩😍Saterdag, 29 Augustus 2026 by NG Kerk Waverley-Oos!🕗 08:00 – 13:00📍 Dickensonlaan 1398, Waverl...
17/08/2026

Dit is weer sulke tyd! 🥳🤩😍

Saterdag, 29 Augustus 2026 by NG Kerk Waverley-Oos!
🕗 08:00 – 13:00
📍 Dickensonlaan 1398, Waverley, Pretoria

Kom maak 'n draai om te sien wat alles te koop is! Bring die kinders, oumas en oupas, jou bure en vriende!

Sien jou dan!

15/05/2026

Gebed vir hemelvaart
by Jaco Thom | 14 Mei 2026 | Gebede, Vertaalde gebede

Ons eer U, Here van hemel en aarde,
aan U kom toe die heerlikheid en lof vir ewig.
Uit die duisternis van die dood het U u Seun verhoog
tot aan die regterhand van u majesteit omhoog.
Die Wegbereider van ons geloof het sy lyding volbring.
Hy het die pad hemel toe vir ons gebaan
en aan ons die beloofde Gees gestuur.
Mag ons gewillig wees om die Weg te volg
en só in die heerlikheid van sy teenwoordigheid te kom
waar liedere van oorwinning vir altyd opklink.
Ons eer U, Vader, Seun en Heilige Gees.
vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of England

Send a message to learn more

06/05/2026

Gen 16 SIEN MEKAAR RAAK!



Ek het nogal simpatie met Sarai se worsteling oor ’n baba. Ek d**k elke egpaar wat al gesukkel het om ’n baba te kry, sal haar optrede verstaan. Jy raak later desperaat en sal amper enige iets doen om ’n baba te kan hê. Vandag is daar natuurlik baie meer opsies beskikbaar as destyds, maar ek d**k nie ons moet Sarai te gou veroordeel oor die plan wat sy gemaak het nie. Dit was ’n aanvaarbare gebruik in daardie tyd, hoe vreemd dit ook al vir ons klink.
Ek wonder net of sy en Abram met God gepraat het oor dié plan van haar. Ons lees nie iets daarvan nie. Dit beteken natuurlik nie noodwendig dat hulle nié daaroor gebid het nie. Maar ek d**k ons kan redelik seker wees dat hulle God nie duidelik gehoor het nie, dis nou ás hulle daaroor gebid het, anders sou die Bybel ons daarvan vertel het.
Wat sou jý gedoen het as jy in hulle posisie was?
Ons lees dat Abram met Sarai saamgestem het, en dis nie lank nie, toe is Hagar swanger. Maar Hagar blyk toe glad nie die sagte, onderdanige slavin te wees wat Sarai ged**k het sy is nie. Sy kan haar nuwe status as byvrou van Abram glad nie hanteer nie, en sy begin neersien op Sarai. Al plan wat Sarai het, is om Hagar te wys wie is baas en wie is slaaf.
En Abram? Ons geloofsheld het voete van klei. Hy wil nie pa staan vir sy besluite nie. Hy val maar ewe gedienstig in by alles wat Sarai voorstel en eis. En toe daar moeilikheid kom, trek hy sy skouers op en sê dit het niks met hom te make nie.
Ek wonder nogal oor Abram. Ek d**k nie dit is ’n oomblik van glorie vir hom hierdie nie. Hier lyk hy darem maar alte veel vir my na dieselfde man wat destyds in Egipte ook maar net gestaan en toekyk het hoe Sarai in die farao se harem beland. Dis mos hoe dit gaan in die geloofslewe: net as jy d**k jy het ’n ent gevorder, gebeur daar iets en jy besef opnuut jy is ’n sondaar.
Snaaks hoe ’n man wat nie bang is om die magtige leër van koning Kedorlaomer aan te durf nie, te bang is om iets te sê as dit kom by menseverhoudings en persoonlike krisisse. Snaaks hoe jy dinge met geweld kan regmaak, maar as dit by verhoudingsprobleme kom, jy nie die moed het om dit uit te praat nie.
Ek wonder of dit die rede is hoekom party ouers eerder op hulle kinders skree as om langs hulle te sit en gesels? Is dit dalk hoekom mense soms iemand by die werk eenkant toe stoot en uitdruk uit hulle verhoudings en gesprekke? Is dit hoekom mense soms so verskriklik katterig met ander is?
Dit was natuurlik Sarai se oplossing ook. Sy boor Hagar in die grond in. Sy kon, want sy was baas. Nie dat Hagar ’n engeltjie was nie; geensins. Sy is minstens net so verantwoordelik vir al die probleme. Hierdie hoofstuk wys vir ons baie duidelik dat konflik en probleme dikwels nie eenvoudig is nie. Dis nie so maklik om bloot ’n skuldige aan te wys en dan is die res onskuldig en dis die einde van die probleem nie.
Is dit nie presies die probleem in ons land nie? Dat ons gedurig op soek is na sondebokke sodat ons vlekkeloos kan bly. Dis húlle wat so is en sus maak. Dís hoekom dinge so treurig is. En so wys ons vingers vir mekaar en swaai vuiste na mekaar en trek laer en vat mekaar glad hof toe.
Probleme het dikwels nie ’n eenvoudige oorsaak nie, en daarom is die oplossings ook meestal nie eenvoudig nie. Ek onthou ek het ’n kollega gehad met wie ek moeilik saamgewerk het. Ek en Elmien het swaar gekry onder hom, en die maklikste was om te sê: Dis alles die kollega se skuld, want hy is ’n moeilike man. En solank ek dit kon sê, was ek mos ’n onskuldige slagoffer wat maar net myself kon jammer kry. Die moeilikheid was net: solank ek my kollega vir alles geblameer het, is ons probleme nie opgelos nie.
Wat ís die oplossing dan? In Genesis 16 gaan jy verniet na Abram of Sarai of Hagar kyk om ’n antwoord te kry. By hulle sien ons net wat ons nié moet doen nie. Maar wat moet ons doen om verder te kom met mekaar?
Uiteindelik is dit God wat ons hier weer kom help. Want dit is op die ou end Hý wat die hele situasie beredder. En hoe doen Hy dit? Hy doen wat Abram en Sarai van die begin af moes doen: Hy sien vir Hagar raak as mens. Dis al! Hy vat nie haar probleme weg nie. Hy onthef haar nie van haar verantwoordelikheid om aan Sarai onderdanig te wees nie. Hy sê gaan terug na jou eienares en onderwerp jou aan haar gesag (vs 9). En – dan gaan sy! Maar sy gaan met dié wete in haar hart: God het my gesien! Ek is iemand vir Hom. Hy ken my naam, Hy gee om wat met my gebeur!
Dís wat van die begin af moes gebeur het: Abram en Sarai moes Hagar raakgesien het as ’n mens. Sy was nie bloot ’n gebruiksartikel nie. Sy was nie maar net ’n slavin met wie hulle kon maak wat hulle wil nie, of soos Abram vir Sarai gesê het: “Doen met haar soos jy goedd**k.”
Eers toe Hagar ontdek: ek word raakgesien, God gee om wat van my word en wat in my lewe aangaan, tóé eers was sy gereed om terug te gaan.
Miskien is hier vanoggend iemand wat soos Hagar daar in die woestyn voel. Miskien voel jy niemand gee vir jou om nie, niemand weet van jou seer of stryd nie. Miskien voel jy hulpeloos of magteloos of moedeloos. Vir jou sê die Woord vanoggend: Gód sien jou raak! Hy gee om! Hy weet wat in jou lewe gebeur. Jy is nié alleen nie.
Maar dalk is jy nie soos Hagar nie. Vir jou en my vra die Woord of ons mekaar nog raaksien as mense wat saam met ons onder God se vriendelike oë leef. Ons kan nie alles oplos nie. Dikwels kan ons baie min doen aan probleme. Maar ons kan iet doen: ons kan begin om, soos God, mekaar raak te sien en ons hande na mekaar uit te steek.
O, dat ons meer soos God sal wees! Dat ons mekaar sal raaksien! Dat ons nie vingers en vuiste vir mekaar sal wys nie, maar mekaar sal omhels soos God ons in Christus Jesus omhels!
Amen.


Seënwense!
Jaco Thom

Send a message to learn more

Address

Dickensonlaan 1394, Waverley. Pretoria
Pretoria East
0186

Opening Hours

Monday 09:00 - 14:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 14:00

Telephone

+27123321951

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Waverley Oos posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share