07/09/2026
Laaste week om kaartjies te koop!
Die NG Gemeente Potchefstroom-Noord se jaarlikse buitelugkonsert vind hierdie Saterdag, 12 September plaas. Ons verwelkom vanjaar die Gingersnap-orkes wat vir groot vermaak sal sorg!
* Kaartjies beloop R3500 vir 'n tafel vir agt mense, maar individuele kaartjies is ook teen R150 beskikbaar.
* By die tafels is kaasborde en wyn ingesluit. Konsertgangers is ook welkom om hul eie koelbokse saam te bring vir iets te ete en te drinke, maar verskeie kosstalletjies sal ook op die terrein wees.
* Die vertoning begin om 18:00, maar hekke open reeds om 16:00.
Besoek of kontak die kerkkantoor by 0716382655 vir kaartjies. Navrae kan ook aan Ds Johan Raubenheimer gerig word op 0823778539. Ons kerk is geleë by Dwarsstraat 21, ingang vanuit Silwerstraat.