Soli Deo Gloria Bediening/Ministries.

Soli Deo Gloria Bediening/Ministries. Sendingwerk in Potchefstroom en omgewing, Noordwes, Suid Africa./Mission work in Potchefstroom and district, North West, South Africa.

26/04/2016

Ons is jammer dat ons hierdie blad nie gereeld opdateer nie, ek bestuur hierdie blad maar het ook 'n persoonlike blad.
Ek moet die volgende aan almal wat belangstel in hierdie blad meedeel dat ons deur Elsie se gesondheid ons Bediening moes verskuif na Potchefstroom. Ons het op 1 Maart 2016 hier in Potchefstroom en omgewing begin met ons bediening. Tans fokus ons eers net op die Bybelskool en die werf van nuwe studente. Ons begin met reelings met plaaslike gemeentes en sekere lidmate om met die Jesusfilm hulle werkers te begin bedien. Ons doen nie biljetverspreiding nie maar gebruik die Jesusfilm met die opvolg film om die mense aan kerke te verbind waar moontlik.

Ons moet ons self nog baie onder leiding van die Heilige Gees, hier basies bekendstel aan mense. Ons vra julle voorbidding hiervoor asook vir Elsie wat met Parkinsen se siekte gediagnoseer is en ons oudste dogter Jorina wat hard veg teen kanker en besig is met chemoterapie.

03/09/2014

Dit gaan goed met ons werk hier. Ons word oorspoel met Jesus se genade en liefde. Ja, ons het so 'n klein probleempie ervaar met my knievervanging 28 Augustus 2014 waar ons weg was vir bykaans 'n maand. Tans gaan dit goed na die operasie en behoort ons eersdaags voluit met ons werksaamhede aan te kan gaan. Dankie vir almal se gebede gedurende hierdie tyd.

Ons sal altyd julle gebede vir ons werk hier nodig hê. Moet asseblief nooit ophou nie.

27/11/2013

Jammer dat ons hierdie blad afskeep, ons moes hierdie blad gekombineer het met Pieter van der Linde se blad. Ek en Elsie is die enigste twee wat in hierdie bediening wersaam is. Ons sal werklik meer hier wil doen en wys hoe dit gaan. Besoek gerus ons ander facebook blad ook.

03/04/2013

In God se koninkryk gaan dit nie oor baasspeel nie, maar oor diens. lees Matt 20: 20- 28. As 'n mens hier in die sendingveld is en jy leef nie Jesus en diens nie, dan werk jy tevergeefs. Dit gaan goed met ons bediening, ons het gedurende Februarie 2013 nodig gehad om weer net stil voor God te word om net weer Sy bevestiging te kry of ons nog doen waarvoor Hy ons hierheen gestuur het. 'n Mens word so maklik betrek by dinge wat niks te doen het met 'n mens se sending hierheen nie. Ons dank Hom dat Hy so getrou is en ons weereens getoon het dat ons Sy evangelie aan die mense moet bekend maak en dissipels vir Hom te maak en die gemeenskap van Pomfret moet dien. Om alles hier te doen het ons baie gebede nodig en versoek ons dat julle wat vriende reeds is vir ons voordurend sal intree by ons Hemelse Vader en ons bekend sal stel aan meer vriende. Ons netwerk is te klein en daarom die versoek. Tegnologie skep tans nog 'n probleem, soms wil ons FB meer dikwels gebruik maar sukkel so bietjie om fotos af te laai wat julle ophoogte kan hou. Miskien moet iemand wat hiermee vertroud is dalk met ons kontak of uitreik hierheen om vir ons touwys te maak.
Ons beleef ook, net soos baie van julle, redelike groot finansiële probleme om al die dinge waarmee ons besig is instand te hou, tans oorleef ons, die Here is baie getrou en raak mense aan wat vir ons finansiëel ondersteun. Ons merk dat hoe groter die netwerk is van die bediening, hoe meer kan ons doen i.t.v. ons fokusse. Mense dra by as hulle ophoogte is van wat aangaan, ons wil en sal dit doen, ons is goeie rentmeesters, maar ons vra vir hulp deur bekendstelling, gebede en bloodstelling aan meer mense, instansies of gemeentes. Ons kan gekontak word op hierdie blad of ons dierekte blad Pieter van der Linde. Ons telefoon nommers is 0836279509 of 0829402090

14/02/2013

Ons is dankbaar dat ons bakkie weer aan die gang is. Ons was nou twee weke sonder die bakkie en sukkel maar daar sonder hom. Baie dankie aan ons God wat mense se harte so aanraak dat ons vir die hestel daarvan kon betaal.

Ons bied 'n Verhoudings seminaar aan op 23 Februarie 2013 vir getroude pare. Ons bid en vetrou dat die Here ons ryklik s...
14/02/2013

Ons bied 'n Verhoudings seminaar aan op 23 Februarie 2013 vir getroude pare. Ons bid en vetrou dat die Here ons ryklik sal seën dat al die genooides sal opdag vir die aand. So 'n aand sal 'n spesiale aand wees vir die mense van Pomfret, wat dit gebeur selde of ooit. Verlede jaar het ond 'n Huweliksvereikinf seminaar aangebied maar die opkoms was maar klein. Bid dat hierdie 'n gtoot sukses sal wees.

13/09/2012

Ons het op 3 September 2012, Maandag aand in Pomfret aan gekom. Dank die Here. Die reis was bietjie veeleisend vir Elsie maar dit het goed gegaan. Ons het sommer dadelik begin met van ons werk in Pomfret. Elsie is besoek deur so 'n klomp gelowiges wat oor haar welsyn kom verneem het en dan ook vir haar kom bid het. Ons is dankbaar teenoor die Here dat die gemeenskap ons weer na 5 weke se weg wees, so welkom laat voel het met ons terugkoms.
Ons terug wees in Pomfret was van korte duur toe ons Vrydagoggend 01:00 'n oproep ontvang dat Elsie se vader oorlede is. Ons het vinnig gepak en baie vroeg die oggend weer die langpad aangevat na Potchefstroom. Ons dank die Here dat haar vader vir 87 jaar deur God hier op aarde tyd gegun was vir sy familie en vriende en wat hy deur sy lewe kon bydra tot die gemeenskap van die Distrik Ventersdorp, meer spesifiek Rysmierbult. Die begrafnis was gister 12 September 2012. ons sal seker tot vroeg volgende week nog hier wees om die gesin te ondersteun en by te staan.
Met al die dinge wat op ons pad kom kan ons nie anders om die Here te loof en te prys vir Sy sigbare liefde wat Hy vir ons het nie.

27/08/2012

Ons kan nie wag om weer met ons werk in Pomfret aan te gaan nie. Die Here is besig om Elsie wonderbaarlik te help om vinnig te herstel. Ons sal Maandag 3 September 2012 oppad terug wees DV.

22/08/2012

Elsie en ek sal eers weer terug wees in Pomfret op 1 September2012. Sy het op 1 Aug 2012 in die Flora Kliniek in Roodepoort 'n groot rugoperasie ondergaan.

25/07/2012

Dit is vir ons 'n moeilike week en 'n half gewees met die afsterwe van Nianda Miriame, een van die lede van ons Bediening, Dinsdagoggend 17 Julie 2012. Sy was nog een van die min pilare van hierdie gemeenskap, ja 'n groot Seder het geval. Sy was die hoof van die Kleuterskool, sy het sopas haar Nehemia kursus volyooi deur die Bybelskool. Die begrafnis is op Saterdag 28 Julie 2012. Ons weet sonder twyfel dat Sy 'n wonderlike verhouding met God gehad het en nou saam met Hom is en hierdie lewe nooit sl verruil vir die lewe wat nou vir haar verby is nie.

09/03/2012
07/03/2012

Doen huis besoek en evangelisasie in Pomfret met Tswanas en Potuguese.

Address

22 Springbok Street, Miederpark
Potchefstroom
2531

Telephone

0836279509

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Soli Deo Gloria Bediening/Ministries. posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share