NHK Potchefstroom Noord

NHK Potchefstroom Noord Baie welkom by die webblad van die gemeente Potchefstroom-Noord van die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika. Ons wil van diens wees.

Volg die skakels om die inligting waarna u soek te ontsluit. Neem daarom die vrymoedigheid om ons te skakel of stuur vir ons 'n e-pos indien u meer inligting verlang.

06/04/2023
NHK POTCH NOORDVAKANSIE KOMPETISIEMOET DIT NIE MIS NIE!!!! NHK POTCH-NOORD bied vir twee gelukkige gesinne (4 persone pe...
30/05/2022

NHK POTCH NOORD
VAKANSIE KOMPETISIE
MOET DIT NIE MIS NIE!!!!

NHK POTCH-NOORD bied vir twee gelukkige gesinne (4 persone per gesin) die geleentheid om 'n midweek vakansie akkommodasie te wen ter waarde van ongeveer R5 000 elk!!!

Kliek op die onderstaande Skakel en ontvang per epos of sms unieke nommer/s wat u in aanmerking laat kom vir gratis vakansie akkommodasie vir gesin by een van hierdie luukse oorde.
https://www.crystalsprings.co.za/gallery.php
of
https://www.mabalingwe.co.za/

Vakansie akkommodasie klaar bespreek vanaf 12 tot 16 September ( Ma - Vr) by Christal Springs Mountain Lodge, Mpumalanga, Pelgrimsrus area!
of
Vakansie akkommodasie klaar bespreek vanaf 12 tot 15 September (Ma - Do) by Mabalingwe Nature Reserve in Bella Bella omgewing!

KLIEK HIER OM IN TE SKRYF:

https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSe5qhjckb6JJ2XMqOXREeCrxZ1qYOXnWzhIX6LkI9ihW5nyHQ/viewform

12/05/2021

Goeie dag, gemeente.

Die teks vir Donderdag aand is Psalm 47.

Prikkelvrae:
Die Psalm loof vir God.
*As en vir wat word die Here alles in die teks geloof?
*Waarvoor kan jy alles die Here loof?
*Hoe loof ons die Here?

2021 is ñ moeilike jaar.
*Wat maak dit vir ons moeilik om die Here met oorgawe te loof?
*Wat maak dat ons voel asof ons uit God se hande wegbreek?
*Kan dit gebeur?

Christus, die antwoord.
Die hemelvaart is afskeid.
*Waarom is ons steeds opgewonde?
*Wat beteken die hemelvaart van Christus vir ons?
*Op watter manier is Christus steeds by ons teenwoordig?

D**k na oor die volgende stelling:
Ten diepste is lof aan Jesus Christus die manier waarop jy dit elke dag vier, daar waar jy leef en beweeg.

Groetnis, ds. Schalk.
Die vrae is voorberei in samewerking met Nou’s.

12/05/2021

Onthou ons spesiale Hemelvaart erediens Donderdag 13 Mei om 18:00

Ons het daarna ons jaarlikse Gemeente Sop aand.

As u dit wil bywoon kontak Bessie Benson by 082 413 9084

05/05/2021

Goeie dag, gemeente.

Die teks vir eerskomende Sondag 9 Mei is Handelinge 10:44-48.

Prikkelvrae:
Verdeeldheid is altyd sleg maar so oud soos die mensdom.
*Mag Christene onder mekaar verdeeld wees?
*Mag Christene bepaalde voorkeure hê?
*Waaroor verskil Christene?
*Waaroor mag Christene nie verskil nie?

Myself en verandering.
*Hoekom mag ek nie oordeel nie?
*Is ek bereid dat die Here my verander?
*Waarmee/hoe verander die Here ons?

Die Heilige Gees en verandering.
*Wat was Petrus besig om te doen toe die Heilige Gees uitgestort is?
*Was daar enige voorwaardes voordat hulle die Heilige Gees ontvang het?
*Hoe leef jy uit dankbaarheid sodat Jesus Christus verheerlik word?

D**k na oor die volgende aanhaling:"Jesus het nooit gekom om ons minder te maak nie. Hy kom altyd om ons meer te maak." (Joseph Parker)

Groetnis, ds. Schalk.

Moet nie dat jou kind die ongelooflike Robotics werkswinkel mis nie. Dit word aangebied by die NHK Potch Noord, 15 Henni...
22/04/2021

Moet nie dat jou kind die ongelooflike Robotics werkswinkel mis nie. Dit word aangebied by die NHK Potch Noord, 15 Hennie Bingle Straat vd Hoff park, Saterdag 15 Mei om 10:00 – 12:00 en 13:30 – 15:30 - Slegs R300 per 2 ure sessie

Die Robotics werkswinkel is BAIE pret en kinders werk op 'n rekenaar met speletjies (baie soos Mine craft) en leer hoe robotte werk en hoe basiese programmering werk. Dan bou hulle self 'n robot amper soos Lego Blokkies wat hy of sy self met baie pret met prentjies programmeer om op 'n pad te stap. Dit is baie leersaam en baie pret vir alle kinders 5 jaar en ouer.. Pappas en mammas ook welkom om in te skryf as hulle ook die pret wil deel saam met die kinders.

Indien moontlik bring net 'n skootrekenaar (laptop) of Tablet saam die speletjies kan hulle by die huis verder speel ook. As julle nie 'n skootrekenaar het nie, geen probleem nie reel asseblief dan net 3 dae voor die tyd dat ons kan sorg vir 'n rekenaar.

Whatsapp ons vandag en verseker jou plek by 072 905 5701 of vir meer inligting skakel Lynn by 061 790 5108. Daar is ook pannekoek te koop op die dag so moet dit nie mis nie…

11/03/2021

Goeie dag gemeente.
Die teks vir Sondag is Efesiërs 2:1-10.

Prikkelvrae:
Ons het al heelwat in die lewe verniet ontvang.
*Wat is die grootste geskenk wat jy al ooit gekry het?
*Met watter kriteria het jy bepaal dat dit die grootste geskenk was?

*Wat beteken dit om volgens die teks geestelik dood of geestelik lewend te wees?
*Wat d**k jy bedoel Paulus in hierdie gedeelte met genade, redding en geloof?

*Wat sê Paulus moet ons doen om gered te word?
*Wat het Jesus Christus vir ons gedoen om genade vir ons te bewerkstellig?
*Kan ons hierdie genade as ñ geskenk beskryf?

Die teks stel dat ons die genade onverdiend ontvang. Christus het jou dus voluit lief.
*Beteken dit dat ek nou kan lewe soos ek wil?
*Hoe lyk die mens se lewe wat reageer op die genade wat Jesus Christus bied?

In hierdie moeilike tyd.
*Kry jy dit steeds reg om dankbaar te leef en hoe doen jy dit?

Doen introspeksie oor jou lewe tot dusver.
Skryf alles neer en hoe jy daaroor voel, veral die dinge in die verlede wat jou toekoms beïnvloed. As jy klaar oor ñ saak ged**k het, maak die stelling "maar God" en voltooi dan die sin.

Kom ons leef steeds verantwoordelik.
Groetnis, ds. Schalk.
Die vrae is voorberei in samewerking met Nou’s.

03/03/2021

Goeie dag gemeente.
Die teks vir Sondag 7 Maart 2021 is Genesis 9:8-17.

Prikkelvrae:
Mense stel teleur.
D**k maar aan Adam, Eva en Kain. Lees vers 5 en 6 van Genesis 6.
*Hoe het die Here gevoel toe die mens net slegte dinge gedoen het?
*Wat was die resultaat van die mens se sonde?

Tog spaar die Here Noag se lewe en sluit ñ verbond met hom.
*Hoe veilig voel jy in vandag se lewe?
*Hoe moes Noag na die verskriklike verwoestende vloed gevoel het?
*Wat sou deur sy gedagtes gaan wanneer hy donderwolke sien saampak?

Die Here bied troos deur Homself opnuut aan Noag en sy gesin te verbind.
*Hoe voel dit vir ñ kind as hy weet sy ouers naby is?
*Bied God se teenwoordigheid vir jou troos?

Die Here weet wat Noag se grootste krisis is.
ñ Volgende vloed. Daarom ñ belofte en ñ teken.
*Wat was die belofte en die teken?
*Ons leef duisende jare later. Het God die mensdom weer met ñ vloed verwoes?
*Kan ons daarom sê dat God sy beloftes ook in ons tyd hou?
Het jy onlangs die reënboog raakgesien?
Hoe moet ons lewe as ons aan die teks d**k?

Deur Jesus Christus word ons gebroke verhouding met die Here finaal herstel.
*Wat word deur Jesus se opstanding aan ons bevestig?
*Help die teks jou om te glo dat jy die Ewige Lewe gaan beêrwe?

D**k na oor die volgende stelling: Will Rogers was gevra wat hy d**k verkeerd is met die wêreld? En sy antwoord: "I don't know. I guess it's people"

Groetnis, ds. Schalk.

10/02/2021

Goeie dag gemeente.
Die teks vir Sondag 14 Februarie is 2 Kor.4: 3 - 6.

Prikkel vrae:
Paulus praat van ñ sluier.
*Wat is ñ sluier?
*Wat maak dat ons by tye voel dat ons die Here nie kan sien nie?

Die sluier is afgehaal met die opstanding van Jesus Christus.
*Wie is die god van die wêreld?
*Wat maak die mens blind vir die Bybelse boodskap van Jesus Christus?

*Wat beteken dit as ons ter wille van Christus die dienaars van ons mede Christene word?

*Wat is die verskil tussen skyn en reflekteer?
*Skyn of reflekteer ons die Evangelie van Jesus Christus?

*Ons het almal die opdrag om die Evangelie met ander te deel. Hoe doen jy dit?

D**k na oor die volgende stelling: "Niemand skyn sonder om (uit) te brand nie. Daarom, laat Christus deur jou skyn."

Groetnis, ds. Schalk.

Address

15 Hennie Bingle Road
Potchefstroom
2531

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NHK Potchefstroom Noord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NHK Potchefstroom Noord:

Share