Afrika Evangeliese Bond, Oos-Kaap

Afrika Evangeliese Bond, Oos-Kaap The Africa Evangelistic Band or Association (AEB) is an interdenominational missionary organisation d in his district. We also hold family camps and youth camps.

The Africa Evangelistic Band or Association (AEB) is an interdenominational missionary organisation doing evangelistic work in South Africa since 1924. This organisation was initiated or started by three Irish ladies that came to South Africa for health reasons. They began working among the police, but when they saw the need in remote villages of South Africa, they longed for a mission in South Af

rica similar to that of the Faith mission in Ireland. The motto of our mission is “Seek ye first the Kingdom of God” derived from Mathew 6:33. Our calling in the AEB is to proclaim the Gospel of the Lord Jesus Christ where ever we can get an opportunity. Furthermore, we are a faith mission, and therefore do not ask for money when we share the Gospel. We put our trust in God to provide for us financially while we give all our attention sharing the Gospel of Jesus Christ. The work of the AEB is divided into 10 different districts. Each district has a District Superintendent or someone that takes charge to arrange outreaches, etc. Then there are the younger workers that often move from district to district to help with outreaches, and camps etc. We get opportunities to minister at schools, children’s homes, businesses, old age homes, churches, and prisons. Then we have bookshops with good literature (although only one in South Africa, there is quite a few in Namibia). In smaller towns we also get the opportunity to visit people from door to door, or in their homes. What is our method? At a typical school opening one will usually share a testimony of salvation, and then another will bring a short message from Scripture. At the primary and pre-primary schools we also do puppet shows, thus making it easier for the little children to understand the Gospel. We find that there is great need in the schools. Therefore we try to reach as many schools as possible. At churches and old age homes we also sing and sometimes play on different music instruments. In the same way we also use opportunities at businesses to share testimonies and bring a message from Scripture. Praying with, and encouraging individuals, is usually part of such outreaches. Our goal above anything else is that precious souls may find salvation in the wonderful Saviour, Jesus Christ. That through Him they may receive forgiveness of sins, and receive a new life though the Holy Spirit. And that the children of God may be encouraged to be a light in this dark world. This is ‘n short summary of who we are, and what we do. For further information please see our website www.a-e-b.org . There is also a video on YouTube that will give you a glimpse of the 90 years of the AEB’s existence: http://youtu.be/Nlz4kOoQMmc

Van Konferensie, kinderdiens in Uitenhage, besoeke in PE en Jeffrey's tot Karatara is die Here getrou om te help deur di...
26/09/2025

Van Konferensie, kinderdiens in Uitenhage, besoeke in PE en Jeffrey's tot Karatara is die Here getrou om te help deur die afgelope weke!

Baie baie dankie vir elke gebed wat u vir ons bid. Ons is so afhanklik van die Here Jesus.
Ons is tans in Karatara en ons jeugkamp begin DV volgende naweek (3-5 Okt).

🙏🏻🌸🙏🏻🌸🙏🏻🌸🙏🏻🌸🙏🏻

Almal is welkom! Bespreek net vroegtydig genoeg by die nommer op elke uitnodiging! (Net paar kilometer buite PE 🚘)Moet d...
13/08/2025

Almal is welkom!

Bespreek net vroegtydig genoeg by die nommer op elke uitnodiging!
(Net paar kilometer buite PE 🚘)

Moet dit nie mis nie! Ons sien uit na wat die Here vir ons wil sê. Deel graag met jou vriende en tieners!

Bid ook asseblief solank vir hierdie geleenthede! 🙏🏻🙏🏻🙏🏻

11/08/2025

Môre môre!

Ons was bietjie stil die afgelope tyd, maar wil graag deel waarmee ons besig was. 😊🌼

Ons was by verskeie Vakansiebybelskole betrokke in die Noord-Kaap, Noord-Wes en Suid-Transvaal. Ons kon besoeke doen en openinge waarneem.
Ons is tans in Potch, dan Noord-Kaap toe, dan terug Oos-Kaap toe. 🙏

● 11 - 21 Aug: Besoeke in Noord-Wes
● 22 - 28 Aug: Orania Uitreik

Dan terug Oos-Kaap toe 🚗

● 5-7 Sep: Familiekonferensie op Hebron
● Die res van die maand is ons besig met besoeke en reis na dorpies
● 3-5 Okt: Jeugkamp op Hebron

Baie dankie vir elkeen wat getrou vir ons bid. Asb hou aan om vir ons te bid! 🤍🙏🤍

Môre! 🌸 Hoop dit gaan baie goed 🙏🏻 Ons het 'n baie geseënde en baie bemoedigende gebedskonferensie gehad die afgelope we...
24/06/2025

Môre! 🌸 Hoop dit gaan baie goed 🙏🏻

Ons het 'n baie geseënde en baie bemoedigende gebedskonferensie gehad die afgelope week. Ons harte is só versterk om die stem van die Here te hoor deur die boodskappe, saam as familie in Christus tyd te spandeer en getuienisse te deel oor hoe die Here in elke distrik werk.
Ons het Saterdag potjiekos kompetisie gehou en natuurlik ook lekker aktiwiteite gehad wat ons maagspiere laat pyn het van al die lag 🤣🏐🏃🏼‍♀🏃

Ons is so dankbaar vir die Here se hand oor die AEB. Bid asseblief vir ons as Bond vir die volgende 6 maande se werk wat voorlê. Sonder die Here Jesus sal ons dit NIE kan doen nie. 🙏🏻
"There are souls to rescue, there are souls to save, send the LIGHT. Send the LIGHT, the blessed Gospel Light"

Môre aan elkeen! Hoop dit gaan goed 🌸 Jammer dat ons so stil was die afgelope tyd. Vanaf die Paaskamp, wat baie geseënd ...
31/05/2025

Môre aan elkeen! Hoop dit gaan goed 🌸

Jammer dat ons so stil was die afgelope tyd.
Vanaf die Paaskamp, wat baie geseënd was, het ons Noord-Wes toe gekom en 'n CEF kursus bygewoon oor kinderwerk.
Ons is vir die 2de kwartaal werksaam in die Noord-Wes. Hierna maak ons vir 'n paar weke 'n draai in die Noord-Kaap en dan gaan ons terug Oos-Kaap toe vir die 3de kwartaal.

Hou asb aan om vir ons te bid soos ons orals rondry en bedien. 🙏🏻
Suné en Jan Harm is steeds werksaam in die Oos-Kaap. Hou asb aan om vir hulle te bid en vir ons kampterrein se opsigters, Natanja en Eugene. 🌸🙏🏻

Vir die afgelope 2 weke was ons in Karatara/Sedgefield omgewing en buite Prins-Albert op 'n plaas om die plaaswerkers te...
27/03/2025

Vir die afgelope 2 weke was ons in Karatara/Sedgefield omgewing en buite Prins-Albert op 'n plaas om die plaaswerkers te bearbei. 🙏

Ons het 'n besonderse geseënde tyd in Karatara en Sedgefield gehad. Dit was wonderlik om ook saam as gelowiges mekaar te kon versterk in die geloof. Ons kon ook huis tot huis gaan en straatwerk doen om traktaaitjies uit te deel. Ons gebed is dat die mense Jesus sal vind as die Weg, die ANTWOORD! 🙏 Bid asseblief vir die mense hier en ook vir die plaaswerkers wat die Woord gehoor het. 🙏

Jan-Harm het plaasbesoeke buite die dorpies gedoen en het 'n baie geseënde tyd daar gehad. Bid asseblief vir hom waar hy die boere wil bereik vir Jesus. 🙏

Ons hart is: dat verlore mense Jesus sal vind en dat kinders van die Here 'n diepe wandel met Jesus sal hê! 🙏

Dankie vir elkeen se gebede! 🙏🌸

19/03/2025

● Hierdie Tannies het sommer lekker koffie gedrink uit hulle AEB 100 jaar bekers! Jy kan ook en dan sommer vir ons bid! 🌸🙏

● ONTHOU - Ons het ook nog USB stokkies beskikbaar met die liedjies wat ons opgeneem het!
Die Here Jesus het ons vir 100 jaar deurgedra en ons het OMTRENT gesing om dit te vier!

Stuur 'n persoonlike boodskappie as jy belangstel in 'n USB stokkie of 'n beker en ons sal terugkom na jou! 🙏🌸

10/03/2025

Hier is weer 'n kort lessie vir die KINDERTJIES! Deel asb met iemand wat 'n kindjie het en neem ons hand om die Evangelie te deel! 🙏❣️
AEB Nuus

Dankie vir elkeen van julle wat saam ons gebid het vir die Vrouekamp wat laas naweek plaasgevind het. Ons is so dankbaar...
07/03/2025

Dankie vir elkeen van julle wat saam ons gebid het vir die Vrouekamp wat laas naweek plaasgevind het. Ons is so dankbaar vir elke vrou wat gekom het, dat die Here Jesus deur Tannie Erica met ons gepraat het en vir diegene wat reageer het vir behoefte!
Ons kyk terug en sê: "Die Here het voorsien, op elke gebied!" Hallelujah! Prys die Here! Hy is goed. Hou asb aan om te bid vir die vrouens dat die tema "'n Merkwaardige Vrou" waarlik so ons elkeen se deel sal wees, nie oor wie en wat ONS is nie, maar oor wie Jesus IS en deur ons Homself wil uitleef! 🙏🏻🌸🤍

Hier is OMTRENT nou 'n klompie foto's waar jy kan deurkyk van die afgelope 2 weke se uitreik op die plattelandse dorpe! ...
27/02/2025

Hier is OMTRENT nou 'n klompie foto's waar jy kan deurkyk van die afgelope 2 weke se uitreik op die plattelandse dorpe! 🪷🙏

Ons het soveel seën ervaar en terugvoer tenspyte van siekte tussen-in. Die Here het ons deurgedra. Die damestee was besonders geseënd gewees en dit was goed om onderwysers ook daar te hê saam wie ons al lank 'n pad meer stap.

Ons het verskeie openinge gehad en het 'n Kleuterskooldag in Aliwal-Noord gehad waar daar +- 180 kleuters gekom het. Ons sal net na hierdie plasing 'n videotjie opsit sodat julle kan sien. Die Here het ons só gehelp. 'n Eenvoudige programmetjie waar ons die kernwaarheid kon deel: "God is STERK". Ons is dankbaar vir elke skooltjie wat deelgeneem het en die Here Jesus het in alles voorsien om dit te hou! 🙏

Ons laaste draai was in Queenstown voordat ons teruggekeer het PE toe vir 'n bietjie rus! 🙏

Address

Port Elizabeth

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Afrika Evangeliese Bond, Oos-Kaap posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Afrika Evangeliese Bond, Oos-Kaap:

Share