Kompaslewe

Kompaslewe Kom soos jy is! Soek jy na 'n geestelike huis? Vervulling in dit wat jy vir die Here wil doen? Jou kids is ook baie welkom!

Of miskien verstaan jy nie die "kerk" ding nie en het vrae oor godsdiens... By ons is jy welkom, kom soos jy is! Kompas Christelike Lewe is 'n gemeente in die Stad, Afrikaans sprekend, waar ons passievol is oor mense en ernstig oor God. Met relevante woordbediening, 'n gemaklike (laid back) atmosfeer en Heilige Gees vervulde aanbidding kan jy God saam met ons beleef. En die belangrikste is dat jy

NIE perfek hoef te wees voor ons jou aanvaar nie. As jy vrae het sal ons jou nie veroordeel nie maar probeer om dit te antwoord. As daar "issues" en "stuff" in jou lewe aan die gang is sal ons jou help om in oorwinning te lewe. As jy 'n plek nodig het om te herstel (maak nie saak waarvan nie) sal jy 'n veilige plek by ons vind. Vir navrae besoek gerus ons webtuiste by http://www.kompaslewe.co.za , of kontak ons by 083 232 6754 of 041 360 0771. Kom kuier gerus vir ons op Sondag oggende @ 09h00 in die Kabega Park Scout Saal (In Avondale weg).

Address

Port Elizabeth
6045

Opening Hours

09:00 - 10:15

Telephone

+27413600771

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kompaslewe posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share