ABKPE Welkom by die Afrikaanse Baptiste Kerk (ABK) PE se Facebook blad, seënwense. Ds. Tian

U word vriendelik uitgenooi na Geopende deure se besoek aan ABK PE. 6 JULIE 20259VM18 7DE LAANNEWTON PARK
23/06/2025

U word vriendelik uitgenooi na Geopende deure se besoek aan ABK PE.

6 JULIE 2025
9VM
18 7DE LAAN
NEWTON PARK

04/01/2025

Goeie naand vriende.

Net n vriendelike herinnering ...

Môre oggend sal ons ons eerste nagmaal vir 2025 vier.

Ons tema vir die boodskap sederdien verlede week is: "Hoe om te beweeg van oorleef na floreer"

Ons teks is Joh. 10:1-14.

Sien môre 😌
Die erediens begin om 9vm

25/11/2024
Goeie middag vriende.Ek herinner julle aan ons huwelik seminaar en die RSVP datum van 19 Julie.Sessie  #1 - 23 Julie om ...
08/07/2023

Goeie middag vriende.

Ek herinner julle aan ons huwelik seminaar en die RSVP datum van 19 Julie.

Sessie #1 - 23 Julie om 17:00.

Tema: "Wat het van die maanskyn en rose geword?"
(konflik in die huwelik)

Sessie #2 - 30 Julie om 17:00.

Tema: "So gebore en so laat staan?"
(Temperament verskille en die impak daarvan op die verhouding)

Ons behoort elke keer teen 18:30 klaar te maak 👌🏻 DV

24/06/2023

Goeie middag vriende.

Neem asb kennis:

1. Daar sal koffie en tee bedien word na die erediens môre oggend.
Bly gerus en kuier saam.

2. Môre aand om 18:00 is dit weer fliek aand.
Ek glo die film is n "game changer" vir die toekoms van ABK PE.

As jy wil weet hoekom ons hierdie films wys, as jy ernstig is oor jou verhouding met die Here Jesus en as jy besef dat ons in die laaste dae lewe en aan die Here gehoorsaam moet wees sal ek jou ernstig aanraai om dit by te woon.

Nooi gerus vriende en familie vir wie jy regtig omgee. Dit mag dalk net n baie groot impak op hul lewe hê ✝️
Kom n rukkie vroeër en geniet n lekker warm bekertjie 🫖☕🍵 saam met ons.

In verband met die pannekoeke :

Oom Louis vra groot asb dat julle op die laatste môre oggend julle pannekoek bestellings vir die fliekaand, op die lys in die voorportaal sal plaas.

Byvoorbaat dank.
Ek sien uit om julle almal weer môre oggend by die erediens te sien. 😌

03/04/2023

Goeie môre vriende.

Net n vroegtydige kennisgewing.

Ons Goeie Vrydag diens sal om 8:30 gehou word.
EN, ons gaan ook Vrydag oggend nagmaal vier.

Op eerskomende Sondag sal ons erediens soos normaal om 9vm wees.

Bid asb solank saam met my vir groot seën vir hierdie naweek se dienste en dat die Here ons harte sal ondersoek en versterk 😇

Address

18 7de Laan
Port Elizabeth
6055

Opening Hours

Wednesday 19:00 - 20:00
Sunday 09:00 - 10:30

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ABKPE posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to ABKPE:

Share