NGK Newtonpark

NGK Newtonpark Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from NGK Newtonpark, Religious organisation, Mowbraystraat, Newtonpark, Port Elizabeth.

Ons visie is om vir mense wat broos en koersloos is, 'n tuiste te skep waar hulle die Here kan ontmoet, Sy liefde kan ervaar en weer genees kan word sodat hulle weer hul lewensreis kan voortsit. Ons waardes is:
- God se visie vir die gemeente te onderskei en getrou uit te leef
- God roep, vorm en stuur ons deur Sy woord (dissipelskap)
- Ons manier van leef en lief hê, stal die waarheid voor die wêreld uit

Somerstrand Gemeentenooi alle studente na 'n Studentekamp. Die tradisionele Eerstejaarskamp sal van volgende jaar af, in...
03/12/2016

Somerstrand Gemeentenooi alle studente na 'n Studentekamp. Die tradisionele Eerstejaarskamp sal van volgende jaar af, in samewerking met ander NG Kerke in Port Elizabeth, 'n Studentekamp wees. Daar gaan steeds aspekte van 'n eerstejaarskamp wees, soos raad oor kampus en studentelewe, maar dit is meer uitgebrei vir alle studente.
Studentekamp 2017 se tema is "En route: The Road Less Travelled".
Besonderhede
• 17-20 Januarie 2017
• Sumcay-kampterrein
• R800 pp
Inligting en inskrywings: http://ngkerksomerstrand.co.za/studentekamp/

WELKOM BY DIE BESTE TYD VAN JOU LEWE! (Click here for English) Hoërskool is iets van die verlede…WHAAAT!! En nou is dit UniversiTYD! (See what I did there?) Kom skop hierdie opwindende tyd van jou …

02/12/2016

Wanneer ons in die oë van God kyk
kom daar ʼn nuwe helderheid in ons oë
Wanneer ons die liefde van God ervaar
steek dit ʼn nuwe vlam in ons lewens aan
Wanneer ons die verlossing van Christus beleef
gee dit ons vrymoedigheid om voluit te leef
Wanneer ons in die teenwoordigheid van God leef
skenk Hy ons die krag om tsv teenspoed
en hindernisse te volhard
Wanneer ons soos ʼn kind
met vertroue en afhanklikheid na God kyk
neem Hy ons hand en lei Hy ons
deur hierdie lewe na die Vaderhuis.

Senior burger ete -12 November
22/11/2016

Senior burger ete -12 November

22/11/2016
21/07/2016

Lidmate word opgeroep om te bid vir die munisipale verkiesing.

07/06/2016

THE LOGOS HOPE IN PORT ELIZABETHThe ship is berthed at the multi-purpose terminal which can be accessed from the Fleming Street entrance to the harbour and will be open to the public from 9th to 19th June  2016. Visiting hours are: Wednesday to Saturday - 10am to 9pm; Sunday to Tuesday - 2pm to 9pm....

26/05/2016

Vrydag 3 Junie word ons basaar om 16:00 geopen deur Ds. Christo Van Heerden. Daar gaan heerlike kos te koop wees: Potjiekos, hamburgers, sosaties en boereworsrolle, kerrievetkoeke, slaptjips en wat sal ‘n basaar wees sonder jaffels! Vir nagereg heerlike basaarpoeding en pannekoek. Kom koop ‘n koek of tert vir Sondagmiddag en lekker beskuit vir jou vroegoggendkoffie. Vars groente uit die Gamtoosvallei en hoë gehalte vleis teen baie billike pryse sal beskikbaar wees. Kom snuffel rond by die koöperasietafel vir ‘n winskopie. Kom koop jou aandete oppad huis toe of kuier lekker saam oor ‘n koppie koffie. Vir die kinders is daar ‘n lekkergoedtafel vol verassings en skyfskiet vir die meer avontuurlustiges. Moenie uitmis nie! Kontak Heleen Schutte by die kerkkantoor vir enige navrae. Tel: 041 365 2169

Daar is dit nou gedoen. Die 2 Oceans  halfmarathon . Saam my suster uit China gedoen. Nou kan ons die orrel ook regmaak
27/03/2016

Daar is dit nou gedoen. Die 2 Oceans halfmarathon . Saam my suster uit China gedoen. Nou kan ons die orrel ook regmaak

19/03/2016

Knie súkkel, het vandag gekyk of ek dit vinnig genoeg sal kan stap. So far, so good!

Die oubaas se knie is nou nogal erg seer, so hy sit bietjie soos n uil op 'n kluit. Het gister gaan stap, was oraait, ma...
18/03/2016

Die oubaas se knie is nou nogal erg seer, so hy sit bietjie soos n uil op 'n kluit. Het gister gaan stap, was oraait, maar vandag weer seer, sal maar sien later.

Address

Mowbraystraat, Newtonpark
Port Elizabeth
6045

Opening Hours

Monday 09:00 - 11:00
Tuesday 09:00 - 11:00
Wednesday 09:00 - 11:00
Thursday 09:00 - 11:00
Friday 09:00 - 11:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NGK Newtonpark posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NGK Newtonpark:

Share