Filadelfia Gemeente, Port Elizabeth

Filadelfia Gemeente, Port Elizabeth Ons glo in God, die Vader, Seun en Heilige Gees soos Hy homself in ons
tyd deur die Woord en die werking van sy Gees openbaar.

The Lord is my shepherd, I lack nothing.[Read the whole Psalm]Psalms 23:1 NIVhttps://psalm.bible/psalm-23-1THE GOOD SHEP...
17/02/2023

The Lord is my shepherd, I lack nothing.
[Read the whole Psalm]

Psalms 23:1 NIV

https://psalm.bible/psalm-23-1

THE GOOD SHEPHERD

Toe Jesus sê Hy is die Goeie Herder, het sy dissipels dadelik die woorde van Psalm 23 onthou.

As die Goeie Herder jou herder is, het jy niks anders nodig nie.

Saam met Hom is daar oorvloedige rus, vrede en nuwe krag.

Solank jy die Goeie Herder volg, sal jy nooit verdwaal nie.

In Sy teenwoordigheid hoef jy geen donker dieptes te vrees nie, want Sy hande beskerm jou teen die roofdiere van die lewe.

Jy is die Goeie Herder se eregas. Hy het n spesiale sitplek by Sy feesmaal vir jou gereserveer. Jy word bedien met die oorvloed van God se liefde en goedheid.

Dit is n feesmaal waar die kos nooit opraak nie ... en as jou aardse lewe tot n einde kom, gaan die feesmaal voort in die hemel ...

Psalm 23:1 - The LORD is my shepherd, I lack nothing.

He personally carried our sins in his body on the cross so that we can be dead to sin and live for what is right. By his...
16/02/2023

He personally carried our sins in his body on the cross so that we can be dead to sin and live for what is right. By his wounds you are healed.

Once you were like sheep who wandered away. But now you have turned to your Shepherd, the Guardian of your souls.
1 Peter 2:24‭-‬25 NLT

https://bible.com/bible/116/1pe.2.24-25.NLT

THE GUARDIAN OF YOUR SOULS

Jesus, die Bewaker van siele, was hierdie mense se Herder nog voordat hulle Hom geken het. Hulle het rondgedwaal soos skape sonder n herder, omdat hulle Hom nog nie ontmoet het nie.

Jesus, die Bewaker van ons siele, is ons Herder en Hy werk in ons lewe sonder dat ons daarvan bewus is. Hy ken die gevaarlike plekke en Hy weet waar die 'roofdiere' skuil. Hy loop voor ons uit en lei ons na veilige plekke, soos Johannes 10 sê, want Hy is die Goeie Herder.

Vandag sal Hy ons op die regte paaie lei, selfs al verstaan ons nie hoekom ons lewenspad hierdie draaie maak nie.

Een ding kan ons weet: Die Goeie Herder is die Bewaker van ons siele ...

He personally carried our sins in his body on the cross so that we can be dead to sin and live for what is right. By his wounds you are healed. Once you were like sheep who wandered away. But now you

So they left by boat for a quiet place, where they could be alone. But many people recognized them and saw them leaving,...
15/02/2023

So they left by boat for a quiet place, where they could be alone.

But many people recognized them and saw them leaving, and people from many towns ran ahead along the shore and got there ahead of them.

Jesus saw the huge crowd as he stepped from the boat, and he had compassion on them because they were like sheep without a shepherd. So he began teaching them many things.
Mark 6:32‭-‬34 NLT

https://bible.com/bible/116/mrk.6.32-34.NLT

SHEEP WITHOUT A SHEPHERD

Die mense was so gretig om Jesus se boodskappe te hoor, hulle het Hom gevolg oral waar Hy gegaan het. Selfs nie eers as Hy wou rus, het hulle Hom alleen gelaat nie.

Hulle was soos skape sonder n herder - dwalende en soekende na die Waarheid van God se Woord en Jesus se liefde. Jesus se lering het die Waarheid van God aan hulle openbaar en hulle kon nie genoeg daarvan kry nie.

Gelukkig hoef ek en jy nie soos skape sonder n herder rond te dwaal nie. Ons het n Goeie Herder. Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe.

Die eintlike vraag is: Het jy nog die begeerte om Hom op te soek, soos die skare wat agter hom aangegaan het?

Die gevaar is dat Jesus se boodskap 'ou nuus' word ... en mense d**k hulle het dit nie meer nodig nie ... dan is jy soos n skaap sonder n herder.

So they left by boat for a quiet place, where they could be alone. But many people recognized them and saw them leaving, and people from many towns ran ahead along the shore and got there ahead of the

My sheep listen to my voice; I know them, and they follow me. I give them eternal life, and they will never perish. No o...
14/02/2023

My sheep listen to my voice; I know them, and they follow me. I give them eternal life, and they will never perish.

No one can sn**ch them away from me, for my Father has given them to me, and he is more powerful than anyone else. No one can sn**ch them from the Father’s hand.
John 10:27‭-‬29‭ NLT

https://bible.com/bible/116/jhn.10.27-32.NLT

NO ONE CAN SN**CH THEM AWAY FROM ME

Die ewige lewe wat Jesus aan ons gee, is onvernietigbaar. Niks en niemand kan dit van ons wegneem nie.

Niks wat met ons in hierdie lewe kan gebeur - goed of sleg - kan ons uit die hand van Jesus ruk nie.

Hierdie vaste sekerheid gee troos en krag in tye van krisis. Ja, selfs die dood kan ons nie uit die hand van Jesus ruk nie.

Ons is veilig in die hande van ons Goeie Herder - altyd en in alle omstandighede. Dit is een van die sterkste beloftes wat ons in die Bybel kan lees.

Ons weet wat die finale uitslag van ons aardse wedloop sal wees. Ons is "meer as oorwinnaars deur Christus wat ons liefhet" [Romeine 8:37]. Daarom hoef ons nie te vrees vir enige tydelike teëspoed of terugslag nie.

Weet vandag verseker: Jesus is jou Goeie Herder. Jy is n oorwinnaar. God het jou lief.

My sheep listen to my voice; I know them, and they follow me. I give them eternal life, and they will never perish. No one can sn**ch them away from me, for my Father has given them to me, and he is m

“I am the good shepherd; I know my own sheep, and they know me, just as my Father knows me and I know the Father. So I s...
13/02/2023

“I am the good shepherd; I know my own sheep, and they know me, just as my Father knows me and I know the Father. So I sacrifice my life for the sheep.
John 10:14‭-‬15 NLT

https://bible.com/bible/116/jhn.10.14-15.NLT

THE GOOD SHEPHERD

Om vrugte te dra wat sal hou [Johannes 15:16], moet die boom goed versorg en behandel word teen peste en siektes. In hierdie opsig sluit die beeld van die goeie herder aan by die boom wat moet vrugte dra, want hiermee sê Jesus Hy bekerm sy dissipels teen diewe en rowers wat kom om te steel en slag en uitroei.

Die Goeie Herder ken Sy skape. Hy ken elkeen by die naam. Hy weet alles van my en jou soos wat Hy en die Vader mekaar ken. Met Goddelike Wysheid ken en beskerm Jesus ons elke dag. Wat n groot gerusstelling is dit nie!

Dan sê Jesus verder: "... en die skape ken My". Niemand kan God ken soos Hy ons ken nie, maar elke dag leer ons meer van Hom. Vandag het ons weer n kans om God beter te leer ken. Volg net die Goeie Herder en jy sal nie teleurgestel word nie.

Jesus beskerm Sy skape tot die finale einde toe, want Hy lê Sy lewe af vir hulle. Dit het Hy bewys toe Hy aan die kruis vir ons gesterf het.

Dit is hoekom Hy die Goeie Herder is. Hy los ons nie halfpad nie. Inteendeel, Hy is by elkeen wat siek is, sterwende is, die wat treur, die wat ly ...

Steek net jou hand uit, want die Goeie Herder staan langs jou.

“I am the good shepherd; I know my own sheep, and they know me, just as my Father knows me and I know the Father. So I sacrifice my life for the sheep.

“Arise, Jerusalem! Let your light shine for all to see. For the glory of the Lord rises to shine on you. Darkness as bla...
10/02/2023

“Arise, Jerusalem! Let your light shine for all to see. For the glory of the Lord rises to shine on you.

Darkness as black as night covers all the nations of the earth, but the glory of the Lord rises and appears over you. All nations will come to your light; mighty kings will come to see your radiance.
Isaiah 60:1‭-‬3 NLT

https://bible.com/bible/116/isa.60.1-3.NLT

LET YOUR LIGHT SHINE ... FOR ALL TO SEE

Die Here loop n lang pad met die volk Israel van die tyd van Abraham af; Hy betoon Sy liefde en genade aan hulle, sodat Israel n lig vir die nasies kan wees.

Israel is God se demonstrasie-model. Deur Israel wys Hy wie Hy is; hoe groot Sy liefde is; hoe geduldig Hy met mense is - selfs al keer hulle hulle rug op Hom.

Noudat Hy hulle gered het, is hulle n lig vir die ander nasies wat nog in duisternis en ongeloof leef. Al wat hulle moet doen is om hulle lig te laat skyn.

Jesus sê ook: "Julle is die lig vir die wêreld. n Stad wat op n berg lê kan nie weggesteek word nie ..." (Matteus 5:14).

Laat jou lig vandag skyn ... vir almal om te sien!

“Arise, Jerusalem! Let your light shine for all to see. For the glory of the LORD rises to shine on you. Darkness as black as night covers all the nations of the earth, but the glory of the LORD rises

Send out your light and your truth; let them guide me. Let them lead me to your holy mountain, to the place where you li...
09/02/2023

Send out your light and your truth; let them guide me. Let them lead me to your holy mountain, to the place where you live.

There I will go to the altar of God, to God—the source of all my joy. I will praise you with my harp, O God, my God!
Psalms 43:3‭-‬4 NLT

https://bible.com/bible/116/psa.43.3-4.NLT

GUIDED BY LIGHT AND TRUTH

Psalm 43 is die gebed van iemand wat deur mense aangeval en beledig word. Hy voel verstoot en eensaam. Dit voel asof die Here ook nie sy gebed verhoor nie.

Hy roep na die Here en vra: "Stuur U lig en U waarheid dat die my lei ... en bring my na U woning" (vers 3).

Lig is n simbool van God se Waarheid, want God is lig en daar is geen duisternis in Hom nie.

As die duisternis van die wêreld jou wil oorweldig, bid dan hierdie gebed van Psalm 43. Hy sal jou die pad wys na Sy heilige teenwoordigheid. Hy sal jou vertroos en jou twyfel wegneem.

Wanneer Sy Waarheid soos n lig op jou skyn, sal jy weer n loflied kan sing, want Hy is jou Helper en jou God!

Send out your light and your truth; let them guide me. Let them lead me to your holy mountain, to the place where you live. There I will go to the altar of God, to God—the source of all my joy. I will

Do everything without complaining and arguing, so that no one can criticize you. Live clean, innocent lives as children ...
08/02/2023

Do everything without complaining and arguing, so that no one can criticize you.

Live clean, innocent lives as children of God, shining like bright lights in a world full of crooked and perverse people.

Hold firmly to the word of life ...
Philippians 2:14‭-‬16 NLT

https://bible.com/bible/116/php.2.14-16.NLT

SHINE LIKE A BRIGHT LIGHT

Die woord wat hier met 'lig' vertaal word, kan ook beteken sterre in die hemel. Mense-gemaakte ligte het n skakelaar wat afgeskakel kan word, n battery wat kan pap word, maar n ster in die hemel het nie n skakelaar of battery nie. Dit skyn altyd wanneer die sonlig daarop val.

Solank ek en jy Jesus Christus, die Lig vir die wêreld, in ons het, sal ons soos sterre skyn. Die korrupte wêreld sal nie ons lig kan afskakel of uitdoof nie.

Dit is hoe ons positief sal bly al is daar baie dinge om oor te kla. Ons sal nie deur die slegte invloede van die wêreld besoedel word nie.

Ons sal ons geloof in God behou en n lig wees vir mense rondom ons.

Laat jou lig skyn vandag. Dit is goed vir ander en vir jouself!

Do everything without complaining and arguing, so that no one can criticize you. Live clean, innocent lives as children of God, shining like bright lights in a world full of crooked and perverse peopl

For once you were full of darkness, but now you have light from the Lord. So live as people of light! For this light wit...
07/02/2023

For once you were full of darkness, but now you have light from the Lord. So live as people of light!

For this light within you produces only what is good and right and true.
Ephesians 5:8‭-‬9 NLT

https://bible.com/bible/116/eph.5.8-9.NLT

LIVE AS PEOPLE OF LIGHT

Paulus sê in hierdie verse n lewe sonder God is duisternis, maar wanneer jy die Here aanneem, is jou lewe lig. Daarom sê hy: "Leef dan as mense van die lig".

As Jesus - die Lig vir die wêreld - jou hart regeer, maak Hy jou n lig. Uit hierdie lig kom net wat goed en reg en waar is, want n lig kan net lig gee. Dit kan nie duisternis veroorsaak nie.

Hoe weet ek of ek n mens van die lig is? In vers 10 sê Paulus: "Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is".

Mense van die lig doen dinge wat God tevrede stel ...

For once you were full of darkness, but now you have light from the Lord. So live as people of light! For this light within you produces only what is good and right and true.

Jesus spoke to the people once more and said, “I am the light of the world. If you follow me, you won’t have to walk in ...
06/02/2023

Jesus spoke to the people once more and said, “I am the light of the world. If you follow me, you won’t have to walk in darkness, because you will have the light that leads to life.”

Jesus said to the people who believed in him, “You are truly my disciples if you remain faithful to my teachings. And you will know the truth, and the truth will set you free.”
John 8:12‭, ‬31‭-‬32 NLT

https://bible.com/bible/116/jhn.8.12-32.NLT

LIGHT AND TRUTH

Die derde manier waarop Jesus ons geloof 'preserveer' sodat ons vrugte kan dra wat sal hou [Johannes 15:16], is deurdat Hy die Lig vir die wêreld is.

Lig simboliseer Waarheid in die Bybel, daarom sê Jesus vir die mense wat in Hom glo hulle sal die waarheid ken en die waarheid sal hulle vry maak.

Ons hou nie altyd van skerp sonlig nie; ons sit gewoonlik n sonbril op as ons buite is. Mense sit somtyds ook 'sonbrille' op om die Waarheid van die Woord te verdof, want die Waarheid van die Woord spreek ons gewete aan.

Die groot gerusstelling is dat Jesus die Lig vir die wêreld is. Hy het nie gekom om te oordeel nie, maar om te red. Dit is hoekom Hy sê die waarheid sal ons vry maak.

Jesus het gekom om ons met die Lig van die Waarheid te bevry van al die duisternis wat ons lewe bedreig.

Daarom: Wandel in die Lig ...

Jesus spoke to the people once more and said, “I am the light of the world. If you follow me, you won’t have to walk in darkness, because you will have the light that leads to life.” The Pharisees rep

For I pass on to you what I received from the Lord himself. On the night when he was betrayed, the Lord Jesus took some ...
03/02/2023

For I pass on to you what I received from the Lord himself. On the night when he was betrayed, the Lord Jesus took some bread and gave thanks to God for it. Then he broke it in pieces and said, “This is my body, which is given for you. Do this in remembrance of me.”

So anyone who eats this bread or drinks this cup of the Lord unworthily is guilty of sinning against the body and blood of the Lord. That is why you should examine yourself before eating the bread and drinking the cup.
1 Corinthians 11:23‭-‬24‭, ‬27‭-‬28 NLT

https://bible.com/bible/116/1co.11.23-28.NLT

EXAMINE YOURSELF

Jesus offer Sy liggaam aan die kruis om ons geloof te 'preserveer' sodat ons kan vrugte dra wat sal hou [Johannes 15:16]. Dit is wat Hy bereid was om te doen.

Ons moet bereid wees om ons harte te ondersoek en seker te maak dat ons geloof waardige vrugte sal dra. Vrugte wat Jesus se offer aan die kruis sal eerbiedig.

Ons leef in n samelewing waar Bybelse waardes en beginsels so maklik verwaarloos word, daarom moet elke gelowige nog te meer sy eie hart ondersoek om seker te maak dat my lewenswyse nie Jesus se offer aan die kruis goedkoop maak nie.

"Julle is duur gekoop. Verheerlik God dan met julle liggaam" [1 Korintiërs 6:20]. Wie dit doen, sal vrugte dra wat sal hou ...

For I pass on to you what I received from the Lord himself. On the night when he was betrayed, the Lord Jesus took some bread and gave thanks to God for it. Then he broke it in pieces and said, “This

And all the believers met together in one place and shared everything they had. They sold their property and possessions...
02/02/2023

And all the believers met together in one place and shared everything they had. They sold their property and possessions and shared the money with those in need. They worshiped together at the Temple each day, met in homes for the Lord’s Supper, and shared their meals with great joy and generosity—
Acts of the Apostles 2:44‭-‬46 NLT

https://bible.com/bible/116/act.2.44-46.NLT

UNITED IN WORSHIP, UNITED IN SERVICE

Die mense wat tot geloof gekom het op Pinksterdag het as een liggaam gefunksioneer, want hulle het dieselfde Gees ontvang.

Soos ons gister gelees het, is hulle één liggaam want hulle het van één brood geëet.

Soos God voor die geboorte van Christus Sy mense in één volk ‐ Israel, saamgevoeg het, so voeg Hy die gelowiges na die uitstorting van die Heilige Gees saam in één liggaam, genoem Ekklesia - die gemeenskap van gelowiges.

God wil nie hê ek en jy moet ons geloof in isolasie beoefen nie, want dan verflou ons geloof baie gou.

Gebruik elke geleentheid om God saam met ander gelowiges te dien.

Die spreekwoord sê: Divided we fall, united we stand!

And all the believers met together in one place and shared everything they had. They sold their property and possessions and shared the money with those in need. They worshiped together at the Temple

Address

Quest School For Autism, Mitchell Street, South End
Port Elizabeth

Telephone

+27788032877

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Filadelfia Gemeente, Port Elizabeth posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Filadelfia Gemeente, Port Elizabeth:

Share

Category