22/07/2026
Vanoggend in die Bybelstudie / Biduur het ons gepraat oor die lewe vanuit die Pers-huisie
Die verhaal word vertel van die hoërskool afrigter wat altyd so 15 miniute voor die einde van die wedstryd verdwyn het. Toe 'n nuwe leerling aan die skool, wat as reserwe op die bank gesit het, opmerk dat die afrigter knap voor die einde van die wedstryd skielik weg was, het hy bekommerd geraak en gedink die ander span het hom dalk gekaap of dat hy ongemerk siek geraak het en weggeneem is.
Hy vra toe vir die ander spanlede waar die afrigter was, en kry die volgende antwoord: "In die Pers Huisie" Dit was 'n vreemde antwoord en hy vra toe: "Op soek na koffie of nog nikotien?" "Nee" kom die antwoord, "op soek na perspektief"
Hulle wys hom toe die geboudjie langs die paviljoen, wat so genoem word en verduidelik dat dit help as die afrigter soms daarheen gaan om weg te kom van al die lawaai, insette ens. sodat hy na die wedstryd geloofwaardige kritiek en leiding aan die spanlede kon gee.
Dit gaan dikwels so in ons lewens ook so. In Matt. 14:22,23 lees ons dat Jesus daar, en by andere geleenthede ook afgesonder het. Dis belangrik om sy voorbeeld te volg en self 'jou pers huisie' te ontdek waar jy alleen met God kan verkeer.
Dis die plek waar ons God toelaat om met ons te kommunikeer en nie net 'n eensydige (vra) gesprek met Hom te hê nie. Hy is immers die Een wat ons volkome verstaan. Hier kan ons Hom vra om ons te verander tewyl ons met Hom gesels. Ons kan spontaan mete Hom gesesls op ons eie manier, want Hy ken ons mos in ons daaglikse wandel. Hy wil hê ons moet eerlik met Hom wees in die tyd wat ons met Hom deurbring.
Ons moenie ons 'pers huisie' verwaarloos nie. Dis nie 'n fisiese plek nie, maar die plek waar jy weet jy kan stil raak voor Hom. Dit kan wees in jou persoonlike daaglikse takies, loop op die strand, of 'n plek van afsondering wat vir jou spesiaal is. Die Here is daar en wag vir ons. Ons het hier die voorreg om te ervaar hoeveel Hy omgee en te wag op Hom en Sy stem te hoor in die omstandighede wat ons soms so oorweldig dat ons perspektief verloor van die realiteit van Sy bestaan en selfs ons eie lewens.
As Jesus dit nodig gehad het om met Hom te ontmoet en dankbaarheid, lofprysing en ook sy diepste nood met Hom te deel, hoeveel temeer het ons dit nie nodig nie?
Onthou saam met my die koortjie:
Friendship with Jesus
Fellowship divine,
Oh what blessed sweet communion,
Jesus is a Friend of mine.