HOOP Huisselgroep PLETT

HOOP Huisselgroep PLETT Huisselgroep met lede wat omsien na Gees, Siel en liggaam in die Liggaam van Christus

https://youtu.be/9NX5ljpYLrs?si=T4onBkzxIsONzJrFTo wich extend have uiu surendered your heart and life to Jesus
05/11/2024

https://youtu.be/9NX5ljpYLrs?si=T4onBkzxIsONzJrF

To wich extend have uiu surendered your heart and life to Jesus

If you’ve ever struggled with surrendering to God or understanding what it means to be a disciple of Jesus, you’ve gotta hear this. Priscilla Shirer is bring...

03/10/2024

DAN MOET EK GLO
as my een gram argument
teen sy tonne waarheid praat
en my sentimeter sentiment
sy ligjaarpassie wil verlaat
en my drie desibel gil
teen sy donderfluister skree
dan word ek skielik stil
en my ongeloof gee mee
as my een emmer sonde
in sy oseaan genade val
en my vyf krummels honger
sy lewensbrood ontvang
en my sewe grade slimheid
voor sy dwaasheid dom gaan staan
dan staan ek stom in stilheid
en ek hoor ’n skepper praat
as my tientraan doodsdepressie
hoor van lasarus kom uit
en by my stormsterkte kwessie
slaap ’n redder in die skuit
en my mees verdwaalde wegkruip
word sy raaksien en kom haal
dan moet ek nederig opkyk
na die outeur van my verhaal
dan moet ek glo al roep die twyfel
dan moet ek glo al sê die donker kom
al sou ’n duisend paaie uitroep
net een pad lei na hom

05/09/2024

The power of prayer and courageous prayer is found in trusting that God will answer in the way he chooses, it is his will not ours we want. Sometimes we can pray with a specific answer in mind, but prayer is not about getting what we want, it is about submitting our requests to God and allowing God to choose the best answer for our lives.

21/08/2024

❤️ Nog nooit die "10 gebooie" só mooi gehoor nie. Tien Beloftes. ❤️

Eerste belofte
As Ek die eerste plek in jou lewe inneem, sal jy geen ander gode wil dien nie, want Ek sal die ereplek in jou lewe hê!

Tweede belofte
As Ek in jou hart woon, sal dit nie nodig wees om gesnede beelde van My te maak nie, want jy sal self My beeld dra!

Derde belofte
As jy My liefhet, sal My naam nooit ’n vloekwoord oor jou lippe kan wees nie, maar in alle omstandighede deur jou eerbiedig en gerespekteer word!

Vierde belofte
As Ek die ereplek in jou lewe het, sal die rusdag die hoogtepunt van die week vir jou wees. Dit sal vir jou ’n vreugde wees om in die Gemeenskap van die gelowiges My te aanbid. ’n Dag om na uit te sien, nie om teen op te sien nie!

Vyfde belofte
As Ek in jou lewe is, sal dit vir jou ’n voorreg wees om jou ouers te eer en lief te hê. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie, want agter hulle sal jy My sien wat hulle vir jou uitgekies het!

Sesde belofte
As jy My liefde jou eie gemaak het, sal jy nooit iemand wil seermaak of haat nie, wat nog te sê doodmaak!

Sewende belofte
As jy My liefhet, sal dit nie moeilik wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie. As Ek ’n plek in jou huwelik het, sal julle vir mekaar lief wees en julle geluk sal ek in my hande bewaar en vashou!

Agtste belofte
As Ek op die troon van jou lewe sit, sal jy daagliks vra: ‘Aan wie en waar kan ek aan ’n ander iets gee en jy sal nooit iets van ’n ander wil neem nie?’

Negende belofte
As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om van ’n ander kwaad te praat nie. Deur My Gees sal jy ’n mens wees wat van ’n ander niks sal sê as dit nie iets goeds is nie!

Tiende belofte
As jy een met My is, sal My Gees jou tevredenheid gee om vergenoegd te wees met wat jy het, met die besef dat God (Yahvah ons Elohim) gee soos wat jy nodig het en wat Hy gee, gee Hy altyd genoeg sodat jy niks sal kortkom nie!

‭LUKAS 13:24 AFR53‬[24]  Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te ga...
25/03/2024

‭LUKAS 13:24 AFR53‬
[24] Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.

Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, sê Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie.

[12/29, 07:35] Marlize: ‭JESAJA‬ ‭4:3‭-‬4‬ ‭AFR83‬[3] Wie in Sion oorgebly het, wie in Jerusalem bewaar gebly het, elkee...
29/12/2023

[12/29, 07:35] Marlize: ‭JESAJA‬ ‭4:3‭-‬4‬ ‭AFR83‬
[3] Wie in Sion oorgebly het, wie in Jerusalem bewaar gebly het, elkeen in Jerusalem wat vir die lewe opgeskryf is, sal heilig genoem word. [4] Die Here sal die inwoners van Sion reinig van hulle wandade en Hy sal die bloed wat aan die hande van Jerusalem kleef, verwyder deur die Gees wat oordeel en verteer.

https://bible.com/bible/6/isa.4.4.AFR83
[12/29, 07:41] Marlize: Vader hier aan die einde van 2023 wil ons net weer vir U sê ons kies Jesus, die weg die Waarheid, die Lig en die Lewe, sodat ons name ook vir "Die Lewe" opgeskryf sal bly. Ek vra Vader in Jesus naam dat die Gees wat oordeel en verteer die Swaard sal wees wat dit wat nie soos U lyk in ons ook sal oordeel en verteer sodat ons rein kan staan en met skoon hande en skoon harte voor U kan aanbid. Ons kies om heilig te lewe want U is Heilig Here. Ons kies om heiligmaking na te streef want Paulus leer ons dat ons sonder Heiligmaking nie die Koninkryk van God sal sien nie.
Dankie Vader dat U dit in ons en deur ons doen. In Jesus Naam. AMEN

Die Here sal die inwoners van Sion reinig van hulle wandade en Hy sal die bloed wat aan die hande van Jerusalem kleef, verwyder deur die Gees wat oordeel en verteer.

Baie Welkom as jy vir die 1ste maal op die blad afgekom het.  Hierdie blad verteenwoordig dit waarop ons as Hoop Huissel...
09/09/2023

Baie Welkom as jy vir die 1ste maal op die blad afgekom het. Hierdie blad verteenwoordig dit waarop ons as Hoop Huisselgroeplede gefokus is: 1. Ons gloo dat ons as mens 'n 3-ledige wese is naamlik Gees, Siel en Liggaam en daarom is ons mikpunt om inligting op die blad te laai wat jou as mens in al drie dele sal opbou en verstrek. Dis was ook een van Paulus se gebede vir die gemeente in Thessaloniese skryf: Mag God wat vrede gee julle vokome aan Hom toegewys maak en julle geheel en al na Gees, Siel en Liggaam so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom. Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep is getrou. Ons beplan dan ook met die blad om die 5-voudige bediening waarvan Paulus praat in Efesiers 4 on leer uit te leef, Naamlik, Apostolies, Evangelies, Profeties, Herder en leraar.

Apostolies en Evangelies - Om die Wereld daar buite wat nog nie in 'n verhouding met Jesus Christus leef na Hom toe te lei.

Profeties - Om van mense met die besondere gawe om as nuwe testamentiese profeet ( baie maal simbolies die oe, en ore van die Liggam van Christus se raad en leiding te kry ( bevestiging van die Profetiese Woord of opdragte wat Ons Hemelse Vader deur die werk van Sy inwonende Gees reeds in ons harte kom inspreek het.

Herder en Leeraar - Dit is 'n gawe wat uitgeleef word deur een of meer persoon wat die skapies kos gee en ook innerlike genesing bedien en na die welstand van die kudde te kyk.

Address

Plettenbergbaai
Plettenbergbaai
6600

Telephone

+27834323186

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when HOOP Huisselgroep PLETT posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to HOOP Huisselgroep PLETT:

Share