02/10/2016
🌹KRY KLAAR MET DIE VERLEDE!!
"...Maar een ding doen ek : ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is!" - Fil. 3:13 -
Het jy al ooit gekyk na 'n boer wat besig is om te ploeg?
As hy reguit wil ploeg, moet hy sy oë op 'n boom of 'n p**l of iets soortgelyks aan die verste kant van die veld hou en hy moet sy ploeg in een rigting hou sonder om enigsins van koers te raak!
As hy terugkyk om te sien of hy reguit ploeg, begin sy ploeg van kant tot kant beweeg en word die vore skeef gemaak!🌹. As ons vore vir ons voete wil maak, moet ons doen wat Paulus in Filippense sê!
Ons moet ons losmaak van wat agter is en ons uitstrek na wat voor is, en alles in ons vermoë doen om die wenstreep te behaal!
Om die dinge wat verby is af te handel en te vergeet is 'n essensiële deel van ons geestelike wedloop!
Ons moet toestem om te vergeet - dis so 'n belangrike punt - want dan alleen kan dit gebeur!
Wanneer ons toestem, kom ons baie na daaraan om alle onnodige, vermoeiende, neerdrukkende selfondersoek agter te laat!
Want as ons nie meer terugkyk en broei oor ons oordeelsfoute en sondes van die verlede nie, het ons mos niks meer om selfondersoek oor te doen nie!
Onthou weereens : dit waarna ons kyk, is dit wat ons sien!
Ons roep soms : "Here, openbaar U aan my," maar dan hou ons nie ons oë op Hom nie, maar wel op onsself en die woelinge van ons emosies!
Hoe verwag ons dan om Sy openbaring raak te sien?
Ons sien mos waarna ons kyk! !
Ons moet ons oë op Jesus hou Hy is ons voleinder van ons Geloof!!