EG Kerk Parys

EG Kerk Parys Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is 'n lewenskragtige Evangeliese Kerk wat op 'n Gereformeerde grondslag berus. (Matt. 8:17-19)

Evangelies- Gereformeerde Kerk Parys

LEUSE: "So sê die HERE"

Die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika is ʼn lewenskragtige evangeliese kerk wat op gereformeerde grondslag berus. Moontlik het u nog nooit met die Kerk kennis gemaak nie. Dit mag selfs wees dat u nog nooit van die Kerk gehoor het nie. Deur verdraaide of gebrekkige inligting mag dit wees dat u ʼn verkeerde begrip omtrent die K

erk het. Ons beskou dit as ʼn besondere voorreg om u langs hierdie weg in te lig en beter kennis te laat maak met die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika.

1. Die ontstaan van die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika

Die Kerk is gestig op 21 April 1944 deur 49 kerkraadslede van die N.G. Kerk, Smithstraat, Durban, onder die naam "Die Nuwe Protestantse Kerk in Afrika". Op 18 Augustus 1986 is die naam van die Kerk deur die Sinode verander na die Evangelies-Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika. Die rede vir die naamsverandering was die voortdurende verwarring en assosiëring van die Kerk met die Pinksterkerke, terwyl die Kerk baie duidelik in die gereformeerde stroom is, maar met ʼn sterk evangeliese karakter. Daar is gemeentes in al nege die provinsies van Suid-Afrika. Kenmerkend van die Kerk is die eenvoudige en verstaanbare boodskap wat onder inspirasie van die Heilige Gees na die mens gebring word onder die leuse "So sê die Here".


2. Die grondslag van die Kerk

Hierdie kerk is gefundeer op die Heilige Skrif, die onfeilbare Woord van God. Die leer wat die Kerk, op grond van God ‘s Woord bely, is evangelies-gereformeerd en dit word uitgedruk in sy evangeliese belydenis en ook die gereformeerde belydenisskrifte, nl. Die Drie Formuliere van Enigheid. Die Kerk aanvaar die Formuliere as ondergeskik aan die Woord van God.

3. Die Boodskap wat die Kerk verkondig

Tereg kan saam met die apostel Paulus gesê word: "Want ek het my voorgeneem om niks onder julle te weet nie as Jesus Christus en Hom as gekruisigde". Die boodskap wat deur die Kerk uitgedra word sluit die volgende in:

3.1 Die verlossing van verlore sondaars(Efes.1:7) en dat ʼn mens in hierdie lewe sekerheid van saligheid kan bekom. (1 Johh.3:15)

3.2 Die vervulling met die Heilige Gees (Efes.5:18) en die noodsaaklikheid van die heiligmaking wat die wil van God is vir sy kinders. (1 Thes.4:7-8)

3.3 Die persoonlike wederkoms van Jesus Christus voor die duisendjarige vrederyk. (1 Thes.4:16-17, Open. 19:20)

3.4 Die genesing van die kranke liggaam, wat impliseer dat God vandag nog siekes genees op grond van die versoening van Christus Jesus aan die kruis.

19/10/2025

Ontsluier Sy Nabyhied, Sy nabyheid in gebedPsalms 145Ds Martin Botha

Kom geniet vanmore se erediens saam ons!
12/10/2025

Kom geniet vanmore se erediens saam ons!

Ons is so dankbaar dat ons vandag 'n geseënde lentetee kon hê. Dankie aan al die dames wat dit met style en klas aangebi...
04/10/2025

Ons is so dankbaar dat ons vandag 'n geseënde lentetee kon hê. Dankie aan al die dames wat dit met style en klas aangebied het! Riana Mouton Een was absoluut fantasties! Dit was baie spesiaal en baie pret!!!

15/10/2024
Ons nooi elkeen na ons Erediens vanmore.
15/09/2024

Ons nooi elkeen na ons Erediens vanmore.

Address

Parys
9585

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when EG Kerk Parys posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to EG Kerk Parys:

Share

Category