05/09/2026
SPILL THE TEA... SPREAD THE WORD.
Vandag was soveel meer as net tee en koekies…
Dit was ’n tafel waar mense bymekaargekom het. ’n Oomblik waar stories gedeel is. ’n Ruimte waar harte sag geword het en ’n herinnering dat ons soms net een klein daad van omgee nodig het om iemand se wêreld ’n bietjie ligter te maak.
Ons het vandag tee gedrink, gelag, gesels en saam “die woord versprei” (oor wat MES as hawelose skuiling doen en die evangelie), maar die mooiste deel is dat dit alles Iemand groter as onsself dien.
Dankie aan elke persoon wat ’n kaartjie gekoop het, iets gebring het, gehelp het, gebak het, tafels gedek het, tee geskink het, geluister het, gedeel het en sommer net opgedaag het.
Julle het gewys dat ’n koppie tee dalk klein lyk…maar wanneer dit met liefde gedeel word, kan dit hoop laat oorloop.
Vir elke persoon wat tans sonder ’n veilige plek leef: ons sien julle. Ons vergeet julle nie. Julle storie maak saak. En ons sal aanhou veg vir geregtigheid.
Mag vandag se tee nie net in ons koppies bly nie, maar verder vloei van hart tot hart, van hand tot hand, van ons na iemand wat hoop nodig het.
Spill the tea. Spread the Word. Spread hope.
Dankie dat julle saam met ons ’n verskil maak.