Klein Drakenstein "Op die Werf"

Klein Drakenstein "Op die Werf" Getting to know the Word that brings
HOPE, HEALING and RESTORATION

Eerste skoolfoto - Januarie 2025
04/02/2025

Eerste skoolfoto - Januarie 2025

04/02/2025
15/01/2025

'n Splinternuwe hoërskool, Calling Academy, maak sy deure oop op die terrein van Klein Drakenstein "Op die Werf" !

Baie seën vir julle vir julle pad vorentoe.

Ons vertrou dat julle sal gaan van sterkte tot sterkte!

Mag God se guns op julle rus.

"The pacifism of Jesus"Woon vannaand se Bybelskool saam met ons by om 20:00.Skakel en notas is hier onderWhether the tak...
04/11/2024

"The pacifism of Jesus"

Woon vannaand se Bybelskool saam met ons by om 20:00.

Skakel en notas is hier onder

Whether the taking up of weapons is ever biblically justified, has been debated in contentious opposing ways for centuries.
How should we protect our families from the presence of evil in our lives?
Should we take up arms?
How can we be called to be peacemakers and make war?
Find answers to these difficult questions in the Life of Christ.
He was the ultimate revolutionary, but He was also a pacifist.
How can we reconcile these two apposing roles?

Blognotes:
https://diebestelewe.co.za/english-blogs/the-pacifism-of-jesus/
YouTube:
https://youtu.be/94IWTbKPE7A

Over the centuries, this difficult issue has been debated in various ways. I'm not going to pretend to be the final answer on this, but everyone should examine the Word of God and accompanying reading material themselves to gain insight and wisdom on exactly how we are going to deal with the presenc...

03/11/2024

Is jy 'n ouer wat in Yzerfontein of Darling bly ? 🏠🧑‍🧒‍🧒

Hierdie advertensie is vir jou 🫵🏼!

Ek het die jaar klaar gemaak met my BEd Seniorfase en VOO- graad en is opsoek na 'n geleentheid om my passie en kennis te gebruik in die area wat só na aan my hart lê.

As hierdie van jou op toepassing is- vul die vorm in- https://forms.gle/Mn8WSkQr64MeLBUp8. 🔗

Miskien kan ek eendag 'n verskil maak in jou area en 'n las lig in jou lewe.

📞Vir enige navrae, kontak my:
Lené la Grange (064 656 8770)
[email protected]

'n Gebed in 'n geskommelde woorde-tydHere Jesus Help asb.Ek voel oorweldig.Te veel gebeur en ek voel of ek beheer verloo...
01/11/2024

'n Gebed in 'n geskommelde woorde-tyd

Here Jesus
Help asb.
Ek voel oorweldig.
Te veel gebeur en ek voel of ek beheer verloor.
Ja, Here.
Ek wil graag in beheer wees.
Ek hou daarvan om antwoorde op al die hoe, waar, wat en wanneer vrae te hê.
Dit laat my baie onseker voel as ek nie weet waarheen ek oppad is nie.
Kan U dit verstaan Here?
Kan U?
Ek wil Ú wil leef en Ú Gees se influistering volg,
maar báie,
en belángrike goed gebeur in sommige areas van my lewe hopeloos te vinnig
en in ander areas weer heeltemal te stadig.
My ritme Here.
Dis versteur.
Ek weet nie waar om te vat en waar om te los nie!
Ek wil weet.
Asb Here.
Ek soek antwoorde.
Ek soek uitkoms en resultate.
Oplossings.
Ek is so dankbaar vir U rus waarin ek kan beweeg, maar Here, ek soek nou ook weer rus en vrede híér ... in my wêreldse lewe en dag tot dag bestaan.
Ek verstáán rus, Here,
maar ek is régtig nou moeg van my boot se geskommel.
Laat die storm bedaar.
Sê die see moet stil word.
Ek wil nou op die land wees.
Ek wil met my voete weer op vaste grond wees.
Asb Here.
Dit voel ook vir my,
net soos die dissipels,
of die branders se swellings in my boot kom, en U lê en slaap.
Hoekom is U nou so stil en so stadig?
Vader
Wys my wat nou ...
gee my asb 'n blik op wat álles agter die skerms gebeur sodat my storie reg kan uitspeel?
Kan ek nie help nie?
Ek is nogal goed met reëlings tref en ken mense?
Maar ...
dan nou weer ...
U wil, nie myne nie.
Ek lê dan nou wéér, opnuut, my deurmekaar, ongeordende, gekoekte, geskommelde en vol frustrasie lewe, met min uitkomste en oplossings,
voor U voete neer.
Ek los wéér 'n keer die beheer.
Ek vertrou U.
Kom skommel dit asb reg, Here.
Mag U wil geskied.
Asb.
Ek tree nou terug.
My stem is stil ...
want ek wil U stem hoor ...
U stilte beleef ...
Want U alleen kan orde bring en bewerkstellig in die chaos.
U het gesê "Laat daar lig wees, en daar was lig".
Doen dit weer Here.
Bring lig waar daar donkerte is.
Dankie dat U 'n God is van lig en orde en dat U dit in ons lewens wíl bewerkstellig.
Dankie dat ek op U kan vertrou.
Ek vertrou op U alleen.
Leer my.
Lei my.
Dra my.
Dankie.
My woorde is nou nie meer geskommel nie.
My woorde is weg.
Ek is stil.
Want ek sal stil wees en weet dat U die Here is.
Níks en niemand sal my van stryk bring nie.
Ek sal opkyk na die berge en weet my hulp kom van U alleen.
Nie van mense nie.
Ek sal op U alleen vertrou.
Níks kan my uit U hand uit ruk nie.
Amen

Psalms 46:11
Wees stil en weet Ek is God.
Ek regeer oor nasies, oor die hele aarde.
Elke mens sal erken dat Ek die belangrikste is.
Niks en niemand is en kan so belangrik wees soos Ek nie.

Mag jy die naweek Sy rus, seën, liefde, uitkoms en vrede tasbaar ervaar.
Mag jou geskommelde gebedswoorde georden word en jy by 'n plek kom van verstáán dat Hy weet en jy Sy liefde vir jou tasbaar beleef.

Mooi naweek!

Liefde

Cindy🌱

30/10/2024

1 Tessalonisense 5:17-18
Bid gedurig.
Wees in alle omstandighede dankbaar,
want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.

Here Jesus
U is goed.
Dankie daarvoor.
Ek sal jubel, lag en bly wees,
want U is aan my kant.
Daarvoor is ek diep dankbaar.
Ek sal gedurig bid en U die eer gee vir die mooi wat ek raaksien en beleef langs my lewenspad so tussen die "padwerke" deur.
Want Here ...
As U vír my is ...
Wie kan dan tog teen my wees?
Mag die Vader ons vooruitgaan,
want Hy ken die einde van die begin.
Mag Hy ons treë rig en oms lei om binne Sy PERFEKTE wil te beweeg.
Mag ons lewens al die eer bring aan Sy Naam, want aan Hom kom al die eer toe in die Hemel en ook op die aarde.
Aan Hom alleen sal ek gehoorsaam wees.
Ek loof en prys Sy Naam.
Hy is groot en waardig om geprys te word!
Amen

Mooi dag vir elkeen van julle!

Cindy la Grange🌱

29/10/2024

Wat kós jou geloof jou?

Openbaring 3:16
Maar nou,
omdat jy lou is en nie koud of warm nie,
sal Ek jou uit my mond spuug.

Here Jesus
Ek besef dat as my geloof my níks kos nie,
dit nie régtig vir my belangrik en iets werd is nie.
Want dít wat in my lewe vir my belangrik is,
het nog altyd vir my iets gekos.
Vader
Help my om te síén,
dít wat ek moet opoffer en neerlê,
omdat U vir my belangrik is.
Amen

Mooi dag!

Cindy la Grange🌱

25/10/2024

Ek het al baie wonderwerke gesien. Ek sál aanhou glo ... Ten spyte van ... Sodat ek gereeld my eie wonderwerk-stories kan vertel.

Here Jesus
Ek het al U krag gesien.
Ek het U hand gesien beweeg.
U getrouheid ken geen einde nie.
Ek het al wonderwerke gesien wat ek self nog nie kan glo het gebeur nie.
Vader
Ek moet myself nog knyp.
Dis net U.
Ek glo U is die God van wonderwerke.
U doen goed, omdat U ons liefhet en sodat ons U grootheid kan besef.
Ek het gesien.
Ek het gehoor.
Daarom weet ek U leef!
Ek sal aanhou uitroep en sing en dans, omdat U 'n goeie God is!
Amen

Mooi naweek!

Cindy🌱

Psalm 32:7U is vir my 'n skuilplek.U beskerm my van teëspoed.U omring my met liedere van redding.Here JesusEk is 'n gese...
24/10/2024

Psalm 32:7
U is vir my 'n skuilplek.
U beskerm my van teëspoed.
U omring my met liedere van redding.

Here Jesus
Ek is 'n geseënde mens,
want ek behoort aan U.
Ek sal nie meer in opstand kom teen U nie.
Ek sal nie meer my sonde wegsteek nie.
Ek sal dit bely en U aanbid in tye van nood,
want by U alleen is redding.
Vloedwaters sal my nie oorval nie,
want U is my skuilplek wat my beskerm teen alle teëspoed.
U omring my met liedere van redding.
U sê U sal my onderrig en my die pad wys waarop ek moet gaan.
Help my om nie hardkoppig en eiewillig op te tree nie,
maar om oop te wees vir U plan.
U onfeilbare liefde omring ons, omdat ons op U alleen vertrou.
Ons sal bly wees,
juig en uitroep van vreugde,
omdat U oor ons die wag hou.
Amen

Mooi dag!

Cindy🌱

He created a Hydra.If He could create a Hydra to be able to do this ... How much more are we not capable of full healing...
23/10/2024

He created a Hydra.
If He could create a Hydra to be able to do this ... How much more are we not capable of full healing through Him!
He can do it for you!

Psalm 34:18
He is close to the broken hearted and saves those who are crushed in spirit.

Dankie Jesus dat U die groot Geneesheer is.
Dat U nie net gekom het om liggame te genees nie, maar ook ons siele.
Dat ons kan weet dat U gekom het om te herstel dit wat stukkend, seer en aan flarde is.
U kan.
U het die Rooi See laat oopgaan.
U het die reus laat val.
U het die son laat stilstaan.
U het bitter water soet gemaak.
U kan berge skuif.
U het ... want U is.
U is almagtig.
Dankie Jesus dat U vandag U genesingswerk in my sal begin en dit enduit sal voltooi.
Ek sál weer sing.
Ek sal weer lag.
Ek sal weer dans.
Want ek glo!
Amen

Mooiste Woensdag!

Cindy🌱

Address

Klein Drakenstein Primary School Sonstraal Road
Paarl
7646

Telephone

+27845066020

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Klein Drakenstein "Op die Werf" posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share