Arbeidsbediening Paarl

Arbeidsbediening Paarl Arbeidsbediening Paarl is 'n interkerklike organisasie wat werknemers in die Paarl en Franschhoek by die werkplek met die Evangelie van Jesus Christus bedien.

Arbeidsbediening Paarl is 'n interkerklike Christelike organisasie wat werkers in die Paarl en Franschhoek gereeld by die werkplek met die Evangelie van Jesus Christus bedien. We are an interdenominational Christian ministry regularly serving workers in the Paarl and Franschhoek area with the Gospel of Jesus Christ.

Deel asb met jou familie, kennisse, vriende en selfs met mense wat jy nie eens ken nie!
24/10/2019

Deel asb met jou familie, kennisse, vriende en selfs met mense wat jy nie eens ken nie!

Versprei asb die nuus - deel asb met al jou Facebook en ander vriende, familie, kollegas en las self nog kategorieë en name by.
Hierdie Vrydag 25 en Sat 26 Okt vind die jaarlikse Fees der Feeste in die Paarl plaas! Ten spyte van die erge droogte in daardie omgewing bring Williston vanjaar weer die heerlikste Karoolam, sosaties, skilpadjies, tjops, wors en wat nog meer tot by ons in die Paarl.
Strooidak sorg vir ander bazaar lekkertes soos pannekoek, koffie en tee met koek, fyngebak, koeke, terte, vars groente en vrugte, deli-produkte, kindertafel, gebruikte artikels / wit olifanttafel en vele meer.
Vrydagaand ook heerlike seekos- en afvalpotte deur ons eie potkoning Fanie Kriel.
Lewendige musiek Vrydagaand vanaf 17:00 met Reënwolf = Danie du Toit van Spoegwolf faam wat vanaf 21:00 sal optree.
Saterdag skop vanaf 07:30 af met ‘n heerlike plaasontbyt en die res van die lekkertes totdat die kragprop om ongeveer 15:00 Saterdagmiddag uitgetrek word.
Moet dit nie misloop nie – kom alleen, kom saam met vriende, kom saam met vreemdelinge, maar kom net!!
Ons sien daarna uit om jou daar te sien.
Strooidak & Williston

Halleluja en GenadeU word hartlik uitgenooi na die Halleluja & Genade produksie wat MCM DV op Woensdag 10 Oktober 2018 o...
01/10/2018

Halleluja en Genade

U word hartlik uitgenooi na die Halleluja & Genade produksie wat MCM DV op Woensdag 10 Oktober 2018 om 18:00 in die Strooidakkerkgebou te Hoofstraat, Paarl aanbied. Versprei asb die boodskap en nooi jou Facebook- en ander vriende, bure, familie, kollegas en ander mense om ook te kom.

Tydens hierdie geleentheid word 'n opwindende transformasiemodel in ons gemeenskap prakties deur drama en geskrewe teks sigbaar gemaak. Die impak van die MCM Drama-, Skryf- & Fotografieskool vind praktiese gestalte in die bekendstelling van die ex-bendelede, nou skryfskoolstudente, se 1ste boek "Hanne innie lig, voete oppie grond."

Die boek sal die aand teen ‘n spesiale beendstellingsprys van R120 per kopie beskikbaar wees.

Armand Aucamp tree as seremoniemeester op en Hannes van Wyk van Kwêla voer ‘n onderhoud met John Fredericks, die skrywer van "Noem my Skollie" waarvan daar ook ‘n film gemaak is.

‘n Gesellige samesyn na afloop van die produksie word vir gaste voorberei.

Kaartjies kos R150 elk.
Bespreek by 021 872 5580
Die bankbesonderhede vir betalings verskyn onder – gebruik asb u van en voorletters as ‘n verwysing

Bankbesonderhede is:
Miqlat
FNB Takkode: 200110
Tjekrekening: 621 956 809 81

MCM en Strooidakkerk

Arbeidsbediening: Nuusbrief hier!Arbeidsbediening se jongste nuusbrief is nou elektronies beskikbaar. Lees die aangrypen...
12/06/2017

Arbeidsbediening: Nuusbrief hier!
Arbeidsbediening se jongste nuusbrief is nou elektronies beskikbaar. Lees die aangrypende getuienisstories
van die afgelope 12 maande van Arbeidsbediening Kaapstreek. Lees onder andere:
♦ hoe plaasarbeiders in Ceresvallei vir die Here leef,
♦ meer oor Mfuleni se Bright Star ontwikkelingsprogram,
♦ wat alles aan die gebeur is in George, en
♦ van Mosselbaai se plaasbediening.
Harde kopieë sal deur hul geestelike werkers in die areas waar hulle werk, versprei word.
Kontak Carin by [email protected]
http://imsacape.christians.co.za/wp-content/uploads/sites/8/2017/06/Nuusbrief-Arbeidsbediening-FINAAL.pdf

Wees getrou en gehoorsaam die fluistering van die Heilige Gees!
15/05/2017

Wees getrou en gehoorsaam die fluistering van die Heilige Gees!

Paarl en omgewing verenig in gebed en lofprysing om te Bid vir Reën op Woensdag 22 Maart 2017 van 19:00 in die Strooidak...
09/03/2017

Paarl en omgewing verenig in gebed en lofprysing om te Bid vir Reën op Woensdag 22 Maart 2017 van 19:00 in die Strooidakkerk - die oudste kerk in die omgewing. Almal is welkom. "Share" asb met al jou Facebook en ander vriende.

Arbeidsbediening Kaapstreek het 'n spoggerige en moderne logo.Almal weet al hoe belangrik 'n organisasie se beeld na bui...
18/02/2017

Arbeidsbediening Kaapstreek het 'n spoggerige en moderne logo.

Almal weet al hoe belangrik 'n organisasie se beeld na buite en effektiewe reklame is. So is Arbeidsbediening Kaapstreek se moderne logo onlangs geloods. Dit is geskoei op die baie bekende nasionale logo.
Die nuwe webwerf en brosjure sal ook binnekort bekendgestel word. Kontak Carin Brink by [email protected] vir meer inligting.

Landa Bester van Arbeidsbediening, Vredenburg, vertel meer van wat haar werk alles behels.https://youtu.be/SwwRdukEpSc
24/05/2016

Landa Bester van Arbeidsbediening, Vredenburg, vertel meer van wat haar werk alles behels.
https://youtu.be/SwwRdukEpSc

Landa Bester van Arbeidsbediening, Vredenburg, vertel meer van wat haar werk alles behels.

Arbeidsbediening bring LIG na Plekke van Werk.Baie mense kom nie meer in die kerk nie, of kom nie daarby uit om tyd vir ...
16/02/2016

Arbeidsbediening bring LIG na Plekke van Werk.
Baie mense kom nie meer in die kerk nie, of kom nie daarby uit om tyd vir hul geestelike welsyn in te ruim nie. Om in hierdie onontbeerlike behoefte te voorsien, fokus Arbeidsbediening met behulp van vrywilligers en ook geestelike werkers, op vier werkplek-areas, naamlik:
1. Biblia Hawesending,
2. Handel en Nywerheid - dit is waar ons in die Paarl fokus,
3. Transnet en
4. Vissers.
Carin Brink, Streekbestuurder van Arbeidsbediening Kaapstreek, vertel in die onderstaande video kortliks wat hierdie wonderlike bediening behels.
https://youtu.be/Bm7lvi-t2Kg

Carin Brink, Streeksbestuurder van Arbeidsbediening Wes- en Suid-Kaap vertel kortliks wat hul bediening behels.

Address

Posbus 2729
Paarl
7620

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Arbeidsbediening Paarl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Arbeidsbediening Paarl:

Share