Hervormde Kerk Paarl

Hervormde Kerk Paarl Visie
Dat almal in Jesus Christus sal glo. Missie
Getuig, vier, lewer diens en getuienis.
(1)

29/06/2026
03/02/2026

1 Februarie: Ds AM (Andries) Nel (emeritus) verjaar vandag. Baie geluk! by NHKA | Sunday, 1 February, 2026 | Verjaarsdae | 0 comments

Spore van Hoop3 Februarie 2026God se lig ontbloot én geneesJesaja 66:2Epifanie is die tyd waarin ons bely dat God Homsel...
03/02/2026

Spore van Hoop
3 Februarie 2026

God se lig ontbloot én genees

Jesaja 66:2

Epifanie is die tyd waarin ons bely dat God Homself nie net aan die wêreld openbaar nie, maar ook aan ons harte. En soos met alle lig, het God se lig ’n dubbele werking: dit verlig én dit belig.

In die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar sien ons dat die Fariseër vol selfvertroue in die lig staan. Hy meen dat wat hy sien, goed genoeg is. Die tollenaar, daarenteen, word deur die lig ontmasker. In die lig van Jesus sien hy elke swakheid en tekortkoming in sy lewe raak. Hy sien homself soos hy werklik is. Hy probeer nie wegsteek of regverdig nie. Hy bid net: “Wees my, sondaar, genadig.”

Epifanie leer ons dat ’n ware ontmoeting met God altyd selfkennis meebring. Wanneer God se lig oor ’n mens se lewe val, raak jou tekortkominge sigbaar. Dit is ongemaklik. Dit maak nederig. Maar dit is ook bevrydend. In Jesaja 66:2 word God se genade so beskryf: “Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.”

Die tollenaar se gebed herinner ons aan hierdie woorde wat eeue vooraf reeds deur God bekend gemaak is en in Jesus Christus aan ons bekragtig is. Eers wanneer ons erken dat ons niks verdien nie, kan ons werklik verstaan wat God se genade alles vir ons inhou. Epifanie wys vir ons ’n God wat nie wag dat ons eers reg is voordat Hy Hom openbaar nie. Hy kom juis na gebroke mense.

Maar hierdie eerlike selfkennis is nie ’n eindpunt nie. Dit is die sleutel wat ’n nuwe lewe ontsluit, Die ou sondige mens kan ons agterlaat en verander al meer na die beeld waartoe God ons geskape het. God se lig roep altyd tot verandering. Nie uit vrees nie, maar uit dankbaarheid.

In Epifanie word ons genooi om in God se lig te staan sonder maskers. Daarom probeer ons nie wegkruip soos Adam en Eva nie, maar ons wil bely: Here, ek sien nou. Ek sien wie ek is en ek sien wie U is.

Dankie, Here dat ek in die besef van my sonde en skuld kan weet dat U genade vir my genoeg is. Verander my hart en denke sodat U beeld al meer in my kan leef.
Amen

Ds Marius Bacon

Address

4 Zion Street
Paarl
7646

Opening Hours

09:00 - 11:00

Telephone

+27218724691

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hervormde Kerk Paarl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share