NG Kerk Nieuwoudtville

NG Kerk Nieuwoudtville Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from NG Kerk Nieuwoudtville, Religious organisation, Nieuwoudtville.

04/06/2026

Winter

Sondag 7 Junie om 09:30Teks: Matteus 9:9-13Hierdie Sondag luister ons na die roeping van Matteus, die tollenaar. Jesus s...
03/06/2026

Sondag 7 Junie om 09:30

Teks: Matteus 9:9-13

Hierdie Sondag luister ons na die roeping van Matteus, die tollenaar. Jesus staan vir ’n oomblik stil, sien iemand raak wat deur ander afgeskryf is, en sê: “Volg My!” In hierdie teks ontdek ons die hart van Jesus se sending: Hy het nie gekom om mense met ’n goeie reputasie te beloon nie, maar om sondaars te roep, siekes te genees en God se barmhartigheid sigbaar te maak.

Ons word genooi om saam te kom nadink oor Jesus se woorde: “Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie.” Ware geloof gaan nie oor leë godsdienstige handelinge nie, maar oor troue liefde, barmhartigheid en om God se hart te leer ken.

Titel: Die Roeping van Matteus

Kunstenaar: Caravaggio

Datering: omstreeks 1599 tot 1600

Plek: Europa / Suid-Europa / Italië

Tydperk, kultuur en styl: Barok / Italiaanse Barok

Tipe kunswerk: Skildery

Materiaal: Olieverf op doek

Tegniek: Tenebrisme

30/05/2026

Buitediens by BrandkopSondag 31 Mei 2026 vier ons Drie-eenheidsondag saam tydens ’n buitediens by Brandkop.Tyd: 09:30Ple...
28/05/2026

Buitediens by Brandkop

Sondag 31 Mei 2026 vier ons Drie-eenheidsondag saam tydens ’n buitediens by Brandkop.

Tyd: 09:30
Plek: Brandkop
Teks: Matteus 28:18-19

Ons staan stil by die wonder van die Drie-enige God: Vader, Seun en Heilige Gees. God is nie ver van ons af nie. Hy nooi ons nader, deur die Seun, en deur die werking van die Heilige Gees.

Kom vier saam met ons die God wat ons met liefde verwelkom.

Kunswerk: Andrei Rublev, Die Drie-eenheid, vroeg 15de eeu. Publieke domein.

Die dag begin met afwagting
28/05/2026

Die dag begin met afwagting

24/05/2026


Sonsondergang op Pinksterdag

In ‘n oogwink kom Pinkster 2026 tot ‘n einde.
24/05/2026

In ‘n oogwink kom Pinkster 2026 tot ‘n einde.

Wanneer die aalwyne blom is dit Pinkster! Geseënde Pinkster!
24/05/2026

Wanneer die aalwyne blom is dit Pinkster! Geseënde Pinkster!

Address

Nieuwoudtville

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Nieuwoudtville posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share