NG Kerk Edenville

NG Kerk Edenville Vir oud-lidmate, lidmate, toekomstige lidmate, belangstellendes en vriende van die gemeente.

🙏
07/09/2026

🙏

Vanaf BejaardeklubBaie dankie aan almal wat die fondsinsameling ondersteun het. Die bejaardeklub het nog so paar lekkern...
06/09/2026

Vanaf Bejaardeklub
Baie dankie aan almal wat die fondsinsameling ondersteun het. Die bejaardeklub het nog so paar lekkernye oor, julle kan kom koop by die Kerkkantoor! Vinnig spring môre.....😉

*Afkondiging - 6/9/26* •Erediens Sondag 09h30•Biddag v Landbou & Boerderygemeenskap•Tema: Aanvaar verantwoordelikheid•Te...
04/09/2026

*Afkondiging - 6/9/26*
•Erediens Sondag 09h30
•Biddag v Landbou & Boerderygemeenskap
•Tema: Aanvaar verantwoordelikheid
•Teks: Esegiël 33: 7-11
•Deurkol: VNTSKP VGKSA Vrystaat
•Bybelgenootskap: laaste Sondag v bydrae
•Kategese na erediens
•Tee/Koffie in saal. Bejaardeklub fondsinsameling. Bring 'n geldjie saam. Kom kuier lekker saam
•Dins: Bybelstudie 10h00. Wyksleidstersverg 14h00. Basaarverg 15h00
•Don: VLU 10h00
•Koekies en hout te koop by Louma
•Vleisrekeninge moet asb vereffen word.
*Dagboek* :
•Bid en Dankdag vir oes, nuwe seisoen en vd gemeenskap op Woens 16 Sept 09h00

B E J A A R D E K L U BOnthou hierdie Sondag!
03/09/2026

B E J A A R D E K L U B
Onthou hierdie Sondag!

Mooiste Lentedag! God is my lied,sy almag ken geen perkeHeer is sy Naam,volmaak sy skeppingswerke;die groot heelal is sy...
01/09/2026

Mooiste Lentedag!

God is my lied,
sy almag ken geen perke
Heer is sy Naam,
volmaak sy skeppingswerke;
die groot heelal is sy gebied.

Niks is van my,
dis alles u genade;
ek sien u goedheid oral, troue Vader,
u lof sal op my lippe bly.

Waar God gebied,
sal ons geen onheil vrees nie,
want niemand kan soos Hy
'n redder wees nie -
aan Hom my lof, aan Hom my lied.
Die lirieke van Liedboek 198

31/08/2026

Veels geluk met jul verjaarsdae in September.
Met die verjaarsdag tel ons seëninge in die son se glimlag elke oggend, die gefluit van voëltjies, die liefde van vriende en familie en die wete dat God elke dag oor jou waak. Baie geluk!
1/9: Annatjie Pepler
5/9: Corli Ackerman
7/9: Ters jv Rensburg
6/9: Charmaine Botha
8/9: Johann v Zyl
10/9: Rene du Plessis
12/9: Ignus de Wet
15/9: Dean Pretorius
17/9: Yvonne Snyman, Jaco Wessels snr, Christa Heunis
18/9: Susan Troskie
21/9: Bart Klopper, Heini Kruger
22/9: Bertina jv Rensburg, Melanie v Heerden
24/9: Ansie de B**r
29/9: Hester Groenewald

Liewe Vrouens… kom ons onthou om vir ons Mans te Bid Hulle dra soveel meer as wat ons soms sien… Verantwoordelikhede, Dr...
31/08/2026

Liewe Vrouens… kom ons onthou om vir ons Mans te Bid

Hulle dra soveel meer as wat ons soms sien… Verantwoordelikhede, Druk, Bekommernisse en stil Stryd.

Kom ons wees nie net hul maat nie, maar ook hul grootste ondersteuning in gebed.

Want ’n Vrou wat Bid, bring Vrede, Krag en Seën oor haar Man se Lewe.

Bid vir sy Hart…
Bid vir sy Gedagtes…
Bid vir sy pad Vorentoe…
Woorde en Gebede het Krag

*Afkondiging - 30/8/26* •Erediens Sondag 09h30•Tema: Dra jou kruis•Teks: Matteus 16: 21-28 •Deurkol: Fonds v Hulp-progra...
28/08/2026

*Afkondiging - 30/8/26*
•Erediens Sondag 09h30
•Tema: Dra jou kruis
•Teks: Matteus 16: 21-28
•Deurkol: Fonds v Hulp-programme
•Nationale biddag v Dowes
•Kategese na erediens
•Tee/Koffie in saal
•Jeugkommissie bederf ons met 'n lekker roomys na erediens by saal - Dis Lente!!
•Dins: Bybelstudie 10h00
•Koekies en hout te koop by Louma
•Vleisrekeninge moet asb vereffen word.
*Bybelgenootskap* :
Die vlg 2 Sondae is daar nog geleentheid om 'n bydrae te maak. Koeverte is beskikbaar by die deure, dit kan sommer ingehandig word saam met die kollektes. Kom ons kyk of ons nog 'n paar Bybels kan koop vir mense wat dit nie kan bekostig nie of glad nie die Bybel ken nie, ons doen dit net vir die Here!
*Dagboek* :
•Bejaardeklub fondsinsameling vlg Sondag, heerlike lekkernye
•Santa Shoeboks. Praat met Louma ons het al vd items ontvang vir skoenbokse. 20 kinders.

24/08/2026

Jesus sê :- geliefde, Ek is altyd hier vir jou, Ek
luister as jy praat. Praat met My en vertel My wat in jou gemoed en in jou hart omgaan. Steun op My, Ek sal jou die weg wys! Vertrou op My, Ek sal jou herstel! Leun op My, Ek sal jou bystaan in alles wat jy mag ervaar! Is jy eensaam en alleen? Vat My hand! Het jy My
nodig? In jou hart sal jy My kry, en Ek sal My werke in en deur jou doen! Praat met My enige tyd van die dag of nag. Vertel my van jou hoop, jou drome en verlange! Ek is altyd by jou! Ek is so lief vir jou, en sal jou nooit begewe of verlaat nie! Geliefde, praat met My, Ek is Hier, Ek hoor jou! Ek is net 'n knie buig ver!

Wat 'n wonderlike versekering om mee te gaan slaap, Jesus is altyd daar vir jou, gaan slaap
rustig en sag, Jesus sal sorg en hou wag.

"U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad."– Psalm 119:105Baie dankie aan almal wat vandag deel was van...
23/08/2026

"U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad."
– Psalm 119:105

Baie dankie aan almal wat vandag deel was van ons gemeenskap se stap vir Bybels! 📖🚶‍♀️🚶‍♂️Dit was heerlik om saam te stap, saam te kuier en terselfdertyd ’n verskil te maak deur fondse in te samel vir die verspreiding van Bybels. Wat ’n voorreg om as gemeenskap saam te kan staan vir iets wat ewigheidswaarde het! Dankie vir elke tree, elke bydrae en elke glimlag. Saam stap ons verder — met God se Woord as die lig op ons pad.

Address

Scheepersstraat
Ngwathe
9535

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 09:30 - 11:30

Telephone

+27823764844

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Edenville posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share