Nederduitsch Hervormde gemeente Newcastle

Nederduitsch Hervormde gemeente Newcastle Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Nederduitsch Hervormde gemeente Newcastle, Religious organisation, hv Eaton/& Amielweg, Amielpark, Newcastle.

23/11/2018

Enigeen welkom.

24/08/2018

Lenie van der Merwe verjaar vandag! Mag jy in die jaar wat kom steeds seëninge uit God se hand ervaar.

24/08/2018

Hier's 'n treffende 'preek':

Pastoor Jeremiah Steepek het homself vermom as 'n hawelose bedelaar en toe na die kerk gegaan waar hy daardie oggend as die senior pastoor ingehuldig sou word. Die kerk het 'n 10000 ledetal gehad. Hy het 'n halfuur voor die diens opgedaag, en terwyl die mense in hulle honderde begin aankom het, het hy tussen hulle rondbeweeg. Uit al daardie honderde mense het net 3 hom gegroet. Hy het vir sommige 'n bietjie kleingeld gevra om kos mee te koop, maar NIEMAND het vir hom 'n enkele sent gegee nie.
In die kerk het hy heel voor gaan sit, en van die opsigters het hom gevra om asseblief heel agter te gaan sit. Hy het mense gegroet, maar al wat hy terug ontvang het was 'n paar vuil k**e en mense wat hom skaamteloos aanstaar. Mense het neergesien op hom en hom veroordeel.
Hy het agter gesit toe die diens begin, en daar het hy geluister na die aankondigings en die sange, en toe dit alles klaar was, was die ouderlinge baie opgewonde om die nuwe senior Pastoor aan die gemeente voor te stel. "En nou wil ons Pastoor Jeremiah Steepek aan julle voorstel"... die lidmate het begin rondkyk in afwagting... Stadig het die hawelose boemelaar opgestaan en vorentoe gestap... in stilte was alle oë op die boemelaar gerig... Hy het na die verhoog gestap, en die mikrofoon by die ouderlinge geneem (wat geweet het wie hy was), en toe na 'n oomblik se stilte het hy begin lees.....
"Dan sal die Koning vir die wat aan sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af.
Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen." (Matt 25: 34-40)

Na hy gelees het, het hy met die gemeente sy ondervinding van die oggend gedeel. Daar het heelwat koppe in skaamte gesak. En toe se hy: Vandag sien ek voor my 'n skare mense... nie die kerk van Jesus Christus nie. Die wêreld het oorgenoeg mense, maar daar is 'n ernstige tekort aan ware dissipels. Wanneer gaan jy besluit om 'n ware dissipel vir Christus te word? Hy het die diens toe daar afgesluit.

Wanneer gaan jy besluit om 'n ware dissipel van Jesus te word.........

Moenie vergeet om betyds te bespreek nie. Nog net beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar!
23/08/2018

Moenie vergeet om betyds te bespreek nie. Nog net beperkte hoeveelheid kaartjies beskikbaar!

23/08/2018

Die volgende lidmate het onlangs verjaar: Driaan Deetlefs & Martin Meyer (Sa, 4 Aug); Sandra Botes, Chantelle Bothma, Basie Nel & Ann van Helsdingen (So, 5 Aug); Magda Laatz (Di, 7 Aug); Gerhard van Niftrik (Wo, 8 Aug); Jacque Hunlun & Salomie Pretorius (So, 12 Aug); Len Stoop (Ma, 13 Aug); Tiaan Buys (Di, 14 Aug); Mario Gouws, Ria Griessel & Alet Pretorius (Do, 16 Aug); Juan Glutz (Sa, 18 Aug); Marilize van der Merwe (Ma, 20 Aug); Hardus Geyser, Dolf Grimbeek & Brenda Meyer (Di, 21 Aug); André Kleynhans, Sarel Koortzen & Yolande la C**k (Wo, 22 Aug). Vandag verjaar Precilla Smit!
Ons wens is dat julle ook met verwagting sal uitsien na die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat deurbreek.

23/08/2018

Met die oog op Bartolomeusnag-herdenking eerskomende Sondag in ons gemeente se erediens, die volgende gedagte oor 'martelaarskap':
Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat deurbreek nie. ... Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry. (Rom 8: 18 & 23)

03/08/2018

Vandag verjaar Martin Smit en Hennie van der Merwe. Baie geluk en seënwense vir julle toegebid.

03/08/2018

Al ooit gedink wat is die nalatenskap wat jy in hierdie lewe graag wil laat? Wat sal jy wil hê moet mense van jou onthou as jy nie meer leef nie?

In Genesis 6:9 word oor Noag gesê dat hy 'n regverdige man was - onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef.
God het aan Noag spesifieke riglyne gegee waarvolgens hy die ark moes bou, asook oor die diere wat in die ark geneem moes word. "Noag het alles gedoen presies soos God hom beveel het" (Gen 6:22).
Noag was nie net 'n voorbeeld oor hoe om in jou geloof te bly volhard nie, maar ook 'n voorbeeld van gehoorsaam in diens van God te wees. Daarom word van hom gesê hy was 'n regverdige man, onder sy tydgenote was hy onberispelik en hy het naby God geleef.

Wat sal mense van jou kan sê?

02/08/2018
02/08/2018

Op Maandag (30 Jul) het Monika Gouws & Marietjie Klopper verjaar, en gister was die verjaarsdag van Jan Serfontein. Ons glo & vertrou dat dié dag vir julle aangenaam was, en bid dat die Here julle in die nuwe lewensjaar steeds met sy genade sal seën.

Address

Hv Eaton/& Amielweg, Amielpark
Newcastle
2940

Telephone

0343129192

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nederduitsch Hervormde gemeente Newcastle posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share