Afrikaanse Protestantse Kerk

Afrikaanse Protestantse Kerk Afrikaanse Protestantse Kerkverband Wie is die AP kerkverband? Sodoende het kerke meegewerk aan die proses van die sekularisering van die samelewing.

https://www.youtube.com/watch?v=mxpuRBMIt8s

Die Afrikaanse Protestantse kerkverband bestaan uit gereformeerde kerke (gemeentes) van Christus wat:

Die Drie-enige God waarlik wil ken en wil dien;
Jesus Christus as Here bely en in Hom as die enigste Middelaar hulle volle redding verwag;
in 'n wêreld wat die mens al meer sien as die norm van sy eie besluite, glo dat die oppermag van God vanuit sy

Woord onverskrokke verkondig moet word;
hul kerkwees bou op die Bybel as Woord van God;
hulle roeping daarin vind om God se Woord suiwer te verkondig en hierin staan die uitgangspunte van die reformasie vir hulle sentraal, te wete: Die Woord alleen (Sola Scriptura), Christus alleen (Solus Christus), genade alleen ( Sola Fide);
die volgende belydenisskrifte aanvaar omdat dit in ooreenstemming met God se Woord is: Ekumeniese belydenisse: die Apostoliese Geloofsbelydenis; die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius. Gereformeerde Belydenisskrifte: die Nederlandse Geloofsbelydenis; die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls;
dus in die tradisie van die Hervorming staan;
elk as pilaar en grondslag van die waarheid, mense tot dissipels wil maak van die Drie-enige God en hulle wil leer om alles te onderhou wat die Here sy kerk beveel het. Die diepgewortelde verwysingsraamwerk aan die hand waarvan die lewe vandag verstaan en ingerig word, is die humanisme. Die AP kerkverband het sedert sy ontstaan hierteen standpunt ingeneem terwyl vele hoofstroom kerke al meer toegeeflik teenoor die humanisme geraak het. In ons dag word die waarheid gerelativeer as sou dit bloot die tydgebonde gesigspunte van bepaalde groepe en individue verteenwoordig, met die hoop en verwagting dat die vermenging van standpunte en kultuureiendomlikes tot ‘n nuwe oorkoepelende eenheid sal groei. Hierop wil die AP kerkverband ‘n antwoord bied, deur vanuit die waarheid van die Woord, kerke te wees wat dinamies hulle roeping vervul. Hierdie kerkverband het sy bakermat te midde van die Afrikaner as kultuurgroep. Hierdie kerkverband vind sy organisatoriese bedding hier omdat hy glo dat 'n kerk sy taak op sy effektiefste volvoer deur inheems te wees. Juis so mag die suurdeegeffek van die evangelie deurdring na alle lae van die kultuur. Dit bring mee dat die heiliging van die hele lewe in die gesigsveld kom en nie beperk bly tot die innerlike lewe van die individu nie. Dit beteken nie dat die AP kerke net binne hul eie kultuur wil werksaam wees nie. Ons wil gehoorsaam wees aan die groot opdrag van ons Here Jesus wat sy kerk beveel het om al die volke sy dissipels te maak; daarom is ons getuienistaak lewens- en wêreldomvattend.

01/09/2026

Sinode 2026: Dag 2

O HEER my God, as ek in eerbied wonder - en al u werke elke dag aanskou: Die son en maan, die aarde, sterre, wolke, hoe U dit elke dag so onderhou ... Dan moet ek juig, my Redder en my God! Hoe groot is U; hoe groot is U! Want deur die hele skepping klink dit saam: Hoe heerlik, HEER, u grote Naam!

Hier is dit nou, dag 1 van Sinode 2026.Ons sê baie, baie dankie aan AP Kerk Wonderboom  wat ons almal trommeldik huis to...
31/08/2026

Hier is dit nou, dag 1 van Sinode 2026.

Ons sê baie, baie dankie aan AP Kerk Wonderboom wat ons almal trommeldik huis toe gaan stuur! Julle gasvryheid is puik.

’n Groot dankie ook aan Boermedia wat die opnames behartig en die mooi foto’s geneem het.

Dankie aan elke afgevaardigde wat hier is, wat luister, saam d**k, saam praat en hul verantwoordelikheid met erns opneem. Mag hierdie week geseënd en vrugbaar wees.

Ons sien uit na wat die res van die week inhou!

VERJAARSDAGWENSE: Ds. Jan Brink van die AP Kerk Outjo/Grootfontein.
30/08/2026

VERJAARSDAGWENSE: Ds. Jan Brink van die AP Kerk Outjo/Grootfontein.

VERJAARSDAGWENSE: Ds. Roelf Smit van die AP Kerk Thabazimbi.
28/08/2026

VERJAARSDAGWENSE: Ds. Roelf Smit van die AP Kerk Thabazimbi.

VERJAARSDAGWENSE: Ds. Wimpie Burger van die AP Kerk Krugersdorp/Carletonville.
28/08/2026

VERJAARSDAGWENSE: Ds. Wimpie Burger van die AP Kerk Krugersdorp/Carletonville.

Address

Makoustraat 516
Monument Park
0105

Opening Hours

Monday 07:30 - 15:45
Tuesday 07:30 - 15:45
Wednesday 07:30 - 15:45
Thursday 07:30 - 15:45
Friday 07:30 - 15:45

Telephone

+27123621390

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Afrikaanse Protestantse Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Afrikaanse Protestantse Kerk:

Shortcuts

Share