26/01/2016
Jou Fontein sal nooit opdroog nie, sê die Here. Die Hemel sal nooit vir jou toe wees nie. Nooit sal my Heerlikheid van jou wyk nie. My Stem sal nooit vir jou stil raak nie. My Woord sal altyd Lewende Saad wees in jou Gees. Die Salwing van die Heilige Gees sal nooit ophou om van jou af te drup nie. Jou Lied sal nooit stil raak nie. Die kanaal is oop tussen JOU en MY, sê die HERE. Niks of niemand kan jou ooit uit my sterk hande uitruk nie. ¸.*`.¸¸ . ✶*¨*. ¸ .✫*¨* .¸¸.✶*¨`*✶✶*¨`*✶. GEBED: Vader dankie dat U saam met ons deur die nag gewaak het. Vader waak oor ons deur die dag dat ons vandag met n vonkel in ons oé en huppel in ons stap tegemoed kan gaan. Dankie Heer,dat ek kan bid en weet U luister: Heer geen uitdaging,geen afstand,of oplossing is te groot vir die werke van U Lig, U Liefde en Krag nie, en deur gebed vir my geliefdes maak ek die kanaal tussen U en hulle wawyd oop. Laat U lig Helder in hulle en om hulle skyn Heer, om alles wat nie van U is nie te suiwer en te heel. En waar die seer baie diep le, Heer van my hart, laat U liefde soos helende salf op hul wonde drup, en gee hulle die krag om voort te gaan in U krag. Vader Seen elkeen met dit wat U weet hulle nodig het. Vader hou elkeen deur hierdie dag styf vas dat hulle weet U is met hulle. Ons vra dit alleenlik in U Naam, Amen!