Kom ons dien God saam Ministries (NPO No 163-053

Kom ons dien God saam Ministries (NPO No 163-053 Here we share the Good news and the Gospil of God. It is received free give it free. Email Pastor P Wat ons glo.

GELOOFSBELYDENIS
 ONS GLO in God die ewige, drie-enige, almagtige skepper, onderhouer en regeerder van die hele skepping.
 ONS GLO in God die Vader, die Outeur van die skepping en verlossing.
 ONS GLO in Jesus Christus die enigste Seun van God die Vader, waarlik God wat ter wille van die mensdom en sy verlossing uit die hemel neergedaal en vlees geword het; wie deur die Heilige Gees verwek is e

n uit die maagd Maria gebore is, wie gewoon het op aarde en gekruisig was, gesterf het en begrawe was, wie uit die dood opgestaan en opgevaar na die hemel waar Hy sit aan die regterhand van die Vader.
 ONS GLO in die Heilige Gees, waarlik God wie voortgaan vanuit die Vader en die Seun, wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel en lei in alle waarheid.
 ONS GLO dat die Bybel is die woord van God, geskryf deur mense soos die Heilige Gees hulle geïnspireer het. Ons glo dat dit gesaghebbend die wil van God verkondig en leer ons alles wat nodig is vir verlossing.
 ONS GLO dat alle mense in die beeld van God geskep is, as gevolg van hulle sondige opstand is hierdie beeld geskend, sodat alle mense voor God gesondig het en dit is die wil van God dat alle mense saligheid sal ontvang deur geloof in Jesus Christus.
 ONS GLO in die dooping in die Heilige Gees met die aanvanklike teken van spreke in tale soos aan alle gelowiges belowe. Ons glo in die openbaring van die gawes en die vrug van die Gees in die lewe van ‘n Christen. Ons glo dat ‘n Christen ‘n dissipel van Jesus Christus is wat ‘n toegewyde en heilige lewe moet handhaaf.
 Dat Jesus Christus die Hoof van die Kerk is wat deur die Heilige Gees gelei word en bestaan uit alle wedergebore gelowiges. Die Kerk is verantwoordelik vir die verkondiging en demonstrasie van die evangelie en God se wil vir alle mense. As ‘n charismatiese gemeenskap verkeer hulle onderling en stig mekaar.
 ONS GLO dat die doop van die gelowige deur onderdompeling en die Nagmaal ingestel is deur Jesus Christus en deur die Kerk onderhou moet word.
 ONS GLO dat op die tyd wat deur God uitgekies is, Jesus Christus sy Kerk sal kom wegneem.
 ONS GLO in ‘n dag van oordeel wanneer Jesus Christus die lewende en die dode sal oordeel. Ons glo in die opstanding van die liggaam en die ewige lewe vir die regverdige en ewige straf vir die goddelose. Ons glo in die nuwe hemel en die nuwe aarde waar God in heerlikheid sal regeer. MISSIE
Die missie van die gemeente is:
 Om God te verheerlik;
 Die koninkryk van God te verkondig deur die prediking van die evangelie van Jesus Christus deur die krag van die Heilige Gees;
 Aan die behoeftes van die totale persoon te bedien;
 Te ontwikkel, toe te rus en gelowiges te bemagtig vir effektiewe diens in die bediening;
 Die invloed van die gemeente buite sy grense en in die buiteland uit te brei;
 Die gemeenskap van die gelowiges te bevorder en om bedieninge in ‘n netwerk saam te voeg. BEDIENINGE
Die kerk erken die volgende bedieninge:
 Die toerusting bedieninge volgens Efesiërs 4:1-14.
 Apostels
 Profete
 Evangeliste
 Herders
 Onderwysers
 Die charismatiese bediening gawes soos beskryf in Romeine 12:6-9 en 1 Kor 12:4-11.
 Ouderlinge en diakens (1 Tim.3 en Tit.1).

29/08/2018

Ons wil n Vroeë Kersmark hou 3 November 2018. Adres: H/v Logios en Commissionerstrate Burgershoop, Krugersdorp Wes. R150 tafelfooi vir fondsinsameling vir KOM ONS DIEN GOD SAAM BEDIENINGE. NPO nr 163 053. Kontak persone:  Past Zenobia Fazen (0845095051) // Past Petrus 061 116 0152 of Lizette Croukamp 0814361392 croukamplizette93@ gmail.com. Vir verdere besonderhcede as u sou belang stel vir n tafel/stalletjie. Ons sal per epos vir u bankbesonderhede stuur. Daar is n portefeulje beskikbaar oor Kerk indien u sou belang stel. Ons wil graag n verskeidenheid items daar he. Handgemaak, gebak, speelgoed. Elke uitstaller moet eie tafels voorsien. Daar is nie krag nie so u moet eie kragopwekker ook voorsien. Daar sal musiek gespeel word. Of as iemand sou belangstel om musiej te speel kontak ons gerus. En baie eetgoed. Geen drank toegelaat. Toegang gratis. Daar sal 'n boks wees vir enige ander doenasies wat geskenk wil word vir een van die projekte. Hoop om julle almal daar te sien.

STAAN OP, PAK DIT AAN EN DOEN DIT.29 Augustus 2018“Staan op, want die saak rus op u, en ons staan by u; wees sterk en ha...
29/08/2018

STAAN OP, PAK DIT AAN EN DOEN DIT.
29 Augustus 2018
“Staan op, want die saak rus op u, en ons staan by u; wees sterk en handel!” {Esra 10:4}.
Terry Fox het regoor Kanada gehardloop en miljoene ingesamel vir die stryd teen kanker. Dit was verstommend gewees, want hy het net een been; hy’t die ander deur kanker verloor. Hy wou ses-en-twintig kilometre per dag aflê, maar weens erge hoofpyne, sneeu en ysige paaie, kon hy ‘n maand slegs agt kilometre per dag deurworstel. Waarom het hy aangehou?
Dis omdat sy doel in sy binneste sterker was as sy liggaamspyn. Sy been is geamputeer, nie sy gees nie! Toewyding is ‘n gewilligheid om te doen wat dit ookal verwis; ‘n belofte aan jouself, wat jy nie laat los nie. Daar’s ‘n verskil tussen belangstelling en toewyding. As jy belangstel, doen jy dit vir die gerief, maar ‘n toegewyde persoon aanvaar geen verskoonings nie – net resultate. Net jy kan besluit of die belonging die moeite werd is, want daar’s ‘n teendeel. Ja, jy kan beswaarlik ‘n gesonde liggaam hê deur gemorskos te eet. ‘n Gewaarborgde inkomste bestaan nie as jy ‘n eie besigheid begin nie. Toewyding beteken dat jy baie insit.
Dit beteken ook jy moet jou kritic ignorer. Soos Jesus gedoen het. ‘Jesus het egter met die een oor gehoor wat daar gesê word, Hy sê: … Moet jou nie onstel nie. Bly maar net glo” {Markus 5:36 NV}.
Ralph Waldo Emerson het altyd gesê: “Watter koers jy ookal op besluit, daar sal altyd iemand wees wat vir jou vertel dat jy verkeerd is. Daar kom altyd probleme na vore wat jou laat glo die kritici is reg. Om ‘n plan van aksie uit te werk en dit te volg tot aan die einde verg moed.”
Sielskos uit die Woord van God:
“En Hy het in Jérigo gekom en daar deurgegaan. En daar was ‘n man met die naam van Saggéüs, ‘n hoof van die tollenaars en ‘n ryk man. En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was. En hy het vooruit gehardloop en in ‘n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan. En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly. Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang. En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by ‘n sondige man tuisgegaan. Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug. Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook ‘n seun van Abraham is. Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.”{Lukas19:1-10}.
“Die verstand van ‘n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom ‘n eer om die oortreding te vergewe.” [Spreuke van Salomo 19:11}.
Sëen Groete
Past. Petrus Fasen

Welkom

DIE GEVAAR VAN TE VEEL BESITTINGS.13 Augustus 2018Jesus het toe vir Sy dissipels gesê: “Dit verseker Ek julle: ‘n Ryk me...
13/08/2018

DIE GEVAAR VAN TE VEEL BESITTINGS.
13 Augustus 2018
Jesus het toe vir Sy dissipels gesê: “Dit verseker Ek julle: ‘n Ryk mens sal moeilik in die Koninkryk van die hemel kom. Ek stel dit nog sterket: Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te kom as vir ,n ryke om in die Koninkryk van God te kom.”
Goeie dag elke vriend
My vriend / vriendin hierdie is heel waarskynlik een van Jesus se bekendste uitsprake. Dit word dikwels aangehaal deur mense wat hulleself nie as ryk of wel af beskou nie. ViR baie mense is die woorde ‘n soort troos vir hulle omstandigheide wat ek self al teegekom het. Soos “Tevye” in “Fiddler on the Roof” gesê het: “God moet baie lief wees vir arm mense – kyk hoeveel van hulle het Hy gemaak!”
Maar my vriend/ vriendin hoekom sou rykdom lei tot gebrekkige spiritualitiet? Dis tog mos nie boos om ryk te wees nie; dit sien ‘n mens tog as jy d**k aan hoe God Ou-Testamentiese figure soos Abraham, Job en Salomo met baie besittings gesëen het. Dat God dit nog steeds tot vandag toe nog doen, kan ‘n mense dit sien in boeke soos Bily Graham se outobiografie “Just As I Am” waarin vertel word hoeveel ryk ondersteuners van sy bedienig {en dus van God se Koninkryk in die algemeen} die hand diep in die sak steek om ook ander belangrike uitreik-aksies te laat slag.
Nou my vriend / vriendin, soos ‘n mens kan aflei uit die verhaal van die ryk jong man wat na sy ontmoeting met Jesus van Hom af weggedraai het, en soos Jesus ook by ander geleenthede gesê het, is dit die ekstra bekommernisse wat rykdom meebring wat mense laat struikel. ‘n Welvarende lewe is nie ‘n kommerlose lewe nie. Om die waarheid te sê; hoe meer besittings of selfs beleggings of materiële dinge ‘n mens het; hoe meer het jy om jou oor te bekommer en hoe meer aandag moet jy daaraan bestee.
So eenvoudig – of so ingewikkeld – is die saak. Dat dit baie moeilik is vir rykes om selfs in de Koninkryk te kom, maar dis doodeenvoudig omdat hulle soveel ander sake het wat hulle aandag aftrek van die ware dinge wat die belangrikste is wat Jesus vir ons ingestel het.
Nou my vriend / vriendin, is jy dalk ryk in die dinge van die wêreld? Indien wel jy jouself as welvarend beskou, besit jy jou besittings, of besit hulle jou? Ek d**k dis ‘n vraaggie wat ons almal self ons moet ondersoek in.
Sëen Groete en Liefde in Jesus.
Pastoor Petrus Fasen.

Welkom

19/07/2018

Goeie naand vriende.
Vanaand lê iets op my hart wat ek moet deel....
Mens kon gister 67 minute aan gemeenskap afstaan vir n man (Mandela) wat oorlede is regoor ons land.....
Maar die vraag wat ek vra en wat opgekom het in my hart vanaand is....
Hoeveel tyd gee u vir Jesus? Hoeveel tyd gee u aan Jesus se werke? Hoeveel tyd gee u in die bedienings veld daar buite?
Soos ek vandag vir iemand gesê het: as n mens nou daar voor die Wittroon kom en Jesus vra vir ñ mens...
Voor ek jou toelaat in die Koningkryk moet jy eers die vraag andwoord vir My antwoord: wat het jy gedoen op aarde vir My voor ek jou in die Hemel sal inlaat?
Wat sal u andwoord wees aan daai Jesus wat vir my en jou sondes aan die kruishout moes lei

14/07/2018

Zenobia Fasen > ‎Kom ons dien God saam Ministries (NPO No 163-053
Goeie naand aan elke vriend en vriendin.
Moenie jou afspraak môre-oggend vergeet nie. Tyd 09:00 te Mark saal by Krugersdorp Stadsraad in Market straat Krugersdorp. Parkering by hek 6
God het met jou n afspraak. Kom luister na wat God se stem.
Sien uit om elkeen daar te sien
Groete Pastore Petrus en Zenobia Fasen

12/07/2018

‎Zenobia Fasen‎ to Kom ons dien God saam Ministries (NPO No 163-053
Just now ·
Here is your word for today:

Verse: Philippians 1:27

'Above all, you must live as citizens of heaven, conducting yourselves in a manner worthy of the Good News about Christ.'

- We should always remember that as children of God we are citizens of heaven.
- We are His representatives and His ambassadors here on earth.
- How we live our lives is of great importance, because He has work for us to do.
- Let us live lives that honour the Lord so that others can be touched in the process.

PRAYER: Lord, thank You that I can be a 'Citizen of Heaven' and a representative for You. Use my life in such a way that I will be a part of expanding Your Kingdom here on earth and may my life bring glory and praise to You. Amen.

Address

Cnr Commissioner Street & Market Street {Market Hall}
Mogale City
1739

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kom ons dien God saam Ministries (NPO No 163-053 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Kom ons dien God saam Ministries (NPO No 163-053:

Share