VEK Mindalore, Krugersdorp

VEK Mindalore, Krugersdorp Volle Evangelie Kerk Mindalore
Pastoor Danie Theron 082 384 8888

Oggend diens elke Sondag 10am

25/12/2022

Kersboodskap

In die naaktheid van Sy pyn; gegesel, verbrysel en vervloek aan die kruis, op Hoofskedelplek, sien ek die Ster van Bethlehem.

In die ongemak, pyn en al die asyn, hoor ek 'n onseker klop aan 'n deur van 'n stal en vergader daar, uit die Ooste van wysheid, hulle wat van Hom in die hemelruim bespied het deur te ontsyfer wat die sterre, in hul opgewondenheid, nie kon versteek nie.
Hulle, van ander oortuiging, bring geskenke van goud en wierook en mirre.

Later, in desperate weemoed, terwyl Hy vra: Abba, hoekom is U weg, hoor ek klinkhelder Abba aan Sy herders basuin: Vrede op aarde en in die mense 'n welbehae!

Helaas, toe Hy Sy gees gee, is Hy in daardie grys oomblik onbewus van Hemelwesens wat in afgryse toekyk maar tog soos een man roep: Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors!

En vanoggend sing dit in my hart, want ek weet my versekering lê in die heerskappy van hierdie wêreld, wat op Sy skouers rus en aan Hom toevertrou is.

Hierdie Immanuel; my Jesus.

Juig, want ons herdenk 'n Redder wat in ander gestalte gestuur is om in Bethlehem van Juda die eerste lig te sien.

Vier fees en wees vrolik want ons gebruik vandag as 'n herdenkdag van dit wat ons Kersfees noem.

Glimlag, in Sy nederigheid, en hou partytjie want die ganse wêreld moet weet 'n Verlosser is gebore en dat Hy tot in ewigheid leef!

Gaan groot, want God het groot gegaan!

Mag hierdie Kersdag vrede vir jou bring.
Mag hierdie oomblik, in sy grootsheid, jou tot seën wees, terwyl ons hande vat, selfs met vreemdes, en opreg uit dankbare harte wat lewe, sê: Geseënde Kersfees!

24/12/2022
10/10/2022

HEBREËRS 12:3

Hou Hom voor oë wat so 'n vyandige optrede van die sondaars teen Hom verdra het. Dan sal julle nie geestelik moeg word en uitsak nie.

19/06/2022
18/06/2022

Markus 6:34
Toe Jesus uit die skuit klim, het Hy ‘n groot menigte mense daar gesien en Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie ‘n wagter het nie. Hy het hulle toe baie uitvoerig begin leer.

Om oor te gesels of d**k
Die woorde in hierdie teks, naamlik ‘innig jammer gekry’, kan ook vrylik vertaal word met ‘hart gebreek’. Jesus se hart het gebreek vir die mense wat hy gesien het. Dit te midde daarvan dat Jesus eintlik opsoek was na afsondering, kan ons sê dat Jesus mense in hul nood raak gesien het – en dit het hom aangeraak.

Neem ’n oomblik van stilte
Waarvoor breek jou hart tans? Dalk in jou onmiddelike omgewing of in die samelewing? As ons sê ons wil meer en meer soos Jesus word, dan moet ons ook onsself toelaat om ander raak te sien, ongeregtigheid raak te sien en ook ‘n hart hê wat kan breek vir hierdie nood.

Gebed
Here God, wys my vandag waarvoor U hart in ons hedendaagse konteks breek. En Heilige Gees, help my om nie die gevoel wat by my opkom weg te stoot nie, maar ook toe te laat dat my hart breek vir ander mense en dinge wat verkeerd is. Amen

17/06/2022

Matteus 5:16
“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
‭‭
Om oor te gesels of d**k
Die Boodskap stel hierdie vers baie prakties: “Julle moet soos ’n lig in hierdie pikdonker wêreld skyn. Ander mense moet uit julle woorde en dade sien dat julle God van harte dien. Dan sal hulle sê dat God regtig ’n groot en goeie God is. So word julle hemelse Vader se Naam regtig grootgemaak.”
‭‭Ons wooorde en dade maak ‘n verskil. Jesus moedig sy volgelinge aan om goeie werke te doen, sodat die Vader verheerlik kan word. Ons doen dit nie net vir mense om raak gesien te word nie, maar God se Naam groot te maak. So lewe ons ‘n getuienis wat soos lig ‘n verskil maak.
As dit voel of dit nie help om goed te doen nie, skep moed, want jy is vir iemand Jesus se lig van liefde met jou woorde en dade.

Gebed
Here Jesus, mag my lig vandag skyn. Mag ek vandag U Naam groot maak met my woorde en dade. Help my om U lig in my te reflekteer. Amen.

Vandag se Jeugdag kaskenades by die Streekkantoor in Alberton.Ons het nou wel nie 'n span ingeskryf nie maar dankie aan ...
16/06/2022

Vandag se Jeugdag kaskenades by die Streekkantoor in Alberton.

Ons het nou wel nie 'n span ingeskryf nie maar dankie aan almal wat ondersteun het al het ons nonsens gepraat en baaaie volleyball gekyk.

Volgende jaar sal ons 'n gedugte span inskryf om met van die louere weg te stap

Onthou Vadersdag-diens eerskomende Sondag om 10:00!

Geseënde naweek vir almal.

Address

Cnr Circle Road & Fourie Street
Mindalore

Opening Hours

10:00 - 00:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VEK Mindalore, Krugersdorp posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to VEK Mindalore, Krugersdorp:

Share