08/09/2026
🌿 WOORD VIR DIE DAG
Wat jy aanhou duld, word dikwels wat ander d**k aanvaarbaar is.
Wanneer jy voortdurend disrespect, leuens, manipulasie of swak behandeling aanvaar, leer jy mense – soms sonder om dit te besef – dat hulle daarmee kan voortgaan.
Grense is nie om iemand nie liefde te gee nie.
Om vir jouself op te staan beteken nie jy is hard of ongenaakbaar nie. Dit beteken jy verstaan jou waarde en jy weet wat God van jou verwag.
Jesus het ons geleer om ander lief te hê, maar liefde beteken nie dat jy alles moet verdra wat jou vernietig nie.
Daar is ’n tyd om vrede te maak, maar ook ’n tyd om weg te stap.
📖 “Bo alles wat bewaar moet word, bewaar jou hart, want daaruit is die oorspronge van die lewe.” – Spreuke 4:23
Moenie bang wees om ’n grens te trek waar God vir jou wys dat ’n grens nodig is nie. Jy hoef nie almal tevrede te stel om gehoorsaam aan God te wees nie.
Vandag se uitdaging:
Kyk eerlik na wat jy in jou lewe toelaat. Vra jouself: “Is dit iets wat God wil hê ek moet aanhou aanvaar?”
Jy leer mense hoe om jou te behandel deur dit wat jy toelaat. Kies vandag om jou hart, jou vrede en jou waardigheid te beskerm. 🙏
Liefde en Seën