N.G. Gemeente Middelburg - Witkerk

N.G. Gemeente Middelburg - Witkerk Eredienstye is net in die oggend:
Diens: 09:30 am
Kategese: 10:30 am

*Die gemeente staan bekend as die Witkerk wat verwys na die gebou.

Onder die Genade van God sedert 1867. Aangaande
Welkom by die NG Gemeente Middelburg. Ons wil 'n biddende gemeente wees wat ons verdiep in God se Woord. Doel
Ons glo dat die Bybel die woord van God is, deur God geinspireer, en is vir ons van onskatbare waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, (2 Tim 3:16)

Ons verbind ons tot die liggaam van Christus-metafoor van kerkwees soos dit gevind word in Ef 4, Rom 12, 1 Kor 12 en 1 Pet 2. Ons verbind ons aan die drie Gereformeerde belydenisskrifte omdat ons glo dat dit in ooreenstemming is met die Woord van God. Omdat ons die veranderende konteks waarin ons lewe aanvaar, en besef dat sekere veranderings in die styl en werkswyse van die gemeente gevra word, verbind ons ons tot gereelde ondersoek en herbesinning. Ons staan in 'n verhouding met God, onsself en die wereld en hierdie verhouding kry gestalte deur ons werksaamhede te struktureer in vier bedieninge naamlik aanbidding, getuienis, onderlinge sorg en verbondsopvoeding.

05/09/2026
Hoeveel van ons lewe probeer ons nog self vashou?Psalm 37 nooi ons om ons pad aan die Here oor te gee, op Hom te vertrou...
22/08/2026

Hoeveel van ons lewe probeer ons nog self vashou?

Psalm 37 nooi ons om ons pad aan die Here oor te gee, op Hom te vertrou en te rus in sy trou.

Om die wil van die Here te soek. Uit Matteus 26:36–46 word ons vanoggend ook genooi om te vra: Soek ek werklik die Here ...
09/08/2026

Om die wil van die Here te soek.

Uit Matteus 26:36–46 word ons vanoggend ook genooi om te vra:

Soek ek werklik die Here se wil. Selfs wanneeer dit ook iets van my vra?

God se Genade is verniet ontvang, maar dit verander ons lewe.Hebreërs 12 roep ons om die wedloop van die geloof met volh...
31/07/2026

God se Genade is verniet ontvang, maar dit verander ons lewe.

Hebreërs 12 roep ons om die wedloop van die geloof met volharding te hardloop, ons oë op Jesus gevestig te hou en nie die Genade van God gering te ag nie.

Nagmaal met tema: Vertrou volkome in God en weerstaan versoeking.
25/07/2026

Nagmaal met tema: Vertrou volkome in God en weerstaan versoeking.

Jesus nooi elkeen: “Wie na My toe kom, sal Ek nooit verwerp nie.” (Johannes 6:37)
04/07/2026

Jesus nooi elkeen: “Wie na My toe kom, sal Ek nooit verwerp nie.” (Johannes 6:37)

“Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus.”‭‭Romeine‬ ‭10‬:‭17‬ ‭AFR20‬...
20/06/2026

“Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus.”

‭‭Romeine‬ ‭10‬:‭17‬ ‭AFR20‬‬

Address

Kerkplein, Kerkstraat (Walter Sisulustraat)
Middelburg
1050

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when N.G. Gemeente Middelburg - Witkerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to N.G. Gemeente Middelburg - Witkerk:

Shortcuts

Share