NG Kerk Melmoth

NG Kerk Melmoth 2022 se tema: Geloofsvolwassenheid

Adres: Hammerstraat Melmoth

09/05/2024

Vanaand het ons ‘n Hemelvaartdiens in die kerkgebou 6 nm. Almal is baie welkom.
Van Sondagoggend begin ons met Pinksterdienste, en daarna elke aand 6 nm tot Donderdag. Ons gaan ook ‘n koppie sop geniet na die diens. Almal is baie welkom 😇

26/11/2023

Ons het vanaand ons Kerssangdiens om 6 uur. Almal is baie welkom om dit by te woon. Ons gaan die meerderheid liedere met orrelbegeleiding (deur Heleen gespeel) sing. Na die tyd sal daar verversings wees.

26/07/2023

Kan julle dit glo, ons is nou al oor die helfte van dis jaar.
Die res van die jaar se program lyk soos volg:
30 Jul Ps 42/43
6 Aug Ps 20
13 Aug Ps 75 Nagmaal
20 Aug Ps 28
27 Aug Ps 39
3 Sept Ps 15
10 Sept Ps 19
Leraar verlof tot 30 Sept
17 Sept reëling sal nog getref word
24 Sept reëling sal nog getref word
1 Okt Ps 57
8 Okt Ps 3
15 Okt Ps 33
22 Okt Ps 5
29 Okt Ps 84/85 Hervormingsfees en Nagmaal
5 Nov Ps 80
12 Nov Ps 149
19 Nov Ps 90
26 Nov Kerkraadsafsluiting en Kerssangdiens
3 Des Ps 144
10 Des Ps 65
17 Des Ps 14/53
24 Des Ps 107
25 Des Ps 110 Kersfees
31 Des Ps 150 Oujaarsdiens

Ons sal enige veranderings aan die Program betyds deurgee.

17/05/2023

Môre aand begin die Pinkstertyd met die Hemelvaartdiens, waarna ons elke aand van Sondagaand bymekaar kom. Die program lyk soos volg:
Donderdagaand 6 uur Hemelvaart teks Ps 73
Sondagoggend 9 uur Pinksterdiens 2 Ps 143
Sondagaand 6 uur Pinksterdiens 3 Ps 139
Maandagaand 6 uur Pinksterdiens 4 Ps 126
Dinsdagaand 6 uur Pinksterdiens 5 Ps 128
Woensdagaand 6 uur Pinksterdiens 6 Ps 121
Donderdagaand 6 uur Pinksterdiens 7 Ps 122
Sondagoggend 9 uur Pinksterfees Ps 147

Almal is baie welkom en sop sal van Sondagaand elke weeksaand na die tyd bedien word.

22/02/2023

Ons het Sondag begin met die Lydenstyd. Elke Sondag gebruik ons 'n vraag uit die Psalms om 'n antwoord te kry.
19 Feb - Hoe lank gaan U my vergeet? (Ps 13)
26 Feb - Hoe lank gaan U toekyk? (Ps 35)
5 Mrt - Waarom verstoot U? (Ps 74)
12 Mrt - Hoe lank nog gaan U toornig bly (Ps 79)
19 Mrt - Hoe kan ons 'n lied sing? (Ps 137)
26 Mrt - Kan die dooies U prys? (Ps 88)
2 April - Wie kan dan staande bly? (Ps 130)
Goeie Vrydag 7 Apr - My God, my God waarom het U my Verlaat? (Ps 22)
Almal is meer as welkom om by die eredienste in te skakel.

27/12/2022

Die leraar van die gemeente, ds Sarel, se 3 jaar kontrak eindig 31 Des. Dit is met 'n verdere 2 jaar verleng tot in Des 2024.

Die jaar 2022 is byna klaar. Ons het hierdie jaar oor geestelike volwassenheid gepraat. Ons beplanning vir volgende jaar, is om deur die Psalms te werk. Daar sal ook sporadies van ander tekste buite die Psalms gebruik gemaak word, maar ons konsentreer om die Psalmboek beter te verstaan.
Ons gaan begin met Psalm 1 en daarna Ps 119. Tydens Lydenstyd gaan ons verskeie vrae oor lyding probeer beantwoord: Hoe lank nog, het die Here van my vergeet? Hoe lank gaan die Here nog toekyk voordat Hy ingryp? Waarom verstoot die Here my? Hoe lank gaan die Here toornig bly met my/ons? Hoe kan ons 'n lied sing onder hierdie omstandighede? Hoe kan ons staande bly? en op Goeie Vrydag gaan ons na Jesus se sterwens woorde kyk, My God, My God, waarom het U my Verlaat. Dit is maar net van die temas wat ons gaan aanspreek in hierdie 1ste kwartaal van 2023.

Begin solank daaraan lees, en as enige van julle vrae het om te vra, is julle welkom om dit te vra.

Geseende Nuwe Jaar vir julle almal.

28/09/2022

Ons is nou in die laaste kwartaal van die jaar. Nadat ons deur die Ou Testament gewerk het, en die Nuwe Testament gekyk het tov geloofsvolwassenheid, gaan ons die laaste deel konsentreer op Jesus se hantering van mense. Ons begin Sondag met die Samaritaanse vrou in Johannes 4.

06/06/2022

Na 'n uiters suksesvolle Pinksterprogram, gaan ons die volgende paar Sondae na 'n paar gelykenisse wat Jesus vertel het, kyk.

12 Junie Die uitnodiging na die fees Luk 14
19 Junie Die wagtende vader Luk 15
26 Junie Die parmantige Samaritaan Luk 10
3 Julie Die saaier Luk 8
10 Julie Die ryk man en Lasarus Luk 16
17 Julie Die Fariseer en die tollenaar Luk 18

Ons sien daarna uit om julle by die eredienste te sien.

27/05/2022

Ons is nou binne die Pinkstertyd waar ons spesifiek oor die vrug van die Gees uit Galasiërs 5 praat. Die Heilige Gees bou voort op die fondasie van die redding wat deur Jesus Christus bewerk is. Daarom is die vrug van die Gees net in en deur Christus moontlik. Ons het gisteraand gepraat oor die liefde, en Sondagoggend gaan ons stilstaan by die vreugde en blydskap terwyl ons Sondagaand oor vrede sal praat. Daarna gaan ons elke aand tot Donderdag 'n ander aspek bespreek. Ons nooi almal uit om dit te kom bywoon. Dit word gehou om 6 uur in die kerkgebou.

08/05/2022

Hierdie maand is Pinkstermaand. Die opstanding van ons Here het plaasgevind en 40 dae later, is dit sy hemelvaart (26 Mei). Dit is ook die begin van die Pinkster. Hierdie Sondag (15 Mei) begin ons met Paulus se brief aan die gemeente in Galate, in besonder hoofstuk 5. Gedurende die Pinkstertyd konsentreer ons dan meer op die vrug van die Gees. Ons doen dit alles met die hooftema: Geestelike volwassenheid, in gedagte. Sien julle almal daar!

09/04/2022

Aprilmaand is gewoonlik die tyd van die jaar waar ons die kruisgebeure van ons Here Jesus herdenk. Ds Daan het ingestem om die Paasfeesgebeure met ons te kom deel vanuit die Woord. Môre oggend sluit ek die Lydenstyd af met Joh 13. Geseënde Paasfees vir almal.

11/02/2022

Tydens Sondag se gaan ons verder lees oor . Verlede week het ons gekyk na die kontraste wat voorgekom het, terwyl ons hierdie keer vanuit 'n ander hoek daarna gaan kyk. Daar is 'something fishy' in verband met die vis wat Jona ingesluk het. Kom hoor wat dit is! Lees gerus Jona 1:1-2:2.

Address

Kerkgebou In Hammerstraat. Posbus 42
Melmoth
3835

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Melmoth posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share