04/09/2026
Sondag 30 Augustus 2026
Pastoor Rochellé Van Der Merwe
WANNEER DIE WÊRELD RONDOM JOU SKUD…
💭Moet nie jou posisie verloor in ‘n wêreld wat jou aandag wil steel nie!
Ons leef in ’n wêreld vol stemme, slegte nuus, vrees, konflik en druk. Sonder dat ons dit besef, kan ons fokus verskuif van God na op ons omstandighede.
Die grootste gevaar is nie altyd wat rondom ons gebeur nie —
DIT IS WANNEER WAT RONDOM ONS GEBEUR, BEGIN BEPAAL WAT BINNE ONS GEBEUR.
📖 Kolossense 3:2
“Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.”
Ons kan nie altyd beheer wat gebeur nie, maar ons kan kies waarop ons ons gedagtes laat bly.
Wanneer vrees kom, kies geloof.
Wanneer bekommernis kom, kies vertroue.
Wanneer alles onseker voel, kyk na Jesus.
📖 Jesaja 26:3 “U bewaar hom in volkome vrede wie se gedagtes op U gerig is, omdat hy op U vertrou.”
📖 Filippense 4:8 “… alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, allwes wat loflik is- bedink dit.”
Wanneer ons kies om deur die Gees te leef dan word ons gedagtes omskep in deugde en ons dra vrug wanneer ons KIES om Christus te volg en in die Gees te wandel.
Die wêreld mag verander.
Mense mag verander.
Omstandighede mag verander.
Maar God verander nie.
Wanneer alles rondom jou onseker voel, hou vas aan die Een wat seker is.
Hou jou oë op Jesus. Hou jou hart by God.
🙏🏻🤍