Hervormde Kerk Lydenburg

Hervormde Kerk Lydenburg Hervormde Kerk Lydenburg

02/10/2021
‘n LofliedOns woon teen die Magaliesberg naby Mooinooi. as ‘n mens hier op die stoep sit en die natuurskoon bewonder, of...
09/09/2021

‘n Loflied
Ons woon teen die Magaliesberg naby Mooinooi. as ‘n mens hier op die stoep sit en die natuurskoon bewonder, of teen die berg opstap en alles om jou hoor, sien en beleef, begin jy iets van die skoonheid van Psalm 8 waardeer. en wanneer jy saans die sterrehemel bewonder, weerklink die woorde uit die psalm in jou ore: ... hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!
Luister goed: Dit is nie sommer maar net daar nie. Die skoonheid daarvan is nie, maar net toevallig nie. Nee, dit is alles God se werk. God het dit net met die beweging van sy vingers geskep. Die grootsheid van alles, dit wat wonderbaar skoon is, kom van God af.
Dis nie al nie. Hier is ook van genade onbeskryflik groot sprake. Hierdie God laat kinders en suigelinge toe om die magtige werk wat Hy tot stand gebring het, te besing. Dit wat groot mense sukkel om te verstaan, daaroor sing kinders ‘n loflied tot eer van God. Die kinders wat so sing, maak hulle wat teenoor God stelling inneem stil. Almal wat aan grootheidswaan ly, moet goed Hierna luister. God gebruik meermale die swakkes, die wat nie gesien of gehoor moet word nie, om hulle wat sterk is te beskaam. Hy laat meermale sy boodskap dra deur verworpenes en geringes om hulle wat d**k dat hulle iets is te ontmasker.
Tog d**k God aan die mens. Hy laat hom die werk van sy hande bewaar. Ag, wat is die mens tog dat God so aan hom d**k. Moet ons nie, maar almal by die kinderkoor aansluit en uit volle bors saamsing nie: Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde.

Twee – Twee Jesus het sy dissipels altyd twee-twee uitgestuur. Twee is baie beter as een. As die een val, kan die ander ...
25/08/2021

Twee – Twee

Jesus het sy dissipels altyd twee-twee uitgestuur. Twee is baie beter as een. As die een val, kan die ander een hom op help. As die een moedeloos word, kan die ander een hom motiveer. Twee is daar om mekaar by te staan. Die Bybel is vol sulke verwysings, soos Judas en Silas, Timoteus en Silas en Timoteus en Erastus om net ‘n paar te noem.

Daar is ‘n krag wanneer mense in eenheid optree. Eendrag maak mag, sê die ou leuse. Dit is eerder saam werk, saam bid, saam getuig en saam dien. Vra die Here om vir jou ‘n maat of arbeider te gee wat by jou pas sodat julle 2 die lewe saam kan aanpak en so saam dinge oorwin.

In die tyd van vandag het ons so ook nodig om saam te staan om al die moeilik in die lewe aan te pak. Soek vir jou iemand om saam jou te staan. God sal by julle staan in alles wat julle aanpak.

Address

Viljoenstraat 40
Lydenburg
1120

Opening Hours

Monday 07:30 - 16:00
Tuesday 07:30 - 16:00
Wednesday 07:30 - 16:00
Thursday 07:30 - 16:00
Friday 07:30 - 16:00

Telephone

+27132353554

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hervormde Kerk Lydenburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Hervormde Kerk Lydenburg:

Share