Hervormde Kerk Leeudoringstad

Hervormde Kerk Leeudoringstad Ons is 'n geloofsgemeenskap wat in Leeudoringstad 'n verskil wil maak. Die doel van die bladsy is

23/01/2013

Wees sterk en hou goeie moed . Ja vertrou op die Here !

27/03/2012

Vroeg opstaan is lekker,maar moet die beddens regtig 04:16 reggemaak word?

01/03/2012

"Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees." Ps 11:7

29/02/2012

"Die Here is in sy heilige tempel! Die Here is op sy troon in die hemel!Sy oë is oop, sy oë keur die mensekinders." Ps 11 : 4

28/02/2012

"U behartig die regsaak van die weeskind en van die mens in nood, sodat niemand op aarde langer in vrees hoef te lewe nie." Ps 10 : 18

27/02/2012

Dankie vir almal wat saam gebaljaar het met die Pienk Basaar. Julle is great!

27/02/2012

"U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed." Ps 10 : 17

25/02/2012

U, Here, is 'n barmhartige en genadige God,lankmoedig, vol liefde en trou. Sien my, U dienaar van geboorte af, in genade aan. Ps 86

24/02/2012

Op die dag van my nood roep ek na U, U sal my gebed verhoor. Daar is geen god soos Unie, Here, niks kan met U vergelyk word nie. Ps 86

23/02/2012

Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar. Liefde en trou sal mekaar ontmoet, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels; trou sal uit die aarde opspruit, geregtigheid sal uit die hemel uit afkom. Ps 85

22/02/2012

Here, Almagtige, my Koning en my God!Dit gaan goen met mense vir wie U huis 'n tuiste is;hulle hou nie op om u te prys nie. Ps 84

21/02/2012

Hoe lief het ek u woning, Here Almagtige! Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God. Ps 84

Address

Schochstraat
Leeudoringstad

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hervormde Kerk Leeudoringstad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share