Laingsburg Lutherse Kerk

Laingsburg Lutherse Kerk Kom aanbid saam met ons! ‘n Kerk van geloof, hoop en liefde in die hart van die Karoo. ⛪️❤️

Die Gebedsbond Vroue nooi elkeen uit na hul Vroue maand Afsluitings Diens op Sondag, 30 Augustus 2026 om 10:00.Ons sien ...
29/08/2026

Die Gebedsbond Vroue nooi elkeen uit na hul Vroue maand Afsluitings Diens op Sondag, 30 Augustus 2026 om 10:00.

Ons sien daarna uit om u in die Huis van die Here te verwelkom!

Ons nooi die breër gemeenskap van Laingsburg uit na ons Sangaand wat plaasvind op 5 September 2026.Daar sal verskeie van...
24/08/2026

Ons nooi die breër gemeenskap van Laingsburg uit na ons Sangaand wat plaasvind op 5 September 2026.

Daar sal verskeie van ons plaaslike bedieninge optree. Kaartjies is verkrygbaar by kerkraadslede en organisasies o/a: Jeug, Worship Team, Young Adults en Vroue. Kaartjie pryse beloop teen R20 vir volwassenes en R10 vir kinders.

Kom wees deel van ‘n aand vol lofprysing en aanbidding, - dis ‘n aand wat u nie sal wil mis nie!

Sien u daar! 🙌🎹

23/08/2026

Vandag se diens was waargeneem deur die Young Adults League. Die boodskap was gebring deur suster Irene Brown.

Kom ons wees nie ‘n Pennina in ons daaglikse lewe, hetsy by die kerk of werk nie. Laat ons soos ‘n Hanna wees wat se horing hoog in die Here was. Elkeen van ons vroue dra ‘n salwing van God. Kom ons verdra mekaar terwille van die liefde van God wat Hy in elkeen van ons geplaas het.

Ons bedank die YAL vir so ‘n geseënde diens.

Die Praise & Worship Team nooi u uit na hul Lofprysing en Aanbiddings diens met die tema: Jesus veroordeel jou nie, Sond...
13/08/2026

Die Praise & Worship Team nooi u uit na hul Lofprysing en Aanbiddings diens met die tema: Jesus veroordeel jou nie, Sondag 16 Augustus 2026 om 10:00.

U is welkom om by ons aan te sluit vir ‘n gees vervulde Erediens saam die groep.

Nooi ‘n vriend/in!

Sien u daar!

Vandag is dit vir ons as ‘n Gemeente ‘n groot voorreg om ons oudste Lidmaat in ons Parogie sowel ons Prayer Women’s Leag...
11/08/2026

Vandag is dit vir ons as ‘n Gemeente ‘n groot voorreg om ons oudste Lidmaat in ons Parogie sowel ons Prayer Women’s League (PWL) geluk te wens op haar 81ste verjaarsdag.

Mag hierdie dag vir u soveel vreugde, geluk en seën bring.

Ons bede is dat die Here u nog baie jare met goeie gesondheid sal spaar.

Geniet u besonderse dag, auntie Mina! ♥️

A woman is not merely a role.She is created by God, gifted by God, loved by God and called by God. - Martin Luther 🏵️
11/08/2026

A woman is not merely a role.
She is created by God, gifted by God, loved by God and called by God. - Martin Luther 🏵️

11/08/2026

Die plaaslike Brass Band aan die b***t.

11/08/2026

Vrouedag Erediens Prosessie - 9 Augustus 2026.

U word hiermee hartelik uitgenooi na ons Vrouedag Erediens, hierdie Sondag, 9 Augustust 2026 om 10:00.Die Program is soo...
07/08/2026

U word hiermee hartelik uitgenooi na ons Vrouedag Erediens, hierdie Sondag, 9 Augustust 2026 om 10:00.

Die Program is soos volg:

Susters van alle Ligas vergader in Göldnerville by SW Supermark om 09:00, waar die prosessie begelei sal word deur die Brass Band tot by die Kerk.

Die Erediens begin om 10:00.

Kom geniet saam hierdie jeuglike dag saam met ons vrouens.

🏵️ ALLE LIGA VROUE WORD AANBEVEEL OM HUL KONSTITUSIONELE DRAG AAN TE TREK 🏵️

Address

30 Wollie Bronkhorst Street
Laingsburg
6900

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laingsburg Lutherse Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share