Kairos Ladybrand

Kairos Ladybrand Jy is kerk.....jy is deel van die familie

Goeie more, dag twee van ons gemeente se vas en bid. Weereens baie dankie dat jy besluit het om saam met ons te vas en b...
20/01/2026

Goeie more, dag twee van ons gemeente se vas en bid. Weereens baie dankie dat jy besluit het om saam met ons te vas en bid. Vandag bid ons die volgende:

1) N Honger na Jesus in mense se lewens. N vars “commitments” om God te dien, n begeerte om te lewe volgens God se Woord. Bid ook vir betrokkenheid.

Matt 5: 6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

2) Besighede - In die dorp, waar jy werk en in die gemeente. Spreek God se seen oor hulle, dat hulle eerlik sal wees en in integriteit sal optree.

Col 3: 17 En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

3) Kinders – Die skole, kinders in die dorp en in die gemeente. Noem kinders by die naam as jy vir hulle bid en spreek lewe oor hulle. Dat die Here hulle die krag sal gee om sterk te staan.

1 Kor 13: 13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Goeie more. Dag een van ons gemeente se vas en bid. Baie dankie dat jy besluit het om saam met ons te vas en bid.Vandag ...
19/01/2026

Goeie more. Dag een van ons gemeente se vas en bid. Baie dankie dat jy besluit het om saam met ons te vas en bid.
Vandag bid ons die volgende:
1) Dankbaarheid.
Reg deur die dag se dankie. In alles wat jy doen vandag sien Sy hand raak.
1Thes 5:18 Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

2) Bid die onse Vader.
Laat toe dat die Heilige Gees met jou praat terwyl jy die gebed vandag bid.

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee ons vandag ons daaglikse brood; en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

3) Bid vir ons boere.
Dat hulle nie moedeloos sal raak nie. Bid teen bek en klouseer. Spreek lewe, dat die Here die harte van die boere sal aanraak.

Jer 17: 7 Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. 8 Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.

Address

56 Church Street
Ladybrand
9745

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kairos Ladybrand posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share