27/07/2026
Matthéüs 3:1-4 Afrikaans OV In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa (2) gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Wat se verskil maak bekering. Hoe lyk dit voor bekering en hoe lyk dit na bekering?
(3) Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit! (4) En hy, Johannes, het ‘n kleed gedra van kameelhare en ‘n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
Hoe vergelyk die grootste profeet van alle tye se lewenstyl met ‘n voorstedelike huis met voertuig water, krag, warm bed en klere? Wat het hy begeer vir homself? Wat het Hy begeer? Wat maak Hom gelukkig en wat maak hom ongelukkig?
Hoe vergelyk sy lewenstyl met ons s’n?
Wat is die denkwyse wat so ‘n lewenstyl veroorsaak?
Watter lewenstyl begeer ons?
As ons as gelowiges ons eie vleeslike begeertes en behoeftes in perspektief stel van die proses van God in die wêreld, dan is dit nie vergelykbaar nie. Hoe moeilik is dit om ons prioriteite te verander na God se prioriteite. Dat ons soos God liefde, vrede, blydskap, vriendelikheid, en so voorts vir ander gee as eerste prioriteit. Dit word soos ‘n fontein van water en dan sal die res ook bygevoeg word. Hoe meer ons ons lewe so weg gee, hoe meer ontvang ons die ware lewe.
As ons fokus skuif van ons klein onbeduidende lewentjies na God se proses, dan gebeur daar iets groots. Om op jouself te fokus, al wat jy kry is jyself en jou stryd. As jou fokus skuif na God se koninkryk dan beërf jy die hele koninkryk. Mede eienaars en bestuurders van God se koninkryk. Hy deel alles met jou en jou onbeduidende lewe kry skielik waarde en pas in.