13/12/2024
Genesis 6:9-22 NKJV
[9] This is the genealogy of Noah. Noah was a just man, perfect in his generations. Noah walked with God. [10] And Noah begot three sons: Shem, Ham, and Japheth. [11] The earth also was corrupt before God, and the earth was filled with violence. [12] So God looked upon the earth, and indeed it was corrupt; for all flesh had corrupted their way on the earth. [13] And God said to Noah, “The end of all flesh has come before Me, for the earth is filled with violence through them; and behold, I will destroy them with the earth. [14] Make yourself an ark of gopherwood; make rooms in the ark, and cover it inside and outside with pitch. [15] And this is how you shall make it: The length of the ark shall be three hundred cubits, its width fifty cubits, and its height thirty cubits. [16] You shall make a window for the ark, and you shall finish it to a cubit from above; and set the door of the ark in its side. You shall make it with lower, second, and third decks. [17] And behold, I Myself am bringing floodwaters on the earth, to destroy from under heaven all flesh in which is the breath of life; everything that is on the earth shall die. [18] But I will establish My covenant with you; and you shall go into the ark—you, your sons, your wife, and your sons’ wives with you. [19] And of every living thing of all flesh you shall bring two of every sort into the ark, to keep them alive with you; they shall be male and female. [20] Of the birds after their kind, of animals after their kind, and of every creeping thing of the earth after its kind, two of every kind will come to you to keep them alive. [21] And you shall take for yourself of all food that is eaten, and you shall gather it to yourself; and it shall be food for you and for them.” [22] Thus Noah did; according to all that God commanded him, so he did.
GÉNESIS 6:9-22 AFR53
[9] Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was 'n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel. [10] En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet. [11] Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld. [12] Toe sien God die aarde aan, en — dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe. [13] En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg. [14] Maak vir jou 'n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met p*k bestryk. [15] Só moet jy dit maak: driehonderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte. [16] 'n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van 'n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met 'n onderste, tweede en derde verdieping maak. [17] Want kyk, Ék bring 'n watervloed oor die aarde, om van onder die hemel te verdelg alle vlees waar 'n lewensgees in is. Alles wat op die aarde is, sal wegsterwe. [18] Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou. [19] En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees. [20] Van die voëls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort, moet na jou kom om in die lewe te bly. [21] En jy, neem vir jou van al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien. [22] En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen.